God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 11: Die See van Glas

Openbaring 4:5 vertel vir ons dat daar ‘sewe vuurfakkels’ voor die troon gebrand het, wat die ‘sewe Geeste van God’ is. Dit is nie dieselfde as die sewe kandelaars nie, maar brandende vuur ... dit het ‘voor die troon gebrand’ en, soos reeds vermeld, die sewe Geeste van God voorgestel. Ons het reeds in Openbaring 1:20 gesien dat die sewe kandelaars die sewe gemeentes voorstel en vers 16 sê dat Christus die sewe sterre in Sy hand vasgehou het – dié sterre verteenwoordig die sewe engele (leraars) van die sewe gemeentes.

... geparafraseer:

20 7 Lampstands are the 7 churches, 7 fires on the lamps are the 7 Spirits of God, 7 stars in His hand are the 7 angels.

20 7 Kandelaars is die 7 gemeentes, 7 brandende vure op kandelaars is die 7 Geeste van God, 7 sterre in Sy hand is die 7 engele.

Christus self is geposisioneer ‘tussen die sewe kandelaars’ (Openbaring 1:13).


Die Patroon

Openbaring 4:6 sê:

6 and before the throne there was, as it were, a sea of glass like crystal ...

6 en voor die troon was daar ‘n see van glas soos kristal ...

Die waskom in die tabernakel van Moses was volgens hierdie ‘see van glas’ voor die troon gemaak. In God se voorskrif aan Moses aangaande hoe hy die meubels vir die tabernakel moes maak, sê God in Eksodus 25:40

40 And see to it that you make them after the pattern [tabniyth] for them, which was shown to you on the mountain.

40 En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld [tabniyth] daarvan wat jou op die berg getoon is.

Moses het die hemelse tabernakel gesien en is aangesê om dit volgens dié voorbeeld op aarde te dupliseer. Voorskrifte vir die waskom self is in Eksodus 30:18-21 aan Moses gegee. Dit moes van koper gemaak word en ‘tussen die tent van samekoms en die altaar’ neergesit word. Dit was vir die priesters bedoel, sodat hulle ‘hulle hande en voete daaruit kon was ... sodat hulle nie sterwe nie’.

Dus het die hemelse tempel ‘n see van glas voor dit gehad, waarskynlik om dié priesters wat tot God se troon sou nader, daarin te reinig. Was dit nodig vir Johannes om sy hande en voete te reinig toe hy na die troon van God opgeneem was? Niks word in Openbaring 4 gesê nie, maar die feit dat dit ‘soos glas’ was - sonder enige rimpels, impliseer dat dit onnodig of in onbruik was.


Gereinig Deur Die Woord

Johannes was reeds gereinig deur die woord. In Johannes 15:3 het Jesus vir Sy dissipels, Johannes ingesluit, gesê:

3 ‘You are already clean because of the word I have spoken to you’.

3 ‘Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het’.

Verder het Jesus reeds die voete van Sy dissipels in Johannes 13:3-10 gewas en hulle dus voorberei vir ‘n oudiënsie voor die troon. Daarom was die see soos glas. Die was van voete was ‘n uiterlike seremonie, maar in werklikheid het die woord self hul harte gereinig en hulle gekwalifiseer vir die ewige lewe, ‘sodat hulle nie sterwe nie’.

Ons lees weer van die ‘see van glas’ in Openbaring 15:2-3:

2 And I see, as it were, a sea of glass mixed with fire, and those who had come off victorious from the beast and from his image and from the number of his name, standing on the sea of glass, holding harps of God. 3 And they sang the song of Moses ...

2 En ek het gesien iets soos ‘n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek sien staan by die see van glas, met siters van God. 3 En hulle het die lied gesing van Moses ...

In hierdie geval word die ‘see’ nie meer ‘soos kristal’ beskryf nie, maar as ‘n ‘see van glas gemeng met vuur’. Terwyl Johannes voorheen die see voor die troon gesien het, merk ons hier dat hy die oorwinnaars ‘by die see van glas sien staan’.

