God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 10: Weerligte en Donderslae

Openbaring 4:5 sê:

5 And from the throne proceeds flashes of lightning and sounds and peals of thunder. And there were seven lamps of fire burning before the throne, which are the seven Spirits of God;

5 En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels het voor die troon gebrand, wat die sewe Geeste van God is;

Wat Johannes gesien het was soortgelyk aan wat die Israeliete baie jare tevore gesien het toe God op die berg Sinaï neergedaal het. Donderslae en blitse was sigbaar toe God met die volk gepraat het en die wet vir hulle gegee het. Eksodus 19:16 & 18 sê:

16 So it came about on the third day, when it was morning, that there were thunder and lightning flashes and a thick cloud upon the mountain and a very loud trumpet sound, so that all the people who were in the camp trembled ... 18 Now Mount Sinai was all in smoke because the Lord descended upon it in fire ... and the whole mountain quaked violently.

16 En op die derde dag toe dit môre word, was daar donderslae en blitse en ‘n swaar wolk op die berg en die geluid van ‘n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het ... 18 En die hele berg Sinaï het gerook, omdat die Here in ‘n vuur daarop neergedaal het ... en die hele berg het vreeslik gebewe.

Die hele asemrowende uitstalling van mag was ontstellend vir die Israeliete en hulle het uit vrees teruggetrek. Eksodus 20:18-21 sê:

18 And all the people perceived the thunder and the lightning and the sound of the trumpet and the mountain smoking; and when the people saw it, they trembled and stood at a distance. 19 Then they said to Moses: ‘Speak to us yourself and we will listen; but let not God speak to us, lest we die.’ 20 And Moses said to the people, ‘Do not be afraid; for God has come in order to test you, and in order that the fear of Him may remain with you, so that you may not sin.’ 21 So the people stood at a distance, while Moses approached the thick cloud where God was.

18 En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ‘n afstand bly staan. 19 En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons. 20 Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie. 21 So het die volk dan op ‘n afstand bly staan. Maar Moses het nader gegaan na die donkerheid waar God was.

Dus het die volk geweier om naby God te gaan en Hom direk te hoor – hulle het verkies dat Moses die een sou wees wat moes hoor en dan tweedehands oorvertel wat God gesê het. Hierdie besluit van die volk is vandag nog in plek, aangesien meeste gelowiges steeds glo dat God gevrees eerder as geliefd moet word. Liefde trek aan; vrees weerstaan.

Vrees is ook die oorsprong van dinominasionalisme, want organisasionele struktuur word gewoonlik baseer op mense se begeerte om God met behulp van leiers tweedehands aan te hoor. Hulle vertrou die leiers om die woord van God akuraat aan hulle oor te dra en is bang om God self te hoor. Ongelukkig het baie kerk denominasies mense aktief ‘n vrees aangeleer om God self te hoor, ingeval hulle iets hoor wat teen die kerk se geloofsbelydenis gaan. Hierdie vrees word versterk daardeur om lede wat iets anders ‘hoor’ te vervolg of verban.


Vrees en Liefde

Moses was nie bang om die stem van God te hoor nie, hoewel hy in Deuternonomium 9:19 erken het hy ‘was bang vir die toorn en die grimmigheid waarmee die Here op [die volk] so toornig was, dat Hy [hulle] wou verdelg’. Hebreërs 12:21 lewer kommerntaar hieroor:

21 And so terrible was the sight, that Moses said. ‘I am full of fear and trembling’.

21 En Moses, so vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik en ek sidder.

Die verskil was dat Moses bang was vir wat met die volk sou gebeur, hy was nie vir God self bang nie. Moses was bereid om teen die berg op in die vuur in te gaan, daarom het hy die volk aangemoedig om nader te kom om ook die stem van God te hoor.

Op dieselfde manier toon Johannes geen vrees vir die weerlig en donderslae wat die troon van God omring nie. Johannes en Moses het albei verstaan dat God liefde is. 1 Johannes 4:16 sê:

16 And we have come to know and have believed the love which God has for us. God is love, and the one who abides in love abides in God, and God abides in him.

