Latest Posts
View the latest posts in an easy-to-read list format, with filtering options.

‘n Studie van Openbaring 2:18 tot die einde van Openbaring 5. Dit is die tweede boek in ‘n reeks van agt. Aanhalings uit NASB en 1933 AV tensy anders vermeld.
Category - Bible Commentaries
Sardis was die antieke hoofstad van die Lidia-koninkryk en die ligging daarvan was ongeveer 50 myl binnelands, byna direk Oos van Smirna. Dit is waar goud- en silwer muntstukke in die agtste eeu v.C. gemaak was.
Sardis was as vesting gebou bo-op ‘n berg wat oor die Pactolusrivier uitgekyk het. Uit hierdie rivier wat in die berg Tmolus daar naby ontspring het, het die mense goudstof gepan. Die Lidiese metallurge het gedurende die heerskappy van Croesus ‘n metode gevind om goud en silwer van mekaar te skei. Croesus was ‘n baie ryk koning wat regeer het in 560 v.C. - 546 v.C.
Die stad het in twee duidelik onderskeibare dele ontwikkel. Die onderste gedeelte van die stad, naby die rivier was bewoon deur arm, laer-klas mense wat in hutte gewoon het wat hulle van die riete uit die rivier gemaak het. Die boonste gedeelte wat aan die koning se vesting bo-op die berg gegrens het, was bewoon deur die hoër-klas, ryk mense - hulle was rondom beskerm deur ‘n muur.
Sardis is ‘n tipe klip (sardius) wat ‘ongewoon’, ‘n ‘oorblyfsel’ beteken. Hierdie tweeledige stad kon dien as ‘n vleeslike tipe skeiding tussen die kerk en die oorwinnaars, uitgebeeld in die Skrif as die verskil tussen kosbare- en minder kosbare edelstene.
Sy reputasie as die eerste stad wat uitgewerk het hoe om goud en silwer te skei stel op dieselfde manier ook die skeiding tussen kerk en oorwinnaars in aparte kategorieë voor.
Hierdie gemeente verteenwoordig die oorblyfsel van genade in die afgodstydperk van die kerk. In die Ou Vebond kerk het God ‘n oorblyfsel van 7000 gespaar, wat nie die knieg voor Baäl gebuig het nie. Dit was egter net die oorlewendes, want baie meer was reeds vermoor.
Hoewel ons nie weet wat die spesifieke getal van oorwinnaars in die tydperk van die Isebel-kerk onder die Nuwe Verbond was nie, weet ons dat hulle bestaan het. Histories gesproke was hierdie oorblyfsel verteenwoordig in die Protestantse Hervorming. Dit beteken egter nie dat alle of meeste van Protestante oorwinnaars was nie. Nietemin, die Protestantse beweging het die kerk van Sardis verteenwoordig, omdat hulle uit ‘n groot verdrukking gekom het en suksesvol afsonderlike kerke gestig het.
Toe hulle hulself geskei het, het baie hulle gevra: ‘Hoe kan julle geloof reg wees, terwyl so baie vername teoloë sê dat julle verkeerd is?’ Die antwoord is eenvoudig: ‘So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.’ (Matteus 7:20). Die vrug van kerke se geloofsbeleidenisse het ‘n magdom moordenaars en martelaars voortgebring wat sonder die liefde van God was, ongeag hul aanspraak daarop.
Daar was ook Protestante wat, hoewel hulle miskien nuwe, beter geloofsbeleidenisse saamgestel het, nie geslaag het om die liefde van Christus te manifesteer nie. Daar was ‘n lang pad terug na kennis van die waarheid en die gedagte aan Christus. Tog was daar baie beweging deur die Heilige Gees langs die pad - parallel met Israel se reis uit Egipte na die Beloofde Land - elk met ‘n bydrae tot beter of nuwe insig met betrekking tot die woord van God.
Die eerste van hierdie waarhede het van Martin Luther gekom: ‘uit genade is julle gered, deur geloof [in die bloed van Jesus]’ - wat die groot Pasga-waarheid is. Later het die waarheid van die Heiligheid-beweging (die Rooi See); volgende die openbaring dat God nog steeds mense genees (Marah); toe die sendeling-beweging (Elim); Pinkster (Sinaï) en onlangs die openbaring van Loofhutte en die vyf-voudige bediening in die Laatreën-beweging (Kadesh-barea) gevolg.
