God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 4: Laodicia (1914 n.C. - 1993 n.C.)

Openbaring 3:14 begin met ‘n boodskap aan die finale gemeente:

14 And to the angel of the church in Laodicea write: The Amen, the faithful and true Witness, the Beginning of creation of God says this:

14 En skryf aan die leraar van die gemeente van die Laodicense: Dit sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God:

Laodicia was oorspronklik bekend as Diospolis, die Stad van Zeus. In die derde eeu v.C. het koning Antiochus II (Theos ‘Die goddelike’ genoem) die naam daarvan verander na Laodicia - na sy vrou Laodice. Hierdie Antiochus was die koning waarvan in Daniël 11:6 profeteer word, wat in 246 v.C. met Bernice die dogter van Ptolemy II van Egipte getroud is om politieke vrede te smee. Toe Bernice se vader in Julie van daardie jaar oorlede is, het Antiochus na sy eerste vrou teruggekeer. Laodice en Bernice is na Egipte teruggestuur. Laodice het egter opdrag gegee dat Bernice vermoor word, terwyl sy oppad was Egipte toe en dit was die oorsaak van die oorlog tussen Antiochus II van Sirië en Ptolemy III van Egipte.

Laodicia het daarna ‘n kleurvolle geskiedenis beleef. Dit was geleë op die groot Oos-Wes handelsroete in die laer Lycusvallei tussen twee geweldige bergrante. Om hierdie rede het dit die hoof handels- en banksentrum van die gebied geword en dit was redelik ryk. Dit was bekend vir die vervaardiging van materiaal en mantels, veral dié van sagte, glansende swart wol. Hierdie mantels was trimita genoem. Dit was so bekend dat Laodicia baie jare later by die kerkraad van Chalcedon in 451 n.C. as Trimitaria bekend gestaan het.

Ongeveer 13 myl Wes van Laodicia het die tempel van die Frigiese god, Ken Karou (die oorspronklike god van daardie vallei) gestaan. Dit was ook die borg en beskermer van ‘n skool vir medisyne in Laodicia wat bekend was vir sy Frigiese poeier, gemaal van Frigiese klip - waarvan oogsalf gemaak is. Dit was ook bekend vir ‘n salf gemaak van nardus, ‘n spesery wat gebruik was om gehoor te versterk.

Laodicia is die ‘Stad van Kompromie’ genoem, meestal as gevolg van die mengsel van etniese groepe in die stad wat kompromie en verdraagsaamheid geverg het.

Die stad was goed versterk, maar die swakpunt daarvan was die feit dat sy hoof waterbron 6 myl Suid geleë was. Water moes deur middel van watervore na Laodicia gevoer word en enige invallende leër sou hulle maklik kon oorwin deur bloot hul watertoevoer af te sny. Die water self was louwarm teen die tyd dat dit in Laodicia aangekom het. Water wat met pype van Colossae na Laodicia gevoer was, was ook louwarm by aankoms.

‘n Vriend van my het ‘n reis na Turkye onderneem en later ‘n foto van die louwarm fonteine in Laodicia aan my gestuur.


Foto geneem deur Mark Shoberg


Die Amen

Die verheerlikte Christus stel Homself aan die gemeente van Laodicia bekend as ‘die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God’. Dit verwys na Jesaja 65:16-18:

16 Because he who is blessed in the earth shall be blessed by the God of truth [Heb. Amen]; and he who swears in the earth [in court] shall swear by the God of truth [Amen] . 17 For behold, i create new heavens and a new earth ... 18 I create Jerusalem for rejoicing ...

16 sodat hy wat homself seën in die land, dit sal doen by die God van waarheid [‘Amen’ in Hebreeus]; en hy wat sweer in die land [in ‘n hof], sal sweer by die God van waarheid [‘Amen’] ... 17 Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde ... 18 Ek skep Jerusalem om te juig ...

Die Hebreeuse woord amen is verwant aan amet wat ‘waarheid’ beteken. ‘Amen’ is die reaksie van ‘n mens wat ‘n eed in die hof aflê om niks anders as die waarheid te praat nie (sien Deuteronomium 28:15-26). Dié wat sulke plegtige ede aflê is verantwoordelik gehou indien hulle meineed gepleeg het, want as hulle onder sulke omstandighede sou lieg, het hulle godslastering teen die Heilige Gees gepleeg. ‘n Voorbeeld hiervan kan bestudeer word in die verhaal van Ananias en Saffira in Handelinge 5:1-10.

Volgens die Griekse denkwyse is geloof meer verwant aan positiewe denke of vertroue in geloof. Ongelukkig het hierdie definisie van geloof goeie grond ook in die moderne kerk gevind. In die Hebreeuse denkwyse was geloof ‘n geestelike reaksie op waarheid of op getuienis van die waarheid. Die Gees van Vrees van die Here is hierin belangrik, want meineed word verhoed deur respek vir God wanneer getuienis van die waarheid afgelê word.

Om hierdie rede is die sewende Gees van die Here - die een wat hierdie boodkap aan Laodicia gee, bekend as ‘Vrees van die Here’ (Jesaja 11:2). Met ander woorde, om ‘n oorwinnaar te wees in die kerk van Laodicia, beteken om ore te hê om die Gees van die Vrees van die Here te hoor. Dié wat hoor is dié wat waarlik getuig van die waarheid in ‘n tyd van universele misleiding. Hulle leef ook hul lewens volgens die ‘Amen’-beginsel, met ander woorde: hulle sê net wat hulle hul Vader hoor sê en doen slegs wat hulle hul Vader sien doen. Deur die Amen van God te word neem oorwinnaars deel aan die skepping van die nuwe hemel, die nuwe aarde en die Nuwe Jerusalem.

Die eerste hemel en die eerste aarde is op dieselfde manier geskape. Die Vader het ‘Lig’ gespreek en die Seun het gesê ‘laat dit so wees’ - Amen. Alle dinge word bevestig deur ‘n dubbel getuie, daarom het dit beide die Vader en die Seun geverg om te skep voor getuienis van die Heilige Gees - die derde getuie. Daarom vertel Johannes ons in Johannes 1:3:

3 All things came into being by [dia, ‘through’] Him, and apart from Him nothing came into being that has come into being.

3 Alle dinge het deur [dia] Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

Die skepping het tot stand gekom deur Christus - die Woord wat die Amen van God is. Johannes se boodskap dui aan dat Christus nie alleen teenwoordig was met die skepping nie, Hy was betrokke in selfs die kleinste detail van die skeppingsproses.

Dieselfde beginsel is van toepassing op die skepping van die nuwe hemel en die nuwe aarde, waar Amen weereens sentraal tot die skepping is. Hierdie keer word die oorwinaars geroep om, soos Christus self, Amen mense te wees wat getuig van die skeppende Woord wat die aarde na sy oorspronklike doel en glorie herstel. Nietemin, soos ons uit die vroeë gemeentes waargeneem het, kwalifiseer net ‘n klein gedeelte werklik as oorwinnaars. Die kerke as ‘n geheel versuim om na die Gees se boodskap en waarskuwing te luister.


Die Louwarm Kerk

Openbaring 3:15-16 sê:

15 I know your deeds, that you are neither cold nor hot; I would that you were cold or hot. 16 So because you are lukewarm, and neither hot nor cold, I will spit you out of My mouth.

15 Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! 16 Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.

Die louwarm water van Laodicia verskaf die metafoor vir die kerk se vehouding met God. Die bedoeling was nie dat hulle fanaties of onaangenaam moes wees in hul getuienis van Christus nie - die fokus was op die kerk se toegeeflikheid. Ek het lank terug besef dat die Laodicia kerk van die twintigste- en een-en-twintigste eeu oor die algemeen die wêreldbeskouing van moraliteit en kultuur volg. Hulle is net ‘n paar jaar agter die wêreld. Die wêreld stel die standaard vir die sogenaamde ‘waarheid’ en die kerk pas spoedig sy siening aan om by die dier se wêreldbeskouing aan te pas.

Om in die waarheid van God vas te staan hoef nie op ‘n onaangename manier gedoen te word nie. Ook hoef Amen-mense nie so fanaties te wees dat hulle ander doodmaak of skade doen in die verdediging van die waarheid nie. God vereis bloot dat gelowiges die leiding neem en die wêreld om hulle beïnvloed, eerder as wat die wêreld hulle beïnvloed. Gelowiges is nie die wêreld se Amen-mense nie; hulle is God s’n. Ons neem nie die wêreld se morele (of immorele) standaarde aan nie, maar leef volgens die Koninkryk-kultuur en -moraliteit.


Die Kerk se Blindheid

In Openbaring 3:17-18 adviseer Christus die kerk van Laodicia as volg:

17 Because you say, ‘I am rich, and have become wealthy, and have need of nothing,’ and you do not know that you are wretched and miserable and poor and blind, and naked, 18 I advise you to buy from Me gold refined by fire, that you may become rich, and white garments, that you may clothe yourself, and that the shame of your nakedness may not be revealed; and eyesalve to anoint your eyes, that you may see.

17 Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. 18 Ek raai jou om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.

Die eerste feit om na op te let is dat die kerk blind was vir sy ware kondisie. Dit het geglo dat dit ryk was, omdat dit rykdom volgens monetêre terme bepaal het en dinge nie deur God se oë en uit Sy perspektief gesien het nie. Tweedens was die kerk naak, weereens sonder om dit te besef. In kort was die kerk in ballingskap onder Babilon en het dit die Babiloniese wêreldbeskouing aangeneem, terwyl dit gedink het dat dit dinge sien soos God dit sien.

Die ergste kenmerk van geestelike blindheid is dat die een wat blind is dit nie besef nie. Omdat hy met sy vleeslike oë kan sien en homself dinge kan verbeel met sy sielsoë, dink hy dat hy geestelik ook kan sien. Miskien is die grootste probleem sy onvermoë om tussen sy siel en sy gees te onderskei en dus ook tussen positiewe denke en geloof.

In Matteus 6:22-23 vertel Jesus van hierdie tipe blindheid:

22 The lamp of the body is the eye; if therefore your eye is clear, your whole body will be full of light. 23 But if your eye is bad, your whole body will be full of darkness, how great is the darkness!

22 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. 23 Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As die lig in jou dan donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!

Israel van ouds was ook blind. Selfs nadat hulle onder Moses vir veertig jaar in die woestyn beproef was, het die profeet in Deuteronomium 29:4-5 vir hulle gesê:

4 Yet to this day the Lord has not given you a heart to know, nor eyes to see, nor ears to hear. 5 And I have lead you forty years in the wilderness ...

4 Maar die Here het julle nie ‘n hart gegee om te verstaan en oë om te sien en ore om te hoor tot vandag toe nie. 5 En ek het julle veertig jaar lank in die woestyn laat trek; ...

Gedurende die eerste jaar van Israel se wildernisreis moes Moses ‘n sluier oor sy gesig dra, omdat die volk nie gereed was om die heerlikheid van God te aanskou nie. Met ander woorde, om die waarheid ten volle te sien nie. Paulus sê in 2 Korintiërs 3:14-15:

14 But their minds were hardened; for until this very day at the reading of the old covenant the same veil remained unlifted, because it is removed in Christ. 15 But to this day whenever Moses is read, a veil lies over their heart.

14 Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde sluier sonder dat dit opgelig word, die sluier wat in Christus vernietig word. 15 Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n sluier oor hulle hart.

Hierdie sluier het nie Moses se oë verblind nie, maar dit het die volk verhoed om die heerlikheid van God op Moses se gesig te sien. Paulus vertel ons dat die sluier (‘bedekking’ volgens die nuwe vertalings) die gevolg van ‘n Ou Testament denkwyse is en dat dit mense verblind en die waarheid vir hulle verberg.

Namate hulle die Nuwe Verbond verlaat en weer die sterflike rituele en sienings van die Ou Verbond begin aanneem het, het dieselfde bedekking voor die oë van die Laodicia gemeente gekom. Omdat hul gebruike godsdienstig van aard was het hulle nie besef dat hulle geestelik blind was nie. Hulle kon nie onderskei tussen ware geestelike dinge en gewone godsdienstige aktiwiteite en sienings nie.

God het natuurlik krediet geneem vir hierdie kondisie. Jesaja 29:9-10 sê:

9 Be delayed and wait. Blind yourselves and be blind. They become drunk, but not with wine; they stagger, but not with strong drink. 10 For the Lord has poured over you a spirit of deep sleep; He has shut your eyes, the prophets; and He has covered your heads, the seers.

9 ... Wees blind en verblind! Hulle is dronk, maar nie van wyn nie; hulle waggel, maar nie van sterke drank nie. 10 Want die Here het oor julle uitgegiet ‘n gees van diepe slaap, en Hy het julle oë - die profete - toegesluit en julle hoofde - die sieners - toegebind.

Met ander woorde, God het die mense beveel om hulleself te verblind en hulle het dit gedoen. So het God dan ‘n gees van diep slaap oor hulle uitgestort wat hulle ‘oë’ verblind en hul ‘koppe’ bedek het. Dit kom voor om onafskeidelik verbonde te wees aan die uitstorting van die Heilige Gees - dit is Pinkster.


Die Pinksterbeweging

In die finale jare van die Filadelfia kerk, is die Heilige Gees uitgestort van 1900 tot 1914, wat die moderne Pinksterbeweging laat ontstaan het. Dit was die kerk se laaste geleentheid om te bekeer en sodoende die ballingskap te verhoed wat binnekort sou begin. ‘n Paar het, maar dit was onvoldoende om die ballingskap van Laodicia wat in 1914 begin het stop te sit.

Hier is waar dit weer belangrik is om te verstaan hoe koning Saul ‘n voorbeeld van die Pinkster-tipe kerk was:- hy is gekroon op die dag van die ‘koringoes’ later bekend as Pinkster (1 Sameul 12:17). Die grootste probleem met Saul was dat die volk ‘n man wou hê om oor hulle te heers, eerder as om direk deur God (Jesus) regeer te word. Dus was die hoofprobleem met Pinkster die gees van denominasie waar individue die volk regeer deur godsdiens, eerder as direkte regering onder leiding van die Heilige Gees en deur Jesus Christus.

In die vroeë 1900’s was die Pinksterbeweging byna ten volle denominasionaliseer (tussen 1909 en 1912). Hulle het die patroon van Israel gevolg wat ‘n koningsheerskappy geëis het. As gevolg daarvan was ballingskap gewaarborg. Daarmee saam het ‘n ‘gees van diepe slaap’ gekom, soos Jesaja ons vertel. ‘n Ou Testamentiese denkwyse het in die beweging posgevat. In hulle onkunde rakende die wet saam met hulle begeerte om heilig te wees het hulle wetties geraak. Hulle het standaarde ingestel met betrekking tot uiterlike dinge wat nie in die goddelike wet opgelê is nie, maar eerder tradisies van mense was.

Verder het hulle begin om die Joodse Zionisme-aanspraak op die ‘Heilige Land’ en hul terroristiese metodes te ondersteun. Hulle het begin glo dat dit God se wil is om volksmoord te pleeg en bestaande Palestynse mense te ban asof hulle Kanaäniete is wat deur Josua onder die Ou Verbond uitgewis moes word. Hulle het die Skrif begin interpreteer volgens ‘n Ou Testamentiese denkwyse - gefokus op die uiterlike eerder as sake van die hart.

Een van die hoof aspekte van hierdie tipe blindheid is die gedagte dat ‘n mens volgens afstamming van Abraham ‘uitverkies’ is ongeag ‘n gebrek aan geloof in Christus. Hierdeur het hulle ‘n groot gedeelte van Paulus se leerstelling ‘n nederlaag besorg, veral Galasiërs en die boek van die Hebreërs. Gevolglik het die Laodicia gemeente hulle erfdeel aan die Jode gegee wat Jesus nog gehaat het. Met ander woorde: die Laodicia gemeente het slawe van ‘Geheime Babilon’ geword. Paulus se waarskuwing om nie die ‘valse broeders’ toe te laat om hulle ‘in diensbaarheid’ van die Ou Verbond te bring (Galasiërs 2:4) nie, is verontagsaam.

Net soos die Hiskia-kerk die weg na gevangenskap voorberei het onder die Ou Verbond, het die Filadelfia-gemeente die weg voorberei vir die Laodicia-gemeente om gevange geneem te word.

Uit God se genade het Hy die kerk se oë verblind, sodat hulle nie besef het waarmee hulle besig was nie - blindheid het hulle aanspreeklikheid verminder. Dit kom voor of ‘n ‘diep slaap’ hul dae van gevangenskap verkort het. Hulle kon die seën van die Heilige Gees, genesing en wonders geniet sonder om deur die waarheid belas of verhinder te word.

Gedurende hierdie ‘wegvoering’ onder Geheime Babilon het die kerk homself as ryk beskou. Hoewel die meeste daarvan ten koste van derde-wêreldse lande was, bestaan daar min twyfel dat Babilon skynbaar welvaart na die Weste gebring het. Meeste mense was onbewus daarvan dat die Federale reserwewet aan ‘n paar magtige families in die bankbedryf die mag gegee het om geld te skep. Dié was tevrede om krediet aan regerings te gee, wat verbande (skuldbriewe) uitgeryk het in ruil vir nuut geskepte geld. Met al hierdie nuwe geld tot hulle beskikking het hulle welvarend voorgekom en probeer vergeet dat elke nuut vervaardigde dollarnoot in werklikheid ‘n gemonetiseerde skuldbrief was - soos goëlery.

Die kerk het uitgestyg en gesê: ‘Ek is ryk en het verryk geword’. In die 1950’s het mega-kerke tot stand gekom en mense het hulle verwonder aan dié nuwe Charismatiese kerke wat selfs groter as die Rooms Katolieke katedrale van vorige eeue was.

Saam met hierdie toename in rykdom het die krag van positiewe denke gekom. Die oorsprong daarvan is gewortel in die skrywes van Charles Filmore gedurende die vroeë dae van die Pinksterbeweging. Filmore het voorgegee om ‘n Christen te wees en het selfs Bybelterme gebruik, maar dit verfyn volgens sy Metafisiese Woordeboek getiteld The Revealing Word. Sonde is verfyn tot onkunde en die kruis is herdefinieer as ‘n toestand van die bewussyn wat ‘sterflike verstand’ genoem word. Geloof het positiewe denke geword en God het onpersoonlik geword. Ons verhouding met God is verstrengel in ons vermoë om rykdom te genereer deur positiewe denke en die krag van saai en maai. Geestelike wette het handige instrumente geword in ‘n onpersoonlike ‘vakgebied’ wat aangewend word om rykdom en geluk te bekom.

Beide die Pinkster- en Metafisiese bewegings het gelyktydig in die vroeë 1900’s ontstaan. Norman Vincent Peale het die Metafisieke beweging gewild gemaak in sy boek The Power of Positive Thinking en baie het dit met ‘n paar geringe aanpassings in die kerk ingebring. Gevolglik kon die Laodicia-kerk nie meer onderskei tussen die geestelike en die sielkundige nie. Die wet van saai en maai is dikwels gebruik om mense te bedrieg:- priesters wat lede aanspoor om in hul bedienings te ‘saai’ ten einde die seën van God te ‘maai’. Party van hierdie bedienings het skatryk geword, terwyl die lede arm gebly het.


God se Antwoord

Die kerk word deur God aanbeveel om ‘... van [Hom] te koop goud wat deur vuur gelouter is ...’ (Openbaring 3:18). Hy het verwys na 1 Petrus 1:6-7 wat sê:

6 In this you greatly rejoice, even though now for a little while, if necessary, you have been distressed by various trials, 7 that the proof of your faith, being more precious that gold which is perishable, even though tested by fire, may be found to result in praise and glory and honour at the revelation of Jesus Christ.

6 Daarin verheug julle jul, al word julle nou - as dit nodig is - vir ‘n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, 7 sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus.

Geloof word vergelyk met fisiese goud (of rykdom oor die algemeen). Soos goud deur vuur gelouter word, word ons geloof gelouter deur ‘allerhande beproewinge’. Dus het Christus die Laodicia gemeente gemaan om ware geloof te soek wat bewys en getoets is deur ondervinding. Aangesien geloof ‘uit die hoor van ... die woord van God’ (Romeine 10:17) kom, is dit duidelik dat gelouterde geloof kom deur geloof op die proef te stel, deur die openbaring van die woord ervaringsmatig toe te pas.

Daarom sê Openbaring 3:19:

19 Those whom I love, I reprove and discipline; be zealous therefore, and repent.

19 Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.

God se dissipline (tugtiging) is die ‘vuur’ wat ons geloof toets en louter tot die punt waar dit waarlik werk. Baie het geloof wat nog nie in die werklike lewe prakties of nuttig aangewend kan word nie. Wat kortkom is die louteringsproses.

Dit is onvoldoende om die Woord te ken of selfs die stem van God te hoor. Die Woord moet aktief ‘n reaksie veroorsaak voordat dit gelouter en bruikbaar is. Die fundamentele verskil tussen die Metafisiese Christene en Ware Christenskap is dit: Metafisiese Christene besluit vir hulleself wat hulle wil hê, of wat goed is vir hulle en hulle gebruik positiewe denke om hul doelwitte te bereik. Ware geloof hoor die stem van God, stel Sy wil was en soek dan geleentheid om dit in ondervinding om te skakel. Vals Christendom begin by die wil van die mens; Ware Christendon begin deur die wil van God te soek.

Dit is besonder moeilik, selfs vir Christene, om die verskil te verstaan. Geld (of goud self) maak nie ‘n verskil nie. Die verskil is ... wie se wil geskied? Laat ons ware goud bekom en nie staatmaak op die wêreld se ‘fool’s gold’ nie.


Koop Wit Klere

Die tweede deel van die raad wat Christus aan die gemeente in Laodicia in Openbaring 3:18 gegee het, was om ‘wit klere te koop’. Hierdie klere kan alleenlik met Koninkryksvaluta aangekoop word: goud gelouter deur vuur soos voorheen vermeld. Wit klere word gemaak van ‘fyn linne’ wat die ‘regverdige dade van die heiliges’ (Openbaring 19:8) is. Dit is die klere wat vereis word om God te bedien in die heiligdom (Levitikus 16:23). Sulke klere word gedra deur almal wat die werk van God doen. Hulle doen slegs wat hulle hul Vader sien doen.

Die rede waarom hierdie tipe klere aangekoop moet word, is dat ‘die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie’. Dit verwys na die tyd van Adam en Eva toe hulle naak was nadat hulle gesondig het. Van toe af was naaktheid ‘n Hebreeuse idioom vir sonde wat ten volle openbaar word (2 Korintiërs 5:3).

Aangesien Laodicia bekend was vir hul materiaalindustrie en vervaardiging van klere, sou almal wat in Johannes se dae hierdie boodskap gelees het, die ironie van hierdie raad begryp het. Soos mens kon kies tussen fisiese- of geestelike goud, kon mens ook kies tussen fisiese- en geestelike klere.


Oogsalf

Die derde item wat Christus hulle aangeraai het om te bekom, was ‘salf om [hul] oë te salf’. Ook was Laodicia bekend vir die salf wat hulle van Frigiese poeier vervaardig het. Dus was daar fisiese- en geestelike oogsalf. Mens benodig egter Koninkryksvaluta om geestelike oogsalf te koop wat geestelike blindheid kan genees.

By implikasie was geestelike goud (geloof gelouter deur vuur) nodig om die blindheid van Laodicia se gemeente te genees. Dit is dan ironies dat die Laodicia-gemeente blind was en dit nie besef het nie, ten spyte van die Pinksterherlewing wat aan die einde van die Filadelfia kerk-tydperk plaasgevind het.

Dit is juis omdat Christene Christus ontvang het en Pinksters deur die Heilige Gees gedoop was, dat hulle nie kon verstaan hoe hulle blind kan wees vir die woord van God en wat om hulle aangaan nie. Dit is vir hulle ondenkbaar. Dit is net so onverstaanbaar as wat dit was vir die godsdienstige leiers in Jesus se dae.

Tog het Jesus blinde oë genees om te bewys dat Hy ook die enigste Bron van genesing vir geestelike blindheid was. In Johannes 9 lees ons van ‘n man wat blind gebore was (Johannes 9:1) en hoe Jesus hom genees het. Dit was die sesde uit agt wondertekens in die evangelie van Johannes wat terloops ooreenstem met die agt dae van die Loofhuttefees.

Die blinde man is genees nadat hy die klei wat Jesus aan sy oë gesmeer het afgewas het. Die klei verteenwoordig die vlees, want ons is almal klei in die hande van die Pottebakker. Jesaja 64:8 sê:

8 But now, O Father, Thou art our Father; we are the clay, and thou art our potter; and all of us are the word of Thy hand.

8 Maar nou, Here, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand.

Deur klei op die oë van die blinde man te smeer (Johannes 9:6), het Jesus as Pottebakker opgetree wat ‘n houer uit klei formeer. Deur Sy opdrag aan die man om die klei af te was, het Jesus instruksie gegee hoe om van blindheid bevry te word. Daarin was dit een van die tekens wat ooreenstem met die Loofhuttefees en bewys dit ook dat blindheid nie gedurende Pinkster genees word nie, maar eerder gedurende Loofhutte. Die krag van die Heilige Gees werksaam gedurende Pinkster het baie blinde oë genees, maar geestelike blindheid kan net deur die krag van Loofhutte genees word. Dus put dié wat verlig is om die waarheid in die woord te sien direk uit die krag van Loofhutte.

Dit is die belofte wat aan oorwinnaars gemaak word. Die tipiese resultaat is ekskommunikasie uit die godsdienstige sisteem, soos die blinde man uit die sinagoge verban is (Johannes 9:34). Die blindes wil nie toelaat dat dié wat genees is, getuienis moet lewer nie. Dan sal die lig mense dalk hul blindheid laat erken en sodoende ander se trots skend.

Paulus verwys na hierdie tipe blindheid in terme van ‘n bedekking wat oor die oë van dié mense is wat Moses se geskrifte in die flou lig van die Ou Verbond lees (2 Korintiërs 3:14-15). Later sê hy in 2 Korintiërs 4:3-4,

3 And even if our gospel is veiled, it is veiled to those who are perishing, 4 in whose case the god of this world has blinded the minds of the unbelieving, that they might not see the light of the gospel of the glory of God in the face of Christ.

3 Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, 4 naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.

Hy gaan in vers 6 en 7 voort om ons met Gideon se weermag te vergelyk. Hulle het kleipotte gedra waaruit die lig geskyn het toe dit gebreek is:

6 For God, who said, ‘Light shall shine out of darkness,’ is the One who has shone in our hearts to give the light of knowledge of the glory of God in the face of Christ. 7 But we have this treasure in earthen vessels, that the surpassing greatness of the power may be of God and not from ourselves.

6 Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn - dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus. 7 Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees van God en nie uit ons nie.

Alle ware gelowiges het die lig van Christus in hulle, maar tot hul kleipotte nie gebreek is nie, bly die lig geheim of bedek. Blindheid is dus sigbaar in twee of drie soorte mense: (1) dié wat Ou Verbond oë en beperkte begrip het, (2) ‘ongelowiges’ oor die algemeen en (3) dié gelowiges waarvan die klei nog nie afgewas of kleipotte nog nie gebreek is nie.

Almal behou egter ‘n mate van blindheid tot die dