Latest Posts
View the latest posts in an easy-to-read list format, with filtering options.

‘n Studie van Openbaring 2:18 tot die einde van Openbaring 5. Dit is die tweede boek in ‘n reeks van agt. Aanhalings uit NASB en 1933 AV tensy anders vermeld.
Category - Bible Commentaries
Die vier-en-twintig ouderlinge wat Johannes in Openbaring 4:4 rondom die troon van God gesien het, vorm deel van die Raad van God. Hierdie Raad (sode) word baie keer in die Ou Testament genoem - Job 15:8 sê:
8 Do you hear the secret council [sode] of God, and limit wisdom to yourself?
8 Het jy in die raad [sode] van God afgeluister en die wysheid na jou toe getrek?
Jeremia 23:18 en 22 berispe die profete van sy dae omdat hulle dinge wat in hul eie harte was nagevolg het eerder as om voor die raad van die Here te gaan:
18 But who has stood in the council [sode] of the Lord, that he should see and hear His word? Who has given heed to His word and listened? ... 22 But if they had stood in My council, then they would have announced My words to My people, and would have turned them back from their evil way and from the evil of their deeds.
18 Want wie het in die raad [sode] van die Here gestaan, dat hy Sy woord sou sien en hoor? Wie het Sy woord beluister en gehoor? ... 22 Maar as hulle in My raad gestaan het, moet hulle my volk my woorde laat hoor en hulle terugbring van hul verkeerde weg en van die boosheid van hul handelinge.
Ons vind in Esegiël 13:9: ‘profete wat bedrieglike gesigte sien en leuens waarsê’ mag in ‘die vergadering [raad] van My volk nie wees nie’. Dit veronderstel dat die lede van hierdie Raad ‘My volk’ is eerder as engele, hoewel dit beslis moontlik is dat engele ook aan die raad mag deelneem. Verder stel Jeremia dit duidelik dat profete lede van die Raad behoort te wees en indien wel, sou hulle hoor en aan die hofverrigtinge deelneem. As getuies van die besluite in die goddelike hof, sou hulle weet wat om aan die volk op aarde te profeteer om sodoende hul harte van bose weë te bekeer.
In Psalm 89:6 (vers 7 in NASB) word dit die ‘vergadering van die heiliges’ genoem.
7 A God greatly feared [reverenced] in the council [sode] of the holy ones, and awesome above all those who are around Him.
6 En die hemele loof [eerbiedig] U wondermag, o Here, ook U trou in die vergadering [sode ‘raad’] van die heiliges.
Hierdie eerbied word uitgebeeld in Openbaring 4:10-11 en weer in Openbaring 5:8, waar hulle die Een op die troon aanbid. Hoewel hulle gekroon is, ‘werp hulle [hul] krone voor die troon’ om aan te dui dat hul outoriteit uit die Soewereine Een ontstaan. Die primêre doel van aanbidding is om die denkwyse van Christus aan te neem. God hoef nie deur positiewe versterking herhinder te word wie Hy is nie. Dit is eerder tot ons voordeel, sodat ons een met Hom kan word.
Daar was ‘n aardse vergadering in Jerusalem volgens die patroon van die hemelse Raad wat veronderstel was om besluite te weerkaats. In Jesus se dae was dit die Groot Sanhedrin genoem wat uit ‘n president (Nasi) en 69 ouderlinge bestaan het, asook ‘n Av Beit Din wat as vise-president gedien het en ook as president moes instaan indien die Nasi afwesig sou wees. Elke stad of gemeenskap het ook ‘n Raad gehad wat uit ‘n minimum van tien mense, maar gewoonlik tussen 23 en 71, bestaan het – afhangend van die grootte van die gemeenskap.
Hierdie tradisie is veronderstel om op die rigters wat deur Moses ingestel was in Eksodus 18:25-26 baseer te wees - hulle was sewentig in getal. Hulle het Moses vergesel toe hy die vyfde keer teen die berg opgegaan het, waar dit voorkom of hulle ‘in die Gees’ was toe hulle God ontmoet het. Eksodus 24:9-11 sê:
9 Then Moses went up with Aaron, Nadab and Abihu, and seventy of the elders of Israel, 10 and they saw the God of Israel; and under His feet there appeared te be a pavement of sapphire, as clear as the sky intself. 11 Yet he did not stretch out His hand against the nobles of the sons of Israel; and they beheld God, and they ate and drank.
9 Daarop het Moses opgeklim met Aäron, Nadab en Abihu en sewentig van die oudstes van Israel. 10 En hulle het die God van Israel gesien, en onder sy voete net soos ‘n vloerwerk van saffierstene en so helder soos die hemel self. 11 Maar Hy het sy hand nie na die uitgesoektes van die kinders van Israel uitgestrek nie, en hulle het God aanskou; daarop het hulle geëet en gedrink.
Hoewel almal van hulle teen die berg opgegaan het, het net Moses die troon genader. Die res het op ‘n afstand aanbid Eksodus 24:1-2 sê:
1 Then He said to Moses, ‘Come up to the Lord, you and Aaron, Nadab and Abihu, and seventy of the elders of Israel, and you shall worship at a distance. 2 Moses alone, however, shall come near to the Lord, but they shall not come near, nor shall the people come up with him’.
1 Daarna het Hy vir Moses gesê: Klim na die Here toe op, jy en Aäron, Nadab en Abihu en sewentig van die oudstes van Israel, en buig julle neer van vêr af. 2 En laat Moses alleen nader kom na die Here toe, maar hulle moet nie nader kom nie; en die volk mag nie saam met hom opklim nie.
Die troon van God was natuurlik nie fisies op die Berg Horeb nie. Hulle het wel teen die berg opgegaan, maar dit kom voor of hulle op ‘n stadium na die geestelike realm oorgegaan het waar hulle die troon van God aanskou het. Op daardie stadium moes almal stop, maar Moses was toegelaat om verder te gaan. Die sewentig oudstes in hierdie geval vergelyk met die 24 ouderlinge in Openbaring 4:4, al verskil die getalle.
Die grootste probleem met die vergadering in Jesus se dae was dat meeste van die oudstes, hoewel hulle geleerdes was, nie ‘n behoorlike openbaring van die wet gehad nie. Hulle het nie in die Raad van die Here gestaan om die uitsprake wat vanaf die troon van God gelewer was aan te hoor nie. Dus was hul geleerdheid baseer op mense se insig van die wet, wat Jesaja en Jesus ‘gebooie van mense’ noem (Matteus 15:9). Die wet moet deur openbaring geleer word, want ons mag nie op ons eie insig steun nie (Spreuke 3:5). Mens se geleerde insig vorm die basis van tradisie.
Eksodus 24:10 sê ‘onder sy voete net soos ‘n vloerwerk van saffierstene en so helder soos die hemel self’. Helderheid bepaal natuurlik die waarde van sulke edelgesteentes. Joodse tradisie vertel dat die twee kliptafels van die gebooie uit saffiersteen gesny was. Aangesien geen saffiere van hierdie grootte ooit op enige plek of op enige tyd in die geskiedenis gemyn was nie, is dit duidelik dat – indien dit waar is – hierdie stene deur God self gegee is en dat dit geneem is uit dieselfde materiaal as die stene ‘onder sy voete’.
In Esegiël 10:1 het die profeet ‘n troon gesien wat na saffier aard:
1 Then I looked, and behold, in the expanse that was over the heads of the cherubim something like a sapphire stone [sappiyr eben], in appearance resembling a throne, appeared above them.
1 Daarna het ek gekyk – en daar was op die uitspansel, oor die hoof van die gérubs, iets soos ‘n saffiersteen [sappiyr eben], iets wat soos die gestalte van ‘n troon gelyk het, het oor hulle sigbaar geword.
Dit kom dus voor of beide die ‘plaveisel’ en die troon daarop, soos saffiersteen gelyk het – blou soos die hemel met volkome helderheid. Blou verteenwoordig die (geestelike) wet, want ons weet dat die volk vir hulle klossies moes maak met blou garing (Numeri 15:38-40). So ook is ‘n troon self ‘n simbool van wet, want wanneer ‘n koning daarop sit (of ‘n regter op ‘n ‘regsbank’) oordeel hy in sy hoedanigheid as ‘n regter en bestuurder van die wet.
Saffier was ook die steen wat Dan verteenwoordig het in die borsplaat (Eksodus 28:18). Dan was die vyfde seun van Jakob en die saffier was die vyfde steen – dit is in die middel van die tweede ry stene. Dan beteken ‘oordeel’ (judge – strongs H1835) en in die departemente van goddelike regering verteenwoordig Dan die wetstelsel van die Koninkryk.