Vandag wag ons op die laaste beweging van die Heilige Gees wat ons in die Beloofde Land sal inlei en alle teenstand sal oorwin deur die openbaring van die wet (toegedien deur die gesindheid van Christus, voorgestel deur Josua).
Dit punt is dit: Die oorwinnaars het deur die geskiedenis deur tussen die klippe van geweldadige en haatlike mense oorgebly as kosbare juwele.
Christus se boodskap aan die gemeente in Sardis begin in Openbaring 3:1:
1 And to the angel of the church in Sardis write: He who has the seven Spirits of God, and the seven stars, says this: ‘I know your deeds, that you have a name that you are alive, but you are dead’.
1 En skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: Dít sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het - Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef, en jy is dood.
Dit verwys terug na Openbaring 1:16, waar Johannes die verheerlikte Christus gesien het en ‘in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou’. In Openbaring 1:20 lees ons, ‘die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes en die sewe kandelaars wat jy gesien het is die sewe gemeentes’. Hierdie sewe engele kan kwalik onderskei word van die sewe Geeste van God, wat veronderstel is om deur die leiers van elke gemeente te spreek.
Die posisie wat die kerkleiers bekleë is soortgelyk aan die shaliach tzibbur in die Joodse Sinagoges. Hulle was die ‘boodskappers van die gemeente’ uitverkies om die publieke gebede te lees, terwyl die mense AMEN sê. Hy staan ook bekend as die chazzan of voorsanger en hierdie titel is later deur die kerk gebruik. Die chazzan was veronderstel om ‘n regverdige man te wees met ‘n goeie reputasie.
Aangesien ‘n boodskapper ‘n ‘engel’ is, ongeag geestelik of fisies, smelt die Skrif die twee saam in die chazzan wat veronderstel was om die teenwoordigheid van sy toegekende engel te manifesteer. Die kritiek in Christus se boodskappe aan die sewe gemeentes bewys dat hul leiers nie die karakter van hul persoonlike engele te volle aangeneem het nie, daarom het die woord in die engele nog nie heeltemal vlees in hulle geword nie.
In die boodskap self sê vers 1 dat Christus die werke van die gemeente in Sardis ken - beide goed en sleg. Volgende sê Hy ‘dat jy die naam het dat jy leef, maar jy is dood’. Wat beteken dit? Baie fokus op die betekenis van die Griekse woord onoma wat ‘naam’ beteken. Ons moet egter onthou dat Johannes Hebreeuse konsepte in die Griekse taal oorgedra het. Dus moet ons ‘naam’ interpreteer volgens die Hebreeuse ekwivalent shem wat meer as ‘n naam is, dit beteken ook ‘reputasie’, ‘roem’ of ‘glorie’.
Ons sien dat die woord shem in 1 Kronieke 12:30 as ‘naam’ vertaal word en weer in 1 Kronieke 22:5 as ‘roem en sieraad’. Iemand wat vir homself ‘naam’ gemaak het of ‘roem’ verwerf het is ‘n mens met ‘n reputasie. Dit is in hierdie sin wat die woord in Openbaring 3:1 gebruik word. Die kerk, of dalk meer spesifiek die shaliach tzibbur of chazzan van daardie gemeente het ‘n goeie reputasie gehad, maar tog was hy ‘dood’.
The Concordant Version vertaal dit meer letterlik as ‘jy het die naam dat jy leef, maar jy is dood’. Met ander woordie hierdie gemeente of die leier daarvan, het ‘n goeie reputasie gehad wat dit uitgeleef het of ‘n pad gestap in werklike lewenservaring, maar dit was geestelik dood - die gemeente was ‘n ‘zombie’ - dooie mense wat rondloop asof hulle leef.
Sover is dit nie die beste getuienis van ‘n gemeente wat veronderstel is om die oorblyfsel van genade te verteenwoordig nie. Openbaring 3:2 gaan voort:
2 Wake up, and strengthen the things that remain, which were about to die; for I have not found your deeds completed in the sight of God.