16 En ons het die liefde wat God vir ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

Met ander woorde: ‘n Mens wat die liefde van God ken ‘bly in God, en God in hom’. Hierdie eenheid of eenvormigheid met God is alleen moontlik wanneer mens nie vir God bang is nie. Hulle ‘vrees’ is eerbied, ontsag, bewondering en respek eerder as angs of verskriking. Hierdie onverskrokkenheid bied die vrymoedigheid om tot die troon van genade te nader, want 1 Johannes 4:17 sê:

17 By this, love is perfected with us, that we may have confidence in the day of judgment; because as he is, so also are we in this world.

17 Hierin het die liefde in ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.

Die Israeliete se vrees om God aan te hoor het bewys dat hulle bang was vir wat Hy te sê gehad het. Hy het gekom om Sy wet te oorhandig – die wet wys wie Hy is, dit openbaar Sy karakter en Sy geaardheid. Die gebooie was ook Sy belofte van hoe ons geaardheid daaruit sou sien indien ons een met Hom word. Mense se vrees veroorsaak egter weerstand teen die wil van God, wat hulle in vyandskap met Sy geaardheid plaas. Daarom was hul sterflike geaardheid (die ou mens) bang vir die wet - hulle het dit weerstaan asof dit ‘n vyand was. Die wet is inderdaad ‘n vyand van die vleeslike ou mens, omdat hy gedurig van die wet verskil.

In enige argument vrees die geringer party die magtiger een, omdat die geringer een weet dat hy die geveg nie kan wen nie. Die wil van die gerige sal nie die oorhand kry oor die wil van die magtige nie. Dit is die onderliggende motief van ‘n mens se vrees van die goddelike wet. Dié wat die wet vrees is nog sterflik, omdat hulle vrees gemotiveer word deur die ou mens wat saam met Christus gekruisig behoort te word (Romeine 7:22-25).


Donderslae

In Johannes 12:20-22 het sommige Grieke na Filippus gekom en gevra om Jesus te spreek. Jesus het toe met hulle gepraat oor die uur wat aangebreek het vir Hom om verheerlik te word. Johannes 12:28-29 sê:

28 ‘Father, glorify Thy name.’ There came therefore a voice out of heaven: ‘I have both glorified it, and will glorify it again.’ 29 The multitude therefore, who stood by and heard it, were saying that it had thundered; others were saying ‘An angel has spoken to Him’.

28 Vader, verheerlik U naam! Daar het toe ‘n stem uit die hemel gekom: Ek hét dit verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik. 29 En die skare wat daar staan en dit hoor, het gesê dat daar ‘n donderslag gewees het. Ander het gesê: ‘n Engel het met Hom gespreek.

Hier sien ons dat donderslae die stem van God uitbeeld. Op daardie spesifieke geleentheid sou die verheerliking van die Vader se naam met die kruis begin en ‘n hoogtepunt bereik met die verlossing van alle mense, want Jesus verduidelik in vers 32:

32 And I, if I be lifted up from the earth [on the cross], will draw all men to Myself.

32 En Ek, as Ek van die aarde verhoog word [aan die kruis] sal almal na My toe trek.

Dít is die stem van liefde, wat alle mense na Hom toe trek. Wat ‘n kontras tussen hierdie geleentheid en die gebeure wat by die berg Sinaï plaasgevind het! Dít is juis die verskil tussen die twee berge en die twee verbonde. Hebreërs 12:22 sê van gelowiges in Christus ‘... maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem ...’ Dit verwys nie na die berg Sion in Jerusalem nie, maar na Hermon (Deuteronomium 4:48) waar Jesus verheerlik is (van gedaante verander het - Mattheus 17:1-8; Markus 9:2-8; Lukas 9:28-36).

Hebreërs 12:26 gaan voort:

26 And His voice shook the earth then, but now He has promised, saying, ‘Yet once more I will shake not only the earth, but also the heaven’.

26 Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe.