Eerstens het hierdie ‘see’ ook ‘vuur’ bevat. As sodanig is dit verbind met die ‘poel van vuur’ (Openbaring 20:14-15), wat die ‘vuur’ van God se geaardheid is wat die harte van mense reinig, sodat hulle vir onsterflikheid kwalifiseer. Die poel van vuur en die see van glas dien dieselfde doel, behalwe dat die een vir ongelowiges is, terwyl die ander vir gelowiges (priesters) is. Die gelowiges staan by die see van glas, omdat hulle nie meer goddelike reiniging benodig nie. Die ongelowiges moet egter ‘in die poel van vuur gewerp’ word, omdat hulle goddelike reiniging nodig het.

Hierdie poel van vuur bevat ook ‘swael’ (‘brimstone’ of ‘sulfur’ in Engels) wat ‘n kragtige skoonmaakmiddel is, maar ook ‘n stof wat met intense hitte brand. Die Griekse woord vir swael is theon waarvan die stam theos ‘God’ of ‘goddelikheid’ beteken. Dit was ‘n goddelike reinigingsmiddel. Thayer’s Greek Lexicon sê:

‘brimstone was regarded as having power to purify.’

Vertaal uit Engels:

‘Swael is beskou as kragtig vir suiwering.’


Die See (Molten Sea - KJV)

Toe Salomo die tempel gebou het, het hy die waskom groter gemaak as die een wat onder Moses gemaak is. Hy het dit volgens die patroon ‘tabniyth’ gemaak wat aan sy vader Dawid gewys is (1 Kronieke 28:11-12). Die Hebreeuse woord is dieselfde as die een wat in Eksodus 25:40 gebruik word. Hoewel die NASB verkies het om dit in Engels as ‘plan’ te vertaal in die opdrag van Dawid aan Salomo, bly dit onveranderd vertaal as ‘voorbeeld’ in die 1933 Afrikaanse vertaling.

In beide gevalle was die voorbeeld deur goddelike openbaring gegee – eers aan Moses en later aan Dawid. Beide het die hemelse voorbeeld gesien, maar Dawid het iets groter gesien as wat Moses gesien het. Dit is die rede waarom hy aan Salomo opdrag gegee het om ‘n tempel te bou eerder as ‘n tabernakel. Dit dui aan dat die hemelse patrone nie staties is nie maar progressief, om verwagte veranderinge aan te dui namate die Koninkryk ontwikkel met tyd.

Wat die waskom betref, was Dawid opdrag gegee om ‘die see’ of (molten sea - KJV) 1 Konings 7:23 as volg maak:

23 Now he made te sea of cast metal ten cubits from brim to brim, circular in form, and its height was five cubits, and thirty cubits in circumference.

23 Verder het hy die see gemaak van gietwerk; van rand tot rand was tien el, heeltemal rond; en die hoogte daarvan was vyf el, en ‘n lyn van dertig el kon dit rondom omspan.

Die waskom was ‘dertig el’ in omtrek, wat beteken dat dit rofweg 10 el in deursnee moes wees (30 gedeel deur pi = 9.55 el). Salomo het hierdie waskom op 12 osse geplaas, drie in elke windrigting – hulle verteenwoording die 12 Apostels. Oor die algemeen dui ‘n os in die Skrif op ‘n sterk gehoorsame dienskneg in kontras met ‘n donkie wat swakker en hardkoppig is. Dus verteenwoordig donkies ook dié wat nog in Pinkster is, terwyl osse oorwinnaars in die Loofhuttefees verteenwoordig.

Om hierdie rede verteenwoordig die 12 osse nie werklik die 12 stamme van Israel nie, hoewel die twaalf stamme geroep was om oorwinnaars te wees. Hulle het egter nie die doel bereik nie en net ‘n oorblyfsel van genade het oorleef om die belofte te ontvang - die oorwinnaars of uitverkorenes (Romeine 11:7).

Dit is interessant dat Salomo die osse onder die waskom geplaas het, terwyl die oorwinnaars in Openbaring 15:2 gesien is waar hulle op die see van glas staan. Hulle verskuif uit ‘n posisie ter ondersteuning van die reinigende woord na ‘n posisie waar hulle op die woord staan. Dit dui moontlik op ‘n verskuiwing van hulle roeping uit Pinkster na Loofhutte.


Verwydering Van Die Osse

Meer as twee eeue ná die tempel van Salomo gebou is, het nóg ‘n verskuiwing plaasgevind met betrekking tot die twaalf osse onder ‘die see’. Koning Agas van Juda (die vader van Hiskia) ‘stuur toe boodskappers na Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, om te sê: Ek is u dienaar en u seun ...’ (2 Konings 16:7). Agas het die koning van Assirië omgekoop om Juda te verlos van belasting aan die koning van Sirië.

