Latest Posts
View the latest posts in an easy-to-read list format, with filtering options.

‘n Studie van Openbaring 2:18 tot die einde van Openbaring 5. Dit is die tweede boek in ‘n reeks van agt. Aanhalings uit NASB en 1933 AV tensy anders vermeld.
Category - Bible Commentaries
Openbaring 4:6-8 sê:
6 ... and in the senter and around the throne, four living creatures full of eyes in front and behind. 7 And the first creature was like a lion, and the second creature like a calf, and the third creature had a face like that of a man, and the fourth creature was like a flying eagle. 8 And the four living creatures, each one of them having six wings, are full of eyes around and within ...
6 ... en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens vol oë van voor en van agter. 7 En die eerste lewende wesen was soos ‘n leeu, en die tweede lewende wese was soos ‘n kalf, en die derde lewende wese het ‘n gesig gehad soos ‘n mens, en die vierdie lewende wese was soos ‘n arend wat vlieg. 8 En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë ...
Hierdie vier lewende wesens verteenwoordig alle lewende wesens op aarde. Elk is die ‘koning’ van sy eie afdeling. Die leeu is die koning van die wilde diere (predatore). Die tweede is die ‘kalf’ (moschos). Hierdie Griekse woord is wat die Septuagint in vertaling gebruik om ‘n ‘bul’ aan te dui. Die ‘bul’ is koning van die beeste. Die derde is die man wat die algemene ‘koning’ van die aarde is. Die vierde is die arend wat vlieg – dit is die ‘koning’ van die voëls.
Hierdie lewende wesens word gesien waar hulle God aanbid - wanneer ‘elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is’ (Openbaring 5:13) aan God eer betoon, sê dié vier lewende wesens ‘Amen’ (Openbaring 5:14). Hierdie toneel sien ‘n toekoms waar die ganse skepping in ooreenkoms met God is, ‘n tyd wanneer alles met Hom versoen sal wees (Kolossense 1:20).
Toe Israel by die berg Sinaï as ‘n koninkryk georganiseer was, moes elke stam op sy eie plek rondom die ‘troon van God’ (dit is die verbondsark in die tabernakel) kamp. Elk het sy eie vaandel of vlag gehad en op elke vlag was ‘n ander lewende wesen uitgebeeld. Numeri 2:2 sê:
2 The sons of Israel shall camp, each by his own standard, with the banners of their fathers’ households; they shall camp around the tent of meeting at a distance.
2 Die kinders van Israel moet laer opslaan elkeen by sy vaandel by die veldtekens van hulle famielies; op ‘n afstand rondom die tent van samekoms moet hulle laer opslaan.
Aan elk van die vier sye was drie stamme van Israel met die leier van elke sy in die middel - die plasing van elke stam word in Numeri 2 uiteengesit. Byvoorbeeld: Aan die Oostekant was Juda met ‘n leeu as vaandel en Issakar en Sebulon aan weerskante van hom (Numeri 2:3-9).
Die twaalf stamme was as volg geplaas:
OOS:
Issaskar
Juda (Leeu)
Sebulon
SUID:
Simeon
Ruben (Man)
Gad
WES:
Manasse
Efraim (Bul)
Benjamin
NOORD:
Aser
Dan (Arend)
Naftali
Die vaandels van die eerste drie stamme is bepaal deur Jakob se seën in Genesis 49. Jakob het Juda ’n ‘jong leeu’ genoem (Genesis 49:9). Ruben beteken ‘kyk die seun’ en Jakob noem hom sy ‘eersgeborene’ (Genesis 49:3). Jakob verwys na Dan as ‘n ‘slang op die weg’ (Genesis 49:17) en sy vaandel was ‘n arend wat met ‘n slang wegvlieg - arende is bekend daarvoor dat hulle met slange as buit wegvlieg.
Die vaandel van die laaste stam (Efraim) is geneem uit Moses se seën in Deuteronomium 33:17 waar Moses Efraim ‘Sy eersgebore stier’ noem – met ander woorde die bul van Josef wie se twee horings Efraim en Manasse was.
Die stamme van Israel (en hul plasings rondom die ‘troon’) was veronderstel om alle lewende wesens te verteenwoordig. Die vier stamme was die leiers onder die stamme van Israel, maar hulle was ook die leiers van die skepping self.
Esegiël se boek open met sy visioen van die troon van God. Rondom die troon was uitbeeldings van die vier lewende wesens soos gesien op die vaandels van Israel se vier leier-stamme. Esegiël 1:10 sê:
10 As for the form of their faces, each had the face of a man, all four had the face of a lion on the right and the face of a bull on the left, and all four had the face of an eagle.
10 En die voorkomste van hulle aangesigte was soos die gesig van ‘n mens; en al vier het die gesig van ‘n leeu gehad aan die regterkant en al vier die gesig van ‘n bees aan die linkerkant; ook het al vier die gesig van ‘n arend gehad.
Die profeet se beskrywing dui dat daar vier identiese afbeeldings op al vier sye van ‘n sentrale liggaam was wat ‘uit die vuur’ soos ‘blinkende metaal geskitter’ het (Esegiël 1:4). Onlangs nog het baie aangevoer dat Esegiël ‘n ruimteskip gesien het, maar dié onderwerp val buite die omvang van hierdie studie. Wat duidelik is, is dat die profeet iets soortgelyk gesien het as wat Johannes op Patmos gesien het, met net ‘n paar verskille.
Johannes het die vier duidelike en afsonderlike lewende wesens gesien, terwyl Esegiël vier lewende wesens gesien het elk met vier gesigte aan hul vier kante. Hoe ookal, die betekenis bly dieselfde want hulle verteenwoordig die ganse skepping.
Elk van die vier gesigte in Esegiël se visioen was geposisioneer om ooreen te stem met die plasing van die stamme van Israel rondom die tabernakel (Esegiël 1:10). Die profeet het sy visioen gesien terwyl hy Noord gekyk het (Esegiël 1:4). Dus het hierdie vreemde wese Suid beweeg na die profeet toe, daarom was die eerste gesig wat hy gesien het dié van ‘n man – Ruben se vaandel het Suid van die tabernakel gewapper.
Die profeet het daarna ‘n leeu aan die regterkant gesien. Oos sal aan die regterkant wees wanneer mens Noord kyk – Juda se vaandel wat ‘n leeu uitbeeld was aan die Oostekant.
Volgende het hy die bul aan die linkerkant gesien. Wanneer mens Noord kyk sal Wes aan jou linkerkant wees. Efraim se vaandel was aan die Westekant met die os daarop uitgebeeld. (Later in Esegiël 10:14 word die os ‘n ‘gérub’ genoem)
Laaste het die Noordelike sy in sig gekom en Esegiël het gesien dat dit ‘n arend uitgebeeld het. Die stam van Dan was aan die Noordekant van die tabernakel geleë. Sy vaandel met ‘n vlieënde arend wat ‘n slang as prooi wegdra het dus aan die Noordekant van die tabernakel gewapper.
Dit is daarom duidelik dat wat Esegiël gesien het jare later ook aan Johannes openbaar is. Esegiël het die lewende wesens met vier vlerke gesien (Esegiël 1:6), terwyl Johannes hulle met ses vlerke gesien het (Openbaring 4:8). Baie sal seker aanvoer dat Johannes ‘n ruimteskip met opdateerde tegnologie gesien het, maar ons belang is in die geestelike betekenis daarvan en hoe dit die goddelike plan vir die skepping verteenwoordig.
Vier is die getal van die aarde of die materiële skepping en ses is die getal van die mens. (Sien my boek The Biblical Meaning of Numbers from One to Forty). Dus kan ons aanneem dat God aan Esegiël ‘n patroon van die skepping openbaar het, terwyl Johannes se ses-vlerk wesens gesien het in terme van die mens se leierskap, spesifiek die mens as volkome versoende wese. Die openbaring verskuif van algemeen na spesifiek - van die skepping na die mens.
Vlerke as sulks is van die wind afhanklik vir hul bruikbaarheid. Die Hebreeuse woord vir wind is ruach, wat ‘gees’, ‘asem’, ‘wind’ of ‘lug in beweging’ beteken. Die woord kan gebruik word om natuurlike wind of ‘n mens se gees te beskryf. Esegiël 1:12 beskryf hierdie vier wesens verder: ‘waar die gees ook heen wou gaan, het hulle gegaan; hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie’. Dat hulle nie van hul rigting afgewyk het nie moet ‘n belangrike detail wees, want dit word herhaal in Esegiël 1:17 en Esegiël 10:11.
Geestelik gesproke dui dit daarop dat die lewende wesens nie van die beweging van die Gees afdwaal nie. Hulle is in perfekte harmonie en ooreenkoms - hulle gaan waarheen die Gees hulle stuur. In hierdie perfekte toestand het elke wesen al vier roepings. Indien geroep om die funksie van Juda uit te voer gaan dit direk daarheen sonder om van rigting te verander. As dit gelei word om iets in die roeping van Efraim te doen, gaan dit in daardie rigting sonder dat dit nodig is om te draai.
Johannes vertel ons in Openbaring 4:6 dat die vier lewende wesens ‘in die middel van die troon en rondom die troon’ was. Was hulle in twee plekke op dieselfde oomblik? Was daar twee stelle lewende wesens? Ons het geen leidrade nie, maar as ons die toneel fisies moet voorstel sou ‘n stel lewende wesens die troon self versier, terwyl ‘n meer aktiewe stel van vier rondom dit beweeg.
Hoe dit ookal sy, deur die loop van hierdie gedeelte van Johannes se openbaring, verwys hy na die vier lewende wesens as slegs een groep wat God aktief aanbid.
Openbaring 4:8 sê ook dat die vier lewende wesens ‘rondom en van binne vol oë’ is. Wat is hierdie oë?
Esegiël 1:18 sê: ‘hulle vellings [ring soos die staalring wat ‘n wawiel se houtring-kwarte bymekaar hou] was by al vier rondom vol oë’. Esegiël 10:12 sê: ‘die wiele was vol oë rondom’. Daar is dié wat sal aanvoer dat dit die vensters van ‘n ruimteskip is. Sagaria het ‘n steen (klip) met sewe oë daarop gesien (Sagaria 3:9). Later sê hy dat ‘daardie sewe – die oë van die Here [is] wat die hele aarde deurloop’.
Die oë wys ons dat niks vir Hom versteek is nie. Alles wat op aarde gebeur is volkome bekend en word ten volle verstaan deur die God van die hemel.
Die vier lewende wesens in Openbaring 4:8 het ‘n doel:
8 And the four living creatures, each one of them having six wings, are full of eyes around and within; and day and night they do not cease to say, ‘Holy, Holy, Holy, is the Lord God, the Almighty, who was and who is and who is to come’.
8 En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!
Die woordinhoud van hul aanbidding is geneem uit Jesaja 6:3:
3 And one called out to another and said, ‘Holy, Holy, Holy, is the Lord of hosts; the whole earth is full of His glory.
3 En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here van die leërskare. Die hele aarde is van Sy heerlikheid vol!
Hierdie aanbidding is die voorbeeld vir die hele skepping om te volg. Aanbidding is egter nie bloot lippediens nie. Daar is baie wat hierdie woorde spreek, maar wat nie leef wat hulle sê nie. Om die waarheid te sê: Daar was al beweer dat Christene die meeste lieg wanneer hulle sing - dit is moontlik ‘n bietjie hard. Om te sê dat Christene dikwels aanbid sonder om te verstaan is dalk meer akuraat, daarom stem hul woorde nie ooreen met hul werklike lewe in die wêreld nie.
Die wêreld vertel ons dat nabootsing die opregste vorm van vleiery is. Met ander woorde, ons boots dié wat ons die meeste bewonder ná. ‘n Meer Bybelse manier is om te sê dat nabootsing die opregste vorm van aanbidding is. God stel minder belang in ons woorde as in ons leefwyse. Die regte woorde is natuurlik belangrik, maar dit is betekenisloos en selfs skynheilig sonder ‘n goddelike leefwyse.
Die vier lewende wesens wat onophoudelik die heiligheid van God erken verteenwoordig die hele skepping in ooreenkoms met God in elke opsig van die lewe. Hulle erken nie Sy heiligheid slegs met hulle monde nie, maar ook met hulle harte. Hulle verteenwoordig die skepping met die wet van God op die hart geskryf. Die Nuwe Verbond beloftes van God is dus vervul. God het ‘n manier gevind om die harte van alle mense te wen, sodat almal vir Hom ‘n volk sou word, en Hy vir almal ‘n God kan wees (Deuteronomium 29:12-15).
Die Vier-en-twintig Ouderlinge
Openbaring 4:9-10 gaan voort,
9 And when the creatures give glory and honour and thanks to Him who sits on the throne, to Him who lives forever and ever, 10 the twenty-four elders will fall down before Him who sits on the trone, and will worship Him who lives forever and ever, and will cast their crowns before the throne saying,
9 En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, 10 val die vier-en-twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê:
Hier sien ons ekstra inligting met betrekking tot hul aanbidding. Hulle erken nie net die heiligheid van God nie, maar hulle gee ook ‘heerlikheid en eer en danksegging aan Hom’. Sulke aanbidding kom uit ‘n dankbare hart wat in verwondering van Sy werk, mag, liefde en wysheid staan. Wie sal Hom nie aanbid nie? ‘Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie?’ (Openbaring 15:4). Sodra God se regverdige dade openbaar word sal alle nasies inderdaad kom en Hom aanbid, nie omdat hulle deur die Ou Verbond veroordeel is nie, maar omdat God Sy belofte aan die mensdom deur die Nuwe Verbond vervul het.
Ten aanskoue van die lewende wesens se aanbidding (m.a.w. die hele skepping) ‘val die vier-en-twintig ouderlinge neer voor Hom’ en ‘aanbid Hom’. Hierdie toneel beskryf nie vier-en-twintig ouderlinge wat neerval net op te staan en weer neer te val elke keer as die lewende wesens Heilig, heilig, heilig sing nie. Ons is veronderstel om te verstaan dat dit die doel van die skepping en die geskiedenis is. Ons moet verstaan dat God die mag het om dit te laat gebeur en dat die wil van die mens God nie kan weerstaan of verhoed om Sy belofte te vervul nie.