2 Word wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe, want Ek het jou werke nie volkome voor God gevind nie.
Slaap is ‘n algemene metafoor vir dood in die Skrif, daarom is die oplossing om ‘wakker’ te wees. Die leier se roeping was om as wagter op die muur te dien. Wagters is veronderstel om op hulle hoede te wees, maar as hulle aan diens slaap, kan die stad val. Die leier van Sardis was in hierdie geval die wagter wat vermaan was om ‘wakker’ te word en dié ‘wat op die punt staan om te sterwe’ te versterk.
Met ander woorde, mense was in gevaar om te sterf deur die voorbeeld van hul ‘slapende’ wagter te volg. Daar was nog baie werk om te doen, want sy ‘werke [was] nie volkome voor God gevind nie’. Dit is ‘n profetiese stelling met betrekking tot die Sardis kerk-tydperk van 1517 - 1776. Hoewel hulle goed gedoen het om weg te breek van die aanbidding van mense, was daar nog meer wat gedoen moes word om ‘n goeie reputasie voor God te geniet. Hulle werk was dus nog net gedeeltelik afgehandel.
Dus het dit profeteer dat die Protestante vêr van perfek was.
Openbaring 3:3 sê verder:
3 Remember therefore what you have received and heard; and keep it, and repent. If therefore you will not wake up, I will come like a thief, and you will not know at what hour I will come upon you.
3 Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; as jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie.
Wat het die Sardis gemeente ontvang en gehoor wat hulle veronderstel was om te bewaar? Daar word geen inligting verskaf oor die kerk self in die stad Sardis, wat moontlik ‘n leidraad kan gee aangaande wat presies hulle moes bewaar, bewaak of oppas (Grieks: tareo) nie. Ons beste leidrade lê in die wete dat hulle die oorblyfsel van genade, in beide die Ou Verbond-kerk en die Nuwe Verbond-kerk verteenwoordig.
Elia het nie veel van die oorblyfsel van genade geweet, behalwe dat hulle vermoor was nie. Paulus vertel ons meer in Romeine 11:2-7. Die les wat hy uit die storie van Elia en die 7 000 neem, staan in Romeine 11:5-6 geskryf.
5 In the same way then, there has also come te be at the present time a remnant according to God’s gracious choice. 6 But if it is by grace, it is no longer on the basis of works, otherwise grace is no longer grace.
5 Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd ‘n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade. 6 En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie.
Die ooglopende antwoord is dat die oorblyfsel insig gegee is aangaande genade self. So vind ons dus in die Sardis kerk-tydperk dat die fondasie van die Protestantse teologie berus op hul begrip van genade teenoor werke. Dít was wat hulle veronderstel was om te ‘bewaar’, indien moontlik. Omdat Christus vermaan om te ‘bekeer’, is dit duidelik dat hulle óf hierdie insig sou verloor óf dat hul begrip van genade nie volkome was nie.
Daarom vind ons in die geskiedenis dat sommige Protestante die Rooms Katolieke net soveel mishandel het af wat hulleself mishandel was. Johannes Kalvyn het Michael Servetus op 27 Oktober 1553 op die brandstapel in Geneva verbrand.
Daar was baie Katolieke martelare op ander plekke ook, soos in Engeland - nadat Koning Henry VIII van die Romeinse Kerk weggebreek het en die Kerk van Engeland gestig het. Die Romeinse kerk hoop dat hul eie medepligtigheid in die moord van veelvoudige miljoene andersdenkendes oorgesien en vergeet sal word as hulle die fokus op hul eie 300 martelare plaas.
Hoewel die Protestante genade tot ‘n mate bevorder het, het hulle steeds nie die volle betekenis daarvan onder die Nuwe Verbond begryp nie. Hul begrip van genade was onvolledig, meestal omdat hulle nie die grondbeginsel van die Nuwe Verbond verstaan het nie - dat dit op God se belofte aan die mens, eerder as die mens se ‘belofte’ aan God berus.