Die plan het gewerk (2 Konings 16:9), maar toe Agas na Damaskus gaan om Tiglat-Piléser te ontmoet was hy beïndruk met die afgodsaltaar wat daar in Damaskus was. 2 Kronieke 28:23 sê:

23 For he sacrificed to the gods of Damascus which had defeated him, and said, ‘Because the gods of the kings of Aram helped them, I will sacrifice to them that they may help me’. But they became the downfall of him and of Israel.

23 en geoffer aan die gode van Damaskus wat hom [koning Agas] verslaan het; en hy het gedink: Die gode van die konings van Aram help hulle; ek sal aan húlle offer, dat hulle my kan help! Maar juis hulle het hom en die hele Israel tot ‘n val gebring.

Hy het Uria die priester opdrag gegee om ‘n altaar te bou volgens die voorbeeld wat hy in Damaskus gesien het (2 Konings 16:10-11). Die oorspronklike koperaltaar wat Salomo volgens die hemelse voorbeeld gebou het was verwyder en aan die noordekant van sy nuwe altaar geplaas (2 Konings 16:14).

Net so sê 2 Konings 16:17:

17 Then king Ahaz cut off the borders of the stands, and removed the laver from them; he also took down the sea from the bronze oxen which were under it, and put it on a pavement of stone.

17 En koning Agas het die goud van die sluitplate van die afspoelwaentjies weggesny en die waskom van hulle afgeneem, en die see het hy van die koperbeeste wat daaronder was, afgelig en dit op ‘n klipvloer gesit.

2 Kronieke 28:24 sê verder ‘Agas het ... die gereedskap van die huis van God stukkend geslaan en die deure van die huis van die Here toegesluit ...’

In die tyd van afvalligheid is die twaalf osse dus verwyder uit hul rol ter ondersteuning van die Woord van God (‘water’). Dieselfde is waar van die Pinkstertydperk, veral in die tyd toe die Woord van mense weerhou was vir baie eeue. Die lig van die Woord het nie gewone mense bereik tot die uitvinding van die drukpers in die middel-1400’s nie. Van dié gebeurtenis was geprofeteer in Openbaring 10:2 in die visioen van die ‘geopende boekie’.


Die Lied Wat Oorwinnaars Sing

Dit kom dus voor of die oorwinnaars (osse) die woord van God moet ondersteun in die vorderingsproses van die Koninkryk en hulle moet gelyktydig op of in die woord staan, terwyl hulle dit aan mense leer. Hulle boodskap soos uitgebeeld in Openbaring 15:3-4 is om die lied van Moses en die lied van die Lam te sing. Die woorde daarvan word daarin vir ons gegee:

3 ... Great and marvelous are Thy works, O Lord God, the Almighty; righteous and true are Thy ways, Thou King of the nations. 4 Who will not fear, o Lord, and glorify Thy name? For Thou alone are holy; for all the nations will come and worship before Thee, for Thy righteous acts have been revealed.

3 ... Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges! 4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.

Vandag is baie gewillig om die lied van die Lam te sing, maar hulle vermy die lied van Moses. Die oorwinnaars verstaan egter dat alle Skrif geïnspireerde openbaring is en dat ons nie net van brood alleen kan leef nie, maar van elke Woord wat van God af kom. Sodra die Woord werklik geleer word, sal ‘al die nasies kom en voor U aanbid’. En waarom nie? Die goeie nuus is dat God ‘die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie’ (2 Korintiërs 5:19).

Siende dat ons só ‘n groot en goeie God het, Een wat nie alleen beloftes gemaak het nie, maar ook die mag het om Sy woord te hou – wie sal Hom nie aanbid nie? Die sentrale tema van die lied gesing deur oorwinnaars, is die restourasie van alle dinge, wanneer ‘al die nasies kom’ en Hom aanbid.

Die see van glas was nie bloot ‘n mooi deel van die hemelse landskap nie, dit het als uitgebeeld wat die waskomme wat deur Moses en Salomo gemaak was, openbaar het. Die belangrikste funksie daarvan was om priesters te reinig wat God moes nader om Hom te dien. Uiteindelik sal al die nasies kom om God te aanbid, maar hulle moet almal eers gereinig word by die waskom, die see van glas of die poel van vuur.