God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 14: Die Nuwe Lied

Die Lam (Arnion) van God in die boek Openbaring is die spog-skepping van God. Soos dit sewe dae geneem het om die eerste hemel en aarde te skape, neem dit nóg ‘sewe dae’ (7 000 jaar) om die Nuwe Skepping Mens voort te bring. Daarna moet hierdie Nuwe Skepsel Mens soos enige baba wat gebore word, in statuur (d.w.s. getalle) groei tot die hele skepping deel van Hom word.

Dít is die sleutel tot insig van Openbaring 5 – soos ons binnekort sal sien vind selfs gesoute Bybelkommentators dit moeilik om hierdie hoofstuk te begryp, want dit kom so ‘onuniverseel’ voor. Sonder geloof in die goddelike plan van universele versoening, is dit onmoontlik om die openbaring wat Johannes in hierdie hoofstuk verduidelik te verstaan.

Die ‘Lam’ was waardig bevind om die seëls van die boek te breek en dit oop te maak. Ons lees in Openbaring 5:7:

7 And He came, and He took it out of the right hand of Him who sat on the throne.

7 Hy het gekom en die boek uit die regterhand geneem van Hom wat op die troon sit.

Eerstens sien ons dat Sy eie identiteit aan die Lam bekend was. Hy het geweet wie Hy was en het verstaan waarom Hy waardig was om die boek uit die regterhand van die Vader te neem. Dit was nie die blinde vertroue wat mense toon, wanneer hulle hul eiewaarde aan hul eie vleeslike aksies meet nie. Deur die boek ‘uit die regterhand’ van die Vader te neem dui daarop dat die Lam outoriteit van die Hoogste Soewereine van die heelal aanvaar het.

In Genesis 48:18 was die regterhand gebruik om die eersgeborene te seën en aan hom die heerskappy mandaat te oorhandig. Eksodus 15:6 sê: ‘o Here, u regterhand is verheerlik deur krag’. In Levitikus 8:23-24 was Aäron en sy seuns aan die regteroorlel, die duim van die regterhand en die groottoon van die regtervoet gesalf toe hulle in die outoriteit van priesterskap toegewy was. In Matteus 26:64 lees ons dat Jesus gesê het ‘Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God’.

Die vier-en-twintig ouderlinge getuig ook van die Lam se waardigheid in vers 9, soos ons binnekort sal sien.


Die Priesterskap van die Ouderlinge

Openbaring 5:8 sê:

8 And when he had taken the book, the four living creatures and the twentyfour elders fell down before the Lamb, having each one a harp, and golden bowls full of incense, which are the prayers of the saints.

8 en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier-en-twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en goue komme vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is.

Omdat die ouderlinge siters en ‘skale vol reukwerk’ het, beeld hulle priesters uit wat reukoffers in die tempel van God bring. Johannes was natuurlik baie bekend met tempelverrigtinge want hy was aan sy moeder se kant familie van die hoërpriester. Daar is egter geen letterlike reukwerk in die hemel nie, daarom verduidelik Johannes dat reukwerk die ‘gebede van die heiliges is’.

Elk het ook ‘n siter wat goddelike musiek speel - hulle was dus musikante in die tempelorkes en koor. Dawid het ‘n koor van 288 priesters gehad (1 Kronieke 25:7) en hulle funksie was om besield daarop te speel of ‘profeteer’ volgens die NASB (1 Kronieke 25:1).

In 1 Korintiërs 14 praat die Apostel Paulus van die gawe van tale en profesie deur dit te vergelyk met ‘n fluit en ‘n siter of harp (1 Korintiërs 14:6-7). Net soos die geluid van ‘n fluit of harp bepaald moet wees ten einde onderskei te word, verduidelik Paulus dat tale interpreteer moet word, sodat mense sal verstaan wat God hulle opdrag gee om te doen.

So verteenwoordig die harp profesie en daarom het Dawid deur musiek geprofeteer wanneer hy die harp gespeel het en die psalms is die lirieke wat op sy musiek gesing is.

Dus beeld Openbaring 5:8 die Lam uit wat outoriteit neem om die goddelike plan oop te maak sodat ons dit kan verstaan, terwyl die ouderlinge deur hul siters profeteer om die goddelike plan te openbaar aan dié wat reukwerk aan God geoffer het.


Lied # 1: Die Lied van die Ouderlinge

Openbaring 5:9-10 sê:

9 And they sang a new song, saying, ‘Worthy art Thou to take the book, and to break its seals; for Thou wast slain and didst purchase for God with Thy blood men from every tribe and tongue and people and nations. 10 And Thou hast made them to be a kingdom and priests to our God; and they will reign upon the earth’.

9 Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, 10 en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.