‘n Opsomming van die woordinhoud van hul aanbidding word in Openbaring 4:11 gegee:
11 ‘Worthy art Thou, our Lord and our God, to receive glory and honour and power; for Thou didst create all things, and because of Thy will they existed, and were created’ .
11 U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.
Hier erken die vier-en-twintig ouderlinge die wet waarvolgens God die reg behou om alles aan Homself te onderwerp. Dit is deur die skeppingsreg, want die skepper besit wat Hy maak. Onder dieselfde wet besit ons die werk wat ons in ‘n projek insit, behalwe wanneer ons slawe is. Wanneer ‘n man meubels vervaardig gebruik hy hout wat deur God geskape is. God besit die hout, maar die man het reg op die meubels omdat sy arbeid die hout gevorm het om dit meer nuttig te maak.
God se ses-dag tydperk van arbeid in die eerste hoofstuk van Genesis gee aan Hom die reg wat met eienaarskap gepaard gaan. Die mens het bloot outoriteit op aarde wat onderdanig is aan die soewereiniteit van God. Die mens se outoriteit is eg, maar dit is nie finaal nie. Die mens se keuse om ongehoorsaam te wees aan God gebeur volgens sy outoriteit, maar uiteindelik gee die wet aan God die reg om die wil van die mens te oorheers.
Die mens is geskape uit die stof van die aarde (Genesis 2:7). Die mens is gevorm uit iets wat God geskape het – stof. God maak aanspraak op die ‘land’ in Levitikus 25:23 waar Hy sê: ‘... die land is Myne ...’. In Jeremia 27:5-6 het Hy die profeet ook die volgende te kenne gegee:
5 I have made the earth, the men and the beasts which are on the face of the earth by My great power and by My outstretched arm, and I will give it to the one who is pleasing in My sight. 6 And now I have given all these lands into the hand of Nebuchadnezzar king of Babilon, My servant, and I have given him also the wild animals of the field to serve him.
5 Ek het die aarde, die mens en die diere wat op die aarde is, gemaak deur my grote krag en deur my uitgestrekte arm, en Ek gee dit aan wie dit reg is in my oë. 6 En nou het Ēk al hierdie lande gegee in die hand van Nebukadnesar, die koning van Babel, my dienaar; ja, selfs die wilde diere van die veld het ek aan hom gegee om hom te dien.
As God die reg het om Sy land aan Nebukadnesar te gee, besit Hy ook die reg om dit van hom te ontneem en aan iemand anders te gee. Die mens se trots dink dat hy die absolute eienaar is van die land wat hy regeer, maar selfs koning Nebukadnesar het op die harde manier geleer dit nie so is nie. In Daniël 4:34-35 lees ons sy nederige getuienis dat sy outoriteit van sekondêre belang was teenoor die soewereiniteit van God.
Aangesien die mens geskape was het hy geen reg om homself of sy ‘land’ (stof van die aarde) vir ewig te verkoop aan sonde nie. Sy reg is tydelik en hy behou dit slegs tot die Jubileum aanbreek. Die wet van Jubileum laat geld die reg van God om dit terug te neem en daarmee te doen wat Hy wil. Met hierdie wet - deur nie van Sy soewereine reg as Skepper afstand te doen nie, is God daartoe in staat om die heerskappy aan Jesus Christus te gee en alles onder Sy voete te plaas.
Dít is wat deur die vier lewende wesens en die vier-en-twintig ouderlinge gevier word. Hulle erken dat die liefde van God nie sal toelaat dat Sy skepping langer in slawerny van sonde sal bly as ‘n sekere tyd nie. Hulle erken Sy wysheid om nie aan die mens soewereiniteit oor sy eie lot te gee nie, maar eerder sekere vlakke van outoriteit. Omdat hierdie verstommende plan so onbekend is onder die mense op aarde, is min daartoe in staat om Hom met volle begrip en waardering te aanbid. Die vier-en-twintig ouderlinge verstaan, stem saam en aanbid Hom egter in verwondering.
Dit is dus die openbaring van die vierdie hoofstuk van die boek Openbaring wat ooreenstem met die vierde letter van die Hebreeuse alfabet – ‘daleth’ ‘n oop deur. Dít is die openbaring van dié wat uitgenooi was om hoër te gaan in die ryk van God in. Die stem van God het in Openbaring 4:1 gesê: ‘... kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur. ’ Teen die einde van hierdie hoostuk en weer in die volgende een sien ons die openbaring van die herstel van alles, waar ‘die hele aarde van Sy heerlikheid vol’ is. Dít is ‘wat moet gebeur’ voor die goddelike plan voltooi is en die geskiedenis van die aarde soos ons dit ken eindig.