Dit is waarom selfs die oorblyfsel geroep is ‘ooreenkomstig die verkiesing van die genade’, soos Paulus in Romeine 11:5 sê. In kontras is daar ‘n oorblyfsel van werke, met ander woorde: volgens die mens se Ou Verbond ‘belofte’, volgens die mens se keuse en wil. Israel se ‘belofte’ in Eksodus 19:8 is ‘n puik voorbeeld van ‘n oorblyfsel van werke. Paulus waarsku ons egter:- as dit volgens werke is, is dit nie meer deur genade nie. Aangesien genade aan God se keuse gekoppel word, eerder as aan die mens se werke, is dit duidelik dat dit ‘n saak van ‘wil’ insluit. God het volgens Sy eie wil gekies en daarom beloof om iets te doen (werke). Net so, wanneer die mens volgens sy eie wil kies, is dit ook ‘n saak van ‘werke’, omdat hulle streef om hul ‘belofte’ aan God te vervul.
Die Protestante het baie van die ‘werke’ wat die Rooms Katolieke kerk vereis het om gered te word verwerp, maar hulle het misluk om die grondoorsaak van daardie ‘werke’ aan te spreek - naamlik die mens se wil. Hulle het dus die boom van ‘werke’ afgekap, maar nie daarin geslaag om dit te ontwortel nie. Hulle dink dat ‘n mens se keuse om Christus te volg, reddende genade aan ons besorg, maar dít is ‘n terugkeer na die Ou Verbond wat niemand kan red nie - tensy die persoon ten volle daartoe in staat is om sy belofte om Christus te volg, na te kom ... sien my boek The Two Covenants.
Psalm 80:3;7 beroep God om ons te verander - shuv, sodat ons gered mag word. Dit is dieselfde met ons liefde vir Christus, want 1 Johannes 4:19 sê ‘ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het’. Paulus volg die geslagsregister van redding eenvoudig in Romeine 10:13-15:
13 for ‘whoever will call upon the name of the Lord will be saved’. 14 How then shall they call upon Him in whom they have not believed? And how shall they believe in Him whom they have not heard? And how shall they hear without a preacher? 15 And how shall they preach unless they are sent?
13 Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. 14 Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? 15 En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie?...
Tot God die eerste stap neem om dít te laat gebeur, is dit sinneloos om te sê dat mense oral in Christus moet glo. Wanneer mense ‘die Naam van die Here aanroep’ is dit die laaste stap in ‘n reeks van gebeure wat teruggevolg kan word na God se genade om ‘n ‘prediker’ te stuur. Met ander woorde, God neem die inisiatief om die eedswering van Sy Nuwe Verbond te vervul :- om ons as Sy volk te bevestig en vir ons ‘n God te wees soos Hy beloof het (Deuteronomium 29:12-13).
Genade is dus die werk van God namens ons, daarom kan geen gelowige enige krediet neem vir sy eie redding nie, omdat so ‘n persoon bloot gereageer het op die genadewerk van God. Dit is hoe ons kinders van God word, nie deur die wil van die mens nie, maar alleen deur God se genade (Johannes 1:13). Dit is uit Sy geweldige liefde dat Hy op ons wag; dus reageer ons as gevolg van die liefde wat Hy in ons harte neergelê het.
Die Sardis kerk-tydperk het protestante voortgebring, maar hulle het onvolledige insig van genade gehad, daarom was hulle gedeeltelik werksgerig. Met ander woorde hulle leerstelling was ‘n mengsel van genade en werke. Aangesien ons hulle moet oordeel volgens hulle vrugte, sien ons baie dinge wat goed is, maar ook baie dinge wat gebrekkig is.
Christus waarsku die Sardis gemeente dat as hulle nie wakker word en die werk wat hulle opgelê is afhandel nie, Hy op hulle sou ‘afkom soos ‘n dief’ (Openbaring 3:3). Met ander woorde: ‘jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie’.
In daardie dae het diewe in bendes opgedaag. Die ‘dief’-metafoor se oogmerk was nie om gedagtes aan ‘n enkele inbreker te versin, wat stilletjies in die nag in jou huis inkruip om jou juwele te steel nie. Hierdie Oosterse metafoor beeld ‘n bende diewe uit wat vroegoggend, terwyl mens nog slaap die dorp binnery, alles in chaos dompel en enigiemand wat weerstand teen hul plundery bied doodmaak.
Paulus het hierdie metafoor gebruik in 1 Tessalonicense 5:2-6:
2 For you yourselves know full well that the day of the Lord will come just like a thief in the night. 3 While they are saying, ‘Peace and safety!’ then destruction will come upon them suddenly like birth pangs upon a woman with child; and they shall not escape. 4 But you, brethren, are not in darkness, that the day should overtake you like a thief ... 6 so then let us not sleep as others do, but let us be alert and sober.