Die Lam was waardig want Hy is geslag om ‘ons ... uit elke stam en taal en volk en nasie’ vry te koop om ‘op aarde te heers’ . Vers 10 sê Hy ‘het ons konings en priesters gemaak’. Jesus is die Hoof wat geslag is om die wêreld met Sy bloed te koop en dit is hierdie daad van liefde wat Hom ‘waardig’ gemaak het om die seëls op die boek te breek.

Omdat hulle vrygekoop is word hulle ‘priesters vir onse God’. Die hoërpriester is Jesus Christus self, maar die verlostes is ook priesters. Daar is sommige verantwoordelikhede wat net die hoërpriester toegelaat was om te doen, maar priesters is mini-verteenwoordigers van die hoërpriester. Soos Christus die bemiddellaar tussen God en mens is (1 Timoteus 2:5), is priesters die bemiddellaars tussen Christus en mense in hierdie verlossingstaak.

Dit kom godslasterlik voor om te sê dat enige man of vrou deel kan neem in die verlossingstaak van Christus. Maar in Openbaring 6:9-11 (soos ons later sal sien) is die martelaars gesien as offerlammers wie se bloed uitgestort is onder die altaar. Al die offerdiere was voorbeelde van of metafore vir Christus; tog het Johannes die martelaars as offerlammers gesien wie se bloed onder die altaar uitgestort is. ‘n Martelaar is letterlik ‘n getuie – in hierdie geval ‘n dubbelgetuienis van Christus se groter opoffering.

Heers op die Aarde

Die lied (Openbaring 5:10) fokus op die priesterlike oorwinnaars wat kwalifiseer om ‘op die aarde [te] heers’. Nie alle gelowiges word geroep om te heers nie. Die eerste opstanding aan die begin van die Millenium is ‘n beperkte opstanding waar net die oorwinnaars opgewek word – die heersers in die Koninkryk. Johannes sê dat verteenwoordigers van elke nasie deel sal vorm van God se regering.

Die oorwinnaars wat ‘heers op die aarde’ moet heers oor ander. Dus is hierdie nie ‘n lied van universele versoening nie. Dit is ‘n lied wat die regeringsvorming van die Koninkryk vier en dit word gesing deur ‘n koor van oorwinnaars. Eers wanneer ons by die derde lied (Openbaring 5:13) kom, vind ons die tema van universele versoening gesing deur die res van die skepping.

Die lied van die ouderlinge in Openbaring 5:9-10 gaan oor die oorwinnaars en die spesiale prys wat hulle ontvang. Hulle is die eerste om onsterflikheid te ontvang, sodat hulle die goddelike regering kan vestig en kan ‘heers op die aarde’ gedurende die Tabernakeltydperk.

Hulle heers nie in die hemel nie maar op aarde. Dit kom ooreen met die ‘klip’-koninkryk van Daniël 2:35 wat, nadat dit die Babiloniese beeld teen die voete tref en dit tot poeier maal, groei tot dit die hele aarde vul. Die Koninkryk van God sal dus al die koninkryke van die aarde insluit soos Dawid in Psalm 67 en Johannes in Openbaring 11:15 profeteer.


Lied # 2: Die Lied van die Engele

In Openbaring 5:11-12 sien Johannes hoe vreugde en lof uitbreek onder die menigte van engele wat skielik uit die agtergrond na vore kom om die waarheid te bevestig wat uitgedruk word met die lied van die ouderlinge.

11 And I looked, and I heard the voice of many angels around the throne and the living creatures and the elders; and the number of them was myriads of myriads, and thousands and thousands, 12 saying [or singing] with a loud voice, ‘Worthy is the Lamb to receive power and riches and wisdom and might and honour and glory and blessing’.

11 Toe sien ek - ek hoor ‘n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en hulle getal was tienduisende van tienduisende en duisende van duisende; 12 en met ‘n groot stem het hulle gesê [of gesing]: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.

Die feit dat hierdie ‘n lied is word nie in soveel woorde gestel nie, maar dit word impliseer. Van die eerste lied sê Openbaring 5:9 ‘Toe sing hulle ‘n nuwe lied en SÊ:’. Hierdie ‘sê’ is nie bloot spraak nie, maar lirieke of uitrukking van die woorde deur sang. Ons moet die tweede en derde liedere in hierdie hoofstuk op dieselfde manier verstaan.

Die engele koppel sewe kenmerke aan die Lam wat by die openbaring van die ouderlinge se lied inskakel. Sewe is die getal van geestelike perfeksie of voltooiing. Hierdie sewe kenmerke is nie net belonings vanuit die troon nie, maar dit is wat nodig is om behoorlik te regeer.

Wie heers benodig krag (of mag) om bevele uit te ryk, rykdom om die regering te befonds, wysheid om mag uit te oefen met liefde en genade, sterkte om die wet toe te pas en opdragte uit te voer wanneer nodig, eer om die burgers se respek deur die krag van vergifnis te wen (Psalm 130:4), heerlikheid om ‘n karakter soos dié van Christus te hê en lof as die saad van Abraham om daardie seën na alle nasies te versprei.