Die goddelike doel om die hemel en aarde te skud is om alles wat nie van Sy Koninkryk is nie te laat val, sodat net dít oorbly wat nie geskud kan word nie, ‘want onse God is ‘n verterende vuur’ (Hebreërs 12:29). Die feit dat God ‘n verterende vuur is, het nie intussen van die eerste berg na die laaste verander nie. Inteendeel, die geaardheid van hierdie God van liefde word beter verstaan deur die Nuwe Verbond.

Die Tien Gebooie laat skrik die ou mens, omdat hy weet dat hy nie in staat is tot perfekte gehoorsaamheid nie en die gevolge vrees. Maar wanneer ons die Tien Beloftes van God lees, waar God Homself verantwoordelik hou daarvoor om ons harte te verander, reageer ons op Sy liefde en word dus verander na Sy beeld om Hom te aanskou (2 Korintiërs 3:18).

Die vuur is nie bedoel om die mens te vernietig nie, maar om die bose werke uit te wis wat nie in lyn met God se geaardheid is nie. Met ander woorde: God bring oordeel om alle mense perfek te maak, soos beskryf volgens die standaard van God se wet. Sodra ons hierdie ‘donderslae’ verstaan, verloor ons alle vrees om nader aan die ‘vuur’ te gaan. Soos Moses en Johannes kan ons ook dan nader daarheen opgaan (Eksodus 20:21; Openbaring 4:1), en God se troon nader sonder vrees, ten spyte van die donderslae en weerlig.


Weerligte

Indien donderslae die stem van God uitbeeld, verteenwoordig weerligte die seuns van God. Weerlig is ‘n straal vuur wat uit die troon van God spruit. Dit is ‘n deel van God se geaardheid uitgebeeld as ‘n straal vuur. Weerlig is natuurlik die oorsprong van donderslae en daarom word die stem van God hoorbaar deur die seuns van God.

Die Hebreeuse woord vir weerlig is barak. Dit word omskryf in Psalm 77:17-18 NASB; 18-19 AV as pyle wat uit ‘n groot boog geskiet word:

17 The clouds poured out water; the skies gave forth a sound; Thy arrows flashed here and there. 18 The sound of Thy thunder was in the whirlwind; the lightnings lit up the world; the earth trembled and shook.

18 Die wolke het water uitgegiet, die hemele het donder laat hoor, ook het U pyle rondgevlieg . 19 U rollende donder het weerklink; bliksems [blitse] het die wêreld verlig; die aarde het gesidder en gebewe.

Pyle word ook vir beeldspraak aangewend in Psalm 127 as ‘kinders’. Psalm 127:3-5 sê:

3 Behold, children are a gift of the Lord; the fruit of the womb is a reward. 4 Like arrows in the hand of a warrior, so are the children of one’s youth. 5 How blessed is the man whose quiver is full of them ...

3 Kyk seuns is ‘n erfdeel van die Here; die vrug van die moederskoot is ‘n beloning. 4 Soos pyle in die hand van ‘n held, so is die seuns van die jeug. 5 Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het!

As pyle soos kinders is, dan verteenwoordig God se pyle (‘weerlig’) die Seuns van God wat met die stem van God (‘donder’) praat.

Die feit dat donderslae en weerlig gesien is waar dit uit die troon van God voorkom, deur beide die Israeliete in Moses se dae en Johannes, onthul iets van die doel van God met die skud van die aarde. Die geaardheid van God, openbaar deur Sy wet, profeteer van Sy Seuns wie se stem die aarde gaan skud deur die krag van God.

Hulle stem is nie bloot ‘n skreeu nie, dit is ‘n uitroep van Seunsskap. Hul voorbeeld is daar vir die res van die aarde om te volg. Sodra hul stem die aarde genoegsaam geskud het aan die einde van die huidige tydperk, sal net dít wat getransformeer het na die perfekte wil van God, staande bly in Sy Koninkryk.

Dít is die doel van die kruis. Was Jesus ‘opgelig’ aan ‘n kruis? Ja, die Bybel getuig daarvan. Sal Hy dan alle mense na Hom aantrek? Ja, want dit is die belofte van Christus deur die Nuwe Verbond wat progressief openbaar word sedert die begin van tyd.