Dus is die troon en die fondasie of steun daarvan uit blou saffier gemaak. Esegiël het vroeër hierdie troon gesien soos hy in die eerste hoofstuk van sy boek verduidelik. Die NASB vertalers interpreteer eben sappiyr in hierdie geval as ‘lapis lazuli’ wat ook ‘n blou steen is, maar sonder die helderheid van saffier. Esegiël 1:26 sê:
26 Now above the expanse that was over their heads there was something resembling a throne, like lapis lazuli [eben sappiyr ‘sapphire stone’] in appearance; and on that which resembled a throne, high up, was a figure with the appearance of a man.
26 En bokant die uitspansel wat oor hulle hoof was, was iets wat soos saffiersteen gelyk het, in die gestalte van ‘n troon; en op die troongestalte ‘n gestalte wat soos ‘n mens gelyk het, daar bo-op.
Met die vertaling na Afrikaans is dieselfde fout nie begaan nie, maar dit kom voor of Lapis lazuli ‘n plaasvervanger vir saffier was, want saffier was uiters skaars in daardie dae en dit was as die duursaamste gesteente geag. Die verskil was egter baie duidelik, want Lapis lazuli is dof en lig kan nie daardeur skyn nie.
In die tuin van Eden verteenwoordig die boom van kennis van goed en kwaad die wet as ‘n weg na onsterflikheid en redding. Die boom van lewe verteenwoordig Christus. ‘n Ander manier om daarna te kyk is dat die twee bome die twee verbonde verteenwoordig. Toe Adam en Eva van die eerste boom geëet het, was hulle ongehoorsaam aan God en daarom kon die wet hulle slegs vir hulle sonde oordeel. Die wet wat veronderstel was om lewe te bevorder het hulle doodsvonnis geword (Romeine 7:10). ‘n Mens kan nie onsterflikheid bekom deur ongehoorsaamheid nie.
My vriend Mark Shoberg, het onlangs in ‘n skrywe aan my die volgende gesê:
Dit is geneem uit Legends of the Jews, Volume 3 p. 118 & 119 (Louis Ginzberg),
‘Moses departed from the heavens with the two tables on which the Ten Commandments were engraved and they were made of a sapphire-like stone.’
That’s what the Jews had believed! Those ten commandments weren’t made out of some rock Moses just found in the Sinai desert floor ... They were carved out of a blue sapphire stone.
Ginzberg [averred in] Legends of the Jews, Volume 6 p. 49
‘Ancient Jewish scholars state that the sapphire employed for the tables was taken from the throne of Glory ...’
Vertaal uit Engels:
‘Moses het uit die hemele vertrek met die twee tafels waarop die Tien Gebooi gegraveer was en dit was gemaak uit ‘n soort saffier-klip.’
Dit is wat die Jode geglo het! Daardie Tien Gebooie was nie gemaak van enige klip wat Moses op die Sinaï woestynvloer gevind het nie ... Hulle was gegraveer uit blou saffiersteen.
Ginzberg [dring aan] in Legends of the Jews, Volume 6 p. 49
‘Antieke Joodse geleerdes sê dat die saffier wat aangewend was vir die tafels, van die troon van Heerlikheid geneem was ...’
Selfs die antieke tradisies van Babilon het geglo dat die boom van kennis in die tuin nie onsterflikheid aan mense kon toestaan nie. Dit is sigbaar in die Epic of Gilgamesh, wat van die waarheid in die Genesis-verhaal behou het. Volgens dié verhalende gedig was daar saffier-vrugte aan hierdie boom. Mark Shoberg skryf:
‘The tree that Gilgamesh witnessed in the Jewelled Garden was not a tree of lapis-lazuli, but a tree of sapphires, for the tree of knowledge of good and evil was God’s covenant of the Law of Sin and Death that defined sin. The Epic of Gilgamesh was a story about a man in search of immortality who went so far as to invade the heavens, but his quest resulted in failure. It was the story of Adam attempting to ascend into heaven to become like God and usurp His sapphire throne where God ruled and administered the Law, but like Gilgamesh, Adam’s quest resulted in failure.’