2 want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag. 3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid - dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie. 4 Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie ... 6 Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.
‘n Dief kom terwyl mens slaap. Dít is die waarskuwing aan Sardis, wat ‘dood’ was en nodig gehad het om ‘wakker’ te word. Indien hulle nie bekeer en wakker word nie, sou hulle vind dat hulle geplunder, geskud en moontlik doodgemaak sou word op ‘die dag van die Here’. Baie Christene verwag natuurlik om weggeraap te word, omdat hulle nie die profesieë met betrekking tot die Loofhuttefees verstaan nie. Hulle besef nie dat hulle in gevaar verkeer nie, omdat die wagters slaap en daar is te min wat wakker is.
Die boodskap is dus om wakker en nugter te wees, sodat ons nie onverhoeds betrap word wanneer die dag van die Here aanbreek nie. Dit impliseer dat dié wat wakker is, nie verbaas sal wees nie. Met ander woorde: Hulle sal genoeg insig hê om die dag te sien kom ten spyte van Jesus se woorde aan Sy dissipels in Handelinge 1:7,
7 He said to them, ‘It is not for you to know times or epochs which the Father has fixed by His own authority’.
7 En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie.
Dit kom voor of ons algemene kennis sal ontvang aangaande die tye waarin ons leef as ons waaksaam is. Die boodskap aan Sardis impliseer dat dié wat wakker en nugter is en nie aan die wyn van Babilon gedrink het nie, genoegsame kennis van die tydsberekening van die dag van die Here sal ontvang, sodat hulle nie onverhoeds betrap sal word nie.
God prys die gemeente in Sardis deur in Openbaring 3:4-5 te sê:
4 But you have a few people in Sardis who have not soiled their garments; and they will walk with Me in white; for they are worthy. 5 He who overcomes shall thus be clothed in white garments; and I will not erase his name from the book of life; and I will confess his name before My Farther, and before His angels.
4 Maar jy het enkele persone ook in Sardis wat hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal saam met My in wit klere wandel, omdat hulle dit werd is. 5 Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.
God het die eerste keer in Genesis 3:21 aan Adam en Eva klere gegee. Dit was natuurlik plaasvervanger klere van vel, wat ons fisiese vlees verteenwoordig. Later het God aan die priesters opdrag gegee om kledingstukke van wit linne te dra, wanneer hulle aan God bedien het in die tabernakel en tempel (Levitikus 16:32). Selfs die eenvoudige mense is opdrag gegee om hul klere te was voordat hulle tot God genader het by die berg Horeb (Eksodus 19:10).
Skoon klere is simbolies van ‘n skoon hart en om sigbaar bekleë te wees met regverdige handeling in die daaglikse lewe. Hulle was in werklikheid almal veronderstel om bloupers (indigo) koord of klossies aan hul klere vas te bind om hulle aan God se gebooie te herhinder (Numerie 15:38-40). Geen kledingstuk was volledig sonder dit nie en dit was ‘n simbool van hul gehoorsaamheid aan God en aan Sy wet.
Jesaja 61:10 profeteer:
10 I will rejoice greatly in the Lord, My soul will exult in my God; for He has clothed me with garments of salvation, He has wrapped me with a robe of righteousness, as a bridegroom decks himself with a garland and as a bride adorns herself with jewels.
10 Ek is baie bly in die Here, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, in die mantel van geregtigheid my gewikkel - soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele.
Hierdie kledingstukke sluit noodwendig ‘n indigo koord in om wettige (gehoorsame) optrede aan te dui, wanneer mense deur die Gees gelei word. Miskien belangriker, is die feit dat dit God self is wat Sy volk met hierdie kledingstukke bedek. In die Ou Testament voorbeeld het mense fisiese keldingstukke aangetrek, maar onder die Nuwe Verbond is dit God wat dit uit Sy genade doen.
