God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 5: Die Oorgang

Die oordrag van outoriteit aan die heiliges van die Allerhoogste volg hoofsaaklik twee Bybelse patroon-temas. Die langste van die twee siklusse is ‘n tydperk van ‘sewe maal’ wat 2 520 jaar is. Dit behels God se ooreenkoms om die Heerskappy Mandaat van die konings van Juda weg te neem en aan die dier-stelsel te gee. Hierdie ooreenkoms het in 2014 tot ‘n einde begin kom.

Die korter siklus betrek die kerk onder sy Pinkster-ooreenkoms. Hierdie siklus het slegs 1 960 jaar geduur - ‘n tydperk van 40 Jubileums (40 x 49). Die Bybelse patroon is deur koning Saul vasgestel wat 40 jaar lank regeer het voordat God die huis van Saul verwyder en die huis van Dawid opgerig het.

Beide hierdie patrone is belangrik om die huidige oorgang van outoriteit te verstaan.


Saul se Pinkster-patroon

Die Laodicia kerk-tydperk het op Pinkster, 30 Mei 1993 tot ‘n einde gekom, veertig Jubileums ná die dag van Pinkster in Handelinge 2:1. Die verskuiwing van Pinkster na Loofhutte het begin. Tot op daardie stadium het die kerk onder Pinkster die outoriteit in die hande gehad om geregtigheid in die wêreld te bring. Die kerk as ‘n geheel was God se regter, maar ongelukkig was dit ‘n korrupte regter wat geld en mag begeer het eerder as geregtigheid. Dus het dit - soos geskiedenis duidelik toon misluk, want die wêreld was na afloop van hul toegekende tydperk steeds in slawerny, kreunend onder onregverdige leiers.

Koning Saul het vir veertig jaar regeer en is toe oorlede, waarna outoriteit na Dawid begin verskuif het. Profeties gesproke het ‘Saul’ op 30 Mei 1993 gesterf. Dit het ‘n 7½ jaar siklus van stapel gestuur volgens die Bybelse patroon, naamlik die oorgang van Saul na Dawid.

Ons weet dat Dawid vir Saul as koning vervang het, maar sy outoriteit het geleidelik toegeneem. 2 Sameul 5:4-5 sê:

4 David was thirty years old when he became king, and he reigned forty years. 5 At Hebron he ruled over Judah seven years and six months, and in Jerusalem he reigned thirty-three years over all Israel and Judah.

4 Dertig jaar was Dawid oud toe hy koning geword het; veertig jaar het jy geregeer. 5 In Hebron het hy oor Juda sewe jaar en ses maande geregeer, en in Jerusalem het hy drie-en-dertig jaar oor die hele Israel en Juda geregeer.

Nadat ons hierdie gevolgtrekking in 1993 gemaak het, het ons besef dat die oorwinnaars (die Dawid-kamp) gedeeltelik outoriteit ontvang het, maar vir 7½ jaar moes wag om volledig geestelike outoriteit vir die komende Loofhutte-tydperk te kry. Dus was volle geestelike outoriteit toegestaan op 30 November 2000 - 7½ jaar vanaf 30 Mei 1993.

Hoe het dit gebeur? Watter tekens het hierdie standpunt ondersteun? Die stories staan geskryf in my boek The Wars of the Lord, maar hulle is té lank om hierby in te sluit. Wat belangrik is om te verstaan is dat die oordrag van outoriteit vanaf Pinkster na Loofhutte (of van die kerk na die oorwinnaars) in 1993 begin het en in 2000 voltooi is.


Die Belangriker Oordrag van Outoriteit

Die oordrag van outoriteit vanaf die kerk na die oorwinnaars in 1993-2000 was net die eerste stap. Dit was ‘n groot keerpunt, maar was beperk tot die outoriteit wat aan die kerk gegee was. Hoewel die kerk die klein horing van die dier-sisteem geword het, het dit nie die hele dier-sisteem verteenwoordig nie.

Om aan die oorwinnaars volle outoriteit te gee om saam met Christus op aarde te heers, was dit nodig om te wag tot God se ooreenkoms met die dier-sisteme in 2014 geëindig het. Toe kon die oorwinnaars eers volkome outoriteit ontvang soos in Daniël 7:22 en 27 aan hulle beloof was - toe ‘oordeel [die bevel, hofuitspraak] gegee is aan die heiliges van die Allerhoogste en die bepaalde tyd gekom het dat die heiliges die koninkryk in besit neem’.

Soos ek in groter detail in my boek oor Daniël verduidelik het, was Babilon se mandaat vir ‘n vasgestelde tydperk van ‘sewe maal’ (7 x 360 jaar). Dit sou ten einde geloop het in 1914 aan die einde van die Filadelfia kerk-tydperk, maar die derde dier (Griekse Ryk) was van hul finale eeu van heerskappy ontneem vanaf 163 - 63 v.C. nadat Antiochus Epiphanes die tempel in Jerusalem ontheilig het.