‘Gilgamesh travelled through twelve leagues of darkness before he got to the Jewelled Garden, and when he finally got there, he immediately spied fruit that was costly to gaze upon. It was costly because it was the fruit of the tree of knowledge of good and evil that demanded one’s life in exchange for its fruit. It was the tree that defined sin, crowned in none other than God’s authority and throne that judged sin.’
‘Even the Babylonians understood there was no life in that tree, for the Ninth Tablet of the Epic ends with Gilgamesh being told by the god Shamash, ‘No mortal man has gone this way before, nor will, as long as the winds drive over the sea. You will never find the eternal life for which you are searching.’ The sun-god, Shamash, told Gilgamesh the truth: he would never find immortal life in the beautiful sapphire tree, the fruit of which was the knowledge of good and evil that produced death.’
Vertaal uit Engels:
‘Die boom wat Gilgamesh in die Versierde Tuin aanskou het was nie ‘n boom van Lapis-lazuli nie, maar ‘n boom van saffiere, want die boom van kennis van goed en kwaad was God se verbond van die Wet van Sonde waarvan die uitkoms die dood is. Die verhalende gedig van Gilgamesh was ‘n storie oor ‘n man op soek na onsterflikheid wat so ver gegaan het om die hemele binne te dring, maar sy soektog het in mislukking geëindig. Dit was die verhaal van Adam se poing om in die hemel te gaan, soos God te word en Sy saffier-troon, vanwaar God heers en die wet toepas te roof, maar soos Gilgamesh, het Adam se soektog in mislukking geëindig.’
‘Gilgamesh het deur twaalf ligas van duisternis gegaan voordat hy by die Versierde Tuin uitgekom het, en toe hy eindelik daar was het hy dadelik die vrugte gesien wat kosbaar was om te aanskou. Dit was kosbaar omdat dit die vrugte van die boom van kennis van goed en kwaad was wat ‘n mens se lewe eis in ruil vir sy vrugte. Dit was die boom wat sonde duidelik definieer, bekroon net niks anders as God se outoriteit en troon wat sonde oordeel nie.’
‘Selfs die Babiloniërs het verstaan dat daar geen lewe in dié boom te vinde was nie, want die negende tablet van die gedig eindig waar Gilgamesh deur die god Shamash ingelig word: ‘Geen sterflike mens het nog ooit hierdie kant toe gekom nie en sal ook nooit, solank as die winde oor die see waai nie. Jy sal nooit die ewige lewe waarna jy soek vind nie.’ Die son-god Shamash het vir Gilgamesh die waarheid vertel: hy sou nooit onsterflike lewe in die pragtige saffier-boom vind, waarvan die vrug die kennis van goed en kwaad is en waarvan dood die resultaat is nie.’
Miskien kan ons die boom van kennis van goed en kwaad voorstel as draer van tien saffieragtige vrugte – een vir elk van die tien gebooie – wat spruit uit die troon van God. Hierdie vrugte het van ‘n boom uit die Tuin gekom, wat in Genesis 1:31 saam met al die ander bome as ‘baie goed’ verklaar was. Dit was die misbruik van die boom wat sonde in die wêreld ingebring het.
Die verskil tussen lapis-lazuli en saffier is hoofsaaklik die helderheid daarvan. Dus kan mens aan lapis-lazuli dink as die geskrewe wet wat nie duidelik verstaan kan word deur ‘vleeslike’ of sterflike denke nie, terwyl saffier die volkome insig verteenwoordig van dié met wysheid daarvan in die krag van God (2 Korintiërs 1:12 & 1 korintiërs 2:5-6). Daarom kan ons dink aan lapis-lazuli as mense se tradisionele insig van die wet, terwyl saffier die openbaring van die wet verteenwoordig.
As ons soos Johannes – of selfs die sewentig ouderlinge in die dae van Moses, in die Gees opgeneem word na die Troon, het ons die potensiaal om by die Raad aan te sluit. Hierdie toestand gee ons ‘n beter houding waarmee ons die denkwyse van Christus kan verstaan. Ons hoor dan nie bloot die uitsprake nie, maar verstaan dit deur openbaring en groepsbespreking. Sodra die Raad die volle helderheid van openbaring verkry, kan hulle getuig van die uitsprake van Christus en sodoende dinge op die aarde laat manifesteer. Deur die krag van Amen word die Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde geskep op dieselfde manier as aan die begin.