Verder is dit kledingstukke van yesha ‘heil’. Die woord yesha is bloot ‘n ander vorm van Yeshua, wat later as Jesus vertaal is. Daarom sê Paulus in Galasiërs 3:27:
27 For all of you who were baptized into Christ have clothed yourselves with Christ.
27 Want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.
Hierdie klere verteenwoordig nie Nuwe Skepping Mens, wat beteken dat ons nuwe skepsels geword het, nuwe wesens met nuwe identiteite en nie meer ou Adamiese mense nie. Paulus sê in Efesiërs 4:24,
24 and put on the new self [anthropos, ‘man’], which in the likeness of God has been created in righteousness and holiness of the truth.
24 en julle met die nuwe mens [anthropos] moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
Dit word in Kolossense 3:10-11 herhaal:
10 and have put on the new self [anthropos, ‘man’] who is being renewed to a true knowledge according to the image of the One who created him - 11 a renewal in which there is no distinction between Greek and Jew, circumcised and uncircumcised, barbarian, Scythian, slave and freeman, but Christ is all, and in all.
10 en julle met die nuwe mens [anthropos] julle beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper, 11 waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Scith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.
Die nuwe klere is dus beskikbaar op gelyke basis aan alle mense ongeag hul ras of sosiale klas. Almal het gelyke geleentheid om die klere van Christus (heil) aan te trek - of eerder vir God om hulle met Jesus te beklee.
Niemand word daarmee beklee, totdat hulle deur die saad van die evangelie verwek word nie, want slegs ‘n nuwe mens kan hierdie klere ontvang. Dat almal uiteindelik klere sal ontvang weerspreek nie hierdie feit nie, want God het nog nie alle mense na Homself getrek nie (Johannes 12:32). Ons sien ook nog nie dat alles aan Christus onderwerp is nie (Hebreërs 2:8). Die Goddelike plan word in stappe uitgevoer, want nie alle mense leef in ‘n enkele tydperk of generasie nie en nie almal wat in ‘n spesifieke generasie leef word bekeer om die waarheid van die evangelie te glo nie.
Verder, soos ons in die boodskap aan Sardis sien, is selfs gelowiges in Christus nie noodwendig hierdie klere waardig nie. Dit beteken nie dat hulle hul verlossing sal verloor nie, maar hulle sal nie ‘verander’ word gedurende die eerste opstanding nie (Openbaring 20:4-6). Dié wat nie kwalifiseer vir die eerste opstanding nie, sal met die tweede opstanding onsterflikheid ontvang, wanneer al die dooies na die troon ontbied word (Openbaring 20:12). Laasgenoemde opstanding sal beide gelowiges en ongelowiges insluit (Johannes 5:28; Handelinge 24:15), en gelowiges sal op daardie stadium gered word ‘maar soos deur vuur heen’ (1 Korintiërs 3:15).
Die boodskap aan die Sardis gemeente maak dit duidelik dat net ‘n paar mense in hulle midde met skoon klere aan geloop het. Met ander woorde, volgens die bebooie van God eerder as volgens die wettiese oorleweringe van mense. Hierdie minderheid sal ‘saam met My in wit klere wandel, omdat hulle dit waardig is’ (Openbaring 3:4). Dit impliseer duidelik dat ander in die gemeente nie in wit beklee sal word nie, omdat hulle dit nie waardig is nie. Slegs ‘wie oorwin sal beklee word met wit klere’ (Openbaring 3:5).
Nie alle gelowiges is oorwinnaars nie.
Van oorwinnaars sê Openbaring 3:5 dat Hy ‘sy naam nooit [sal] uitwis uit die boek van die lewe nie’. Hierdie negatiewe stelling impliseer dat Hy voorneem om die name van nie-oorwinnaars uit die boek van die lewe te verwyder en ‘n naam kan nie verwyder word tensy dit vooraf reeds ingeskryf was nie. Dit beteken dat sommige gelowiges, dié wat werklik wedergebore is deur die saad van die woord - wat waarlik Christus in hulle, as hul hoop van die heerlikheid het, hul plek in die boek van die lewe kan verloor.
Hier het ons op die eeue-oue dispuut tussen Kalvyn en Arminius afgekom. Kalvyn leer ‘eens gered, altyd gered’, terwyl Arminius sê dat mens jou redding kan verbeur as jy Christus verwerp - albei was half-reg. Wat hulle nie verstaan het nie, was dat die afgehandelde werk van Christus aan die kruis die feit dat alle mense uiteindelik gered sou word verseël het. Net die tydstip van hul reddig moes nog vanuit menslike perspektief bepaal word.
Dus is ‘eens gered, altyd gered’ beslis waar wanneer dit aan die kruis gekoppel word. Self wanneer hulle ‘verlore’ is, sal Jesus hulle uiteindelik vind (Lukas 15:4-7). Net so ook kan gelowiges hul redding (tydelik) verloor as hulle Christus verwerp. Hulle sal vind dat hul name uit die boek van die lewe verwyder is, maar nie vir ewig nie. Die boek van die lewe teken die name aan van dié wat op die oomblik kwalifiseer om die klere - onsterflike liggaam - te ontvang, wat Christus vir hulle beveilig het deur Sy kruisiging en opstanding.
Indien name uit hierdie boek verwyder kan word is dit duidelik dat dit, as ‘t ware heeltyd opdateer word. Dit is nie ‘n boek wat die uiteindelike doel, naamlik die redding van alle mense aanteken nie, want dan sou dit nooit opdatering benodig het nie en geen naam sou daaruit verwyder word nie. Dus was Arminius gedeeltelik korrek deur te sê dat ‘n mens sy redding kon verloor. Sy fout was daarin dat hy nie die mag van die kruis om die ganse mensdom te red, besef het nie.
Dit was inderdaad ook Kalvyn se grootste fout - die restorasie van alle dinge was die verlore bestandeel in die leerstellings van albei. Indien hulle dit verstaan het, sou dit ‘n groot bydrae gelewer het om hulle leerstellings te versoen. Daar sou dan ook vrede tussen die twee hervormers kon wees.
Openbaring 3:5 sê van oorwinnaars: ‘Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele’. Hierdie belydenis vind in die goddelike hofopset plaas. Natuurlik sal geen naam bely word, tensy dit in die boek van die lewe aangeteken is nie.
Die woord ‘bely’ is ‘n vorm van die saamgestelde Griekse woord homologeo, wat ‘om dieselfde te sê as iemand anders’; ‘om saam te stem’ of ‘instemming’ beteken. Die idee dat iemand se naam in die goddelike hof ‘bely’ word, bevestig dus dat twee partye saamstem. Dit is ook die hoofkaraktereienskap van oorwinnaars. Dié gelowiges wat Pasga ondervind het, het geloof in die bloed van die Lam. Dié wat waarlik Pinkster ondervind het, is die gehoorsames wat deur die Gees gelei word. Dié wat Loofhutte ondervind betuig volle instemming met Christus.
In Matteus 10:32-33 sê Jesus:
32 Everyone therefore who shall confess Me before men, I will also confess him before My Father who is in heaven. 33 But whoever shall deny Me before men, I will also deny him before My Father who is in heaven.
32 Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is. 33 Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek verloën voor My Vader wat in die hemele is.
Met ander woorde, almal wat in hierdie huidige tydperk instem met Christus en nie bang is om dit openlik bekend te maak nie, sal Jesus se belydenis in die goddelike hof wanneer Hy sê ‘Ek stem saam met hom/haar’ aanhoor. Hierdie is my seun/dogter - een wedergebore uit My, ‘n ‘nuwe skepsel’. Wanneer gaan Jesus se openlike belydenis plaasvind? Natuurlik steun Hy in ‘n sekere sin Sy mense in elke tydperk en epog, ongeag tyd. Die konteks van Openbaring 3:5 toon egter ‘n spesifieke goddelike hofopset wat ten volle manifesteer voor die Groot Wit Troon in Openbaring 20:12 waar die boek van die lewe geopen word.
Dus word die Sardis gemeente - die oorblyfsel van genade - gewaarsku om nie te veronderstel dat almal van hulle se name in die boek van die lewe geskryf is nie. Die oorwinnaars tussen hulle stem saam met Christus, maar die res moet ‘wakker’ word en ‘bekeer’ dat Jesus nie as ‘t ware ‘soos ‘n dief’ kom om hulle name uit die boek van die lewe te ‘steel’ nie. Dit is baie beter om te bid dat Jesus alles wat ons verhinder om Sy genade te verstaan verwyder, sodat ons tot volle instemming met Sy wil en plan vir die skepping kan kom.
Openbaring 3:6 sluit af:
6 He who has an ear, let him hear what the Spirit says to the churches.
6 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees vir die gemeentes sê.