Dus moes hierdie ontbrekende eeu by die einde van die toegestaande tydperk van die ‘dier’-nasies gevoeg word. Dit beteken dat die tydperk van die dier van Babilon nie tot ‘n einde gekom het voor 2014 nie.

So was daar eintlik twee geleenthede waar oordrag van outoriteit in die laaste paar jaar plaasgevind het. Die eerste geleetheid was in 1993 - 2000 toe outoriteit van die kerk aan oorwinnaars oorgedra is (van Pinkster na Loofhutte). Hierdie oordrag van outoriteit het dit vir oorwinnaars moontlik gemaak om mag van die Babiloniese ‘dier’-sisteem te ontneem en die hele wêreld te bevry.

Die presiese datum van die tweede oordrag van outoriteit het op die agtste dag van Loofhutte - 16 Oktober 2014, plaasgevind. Ons was egter toe herhinder aan die wet van verlossing in Levitikus 25:30 en het besef dat ons vir nog ‘n jaar geduldig moes wees. Hierdie wet verleen aan ‘n vorige eienaar ‘n volle jaar waarin hy sy eiendom mag los - indien dit vir hom moontlik sou wees. Dus moes ons wag tot aan die einde van 2015 voordat ons volle outoriteit kon uitoefen wat aan die oorwinnaars gegee is.

Die tyd van hofsake en oorlogvoering was toe verby wat ons gereed gemaak het vir die gebeure van 2016, waarna die profete verwys as die ‘jaar van die wind’. Die wind van die Heilige Gees het in 2016 oor die aarde begin waai.


Die Val van Babilon

Ons het gesien hoe die wind van God teen die ekonomiese skuld-stelsel wat Babilon ingestel het begin waai. Die gebeure wat lei tot die groot val van Babilon word in groter detail beskryf in Openbaring 16.

God het die ‘konings van die Ooste’ opgewek (Openbaring 16:12) om Babilon omver te werp, soos Hy koning Kores van Persië en koning Darius van Medië opgewek het in die dae van Daniël. Ons het nou nuwe konings uit China en Rusland. God het hulle opgewek as Sy diensknegte (Jesaja 44:28; 45:1) om Sy bevele uit te voer en ons van Geheime Babilon te bevry.

Die meeste van die kerke misverstaan die goddelike doel van hierdie ‘konings’ omdat hulle Openbaring 16:12 op ‘n negatiewe manier interpreteer. Hulle dink dat hierdie ‘konings’ oor Asië gaan masjeer om Israel in te neem, daarom behandel hulle hierdie ‘konings’ as vyande van God, eerder as agente van God in die proses om Babilon omver te werp.

Geskiedenis toon egter dat hierdie ‘moderne’ konings dieselfde rol en doel het as wat Kores en Darius vervul het in die val van die oorspronklike stad Babilon - Kores van Persië en Darius van Medië was die twee oorspronklike ‘konings uit die Ooste’ wat God opgewek het om Babilon omver te werp. Kores was letterlik in Jesaja 45:1 Sy ‘gesalfde’ genoem en Darius het 120 satrape of landvoogde oor soveel provinsies aangestel.

Die getal 120 spreek van die uitstorting van die Heilige Gees. Darius het Daniël ook in beheer van die hele koninkryk aangestel (Daniël 6:2-3), wat ‘n patroon daar gestel het vir die oorwinnaars wat onder Christus sal regeer.

Daarom sien ons dat God die gebede van die oorwinnaars beantwoord het deur China en Rusland op te wek as Sy dienaars om die ou Babiloniese orde tot ‘n val te bring. Dié wat glo dat God werklik ‘n gunstige uitspraak aan die oorwinnaars gelewer het sal ook glo dat God China en Rusland nie roep om ons te vernietig nie, maar om ons te bevry. Om die waarheid te sê is dit die uitwerking van die gebedsveldtog van 1993. Dit is om die wêreld ‘n Jubileum te gee, alle skuld te kanselleer en hulle te bevry gedurende die Loofhutte-tydperk vir die volgende duisend jaar.

Dié wat hulself met Geheime Babilon vereenselwig mag rede hê om bang te wees, want hulle het hulself aan die wêreld se stelsel gekoppel. Die kerk se misinterpretasie van porfesie is geneig om vrees in die gemeente ook te genereer. Die heersers van Babilon is beslis bevrees, want hulle weet hul tyd is beperk en steeds weier meeste van hulle om te bekeer. Dié wat hulself met die Koninkryk van God identifiseer, het rede om te jubel. Nadat Jesus oor die einde van tyd profeteer het, sê Jesus in Lukas 21:28 aan Sy volgelinge:

28 But when these things begin to take place, straighten up and lift up your heads, because your redemption is drawing near.

28 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.

Ek sluit dus af met woorde van Christus wat deur ‘n vriend in 1982 aan my gegee is gedurende ‘n moeilike tyd met die begin van my tweede lewe. ‘Wandel altyd in geloof, nooit in vrees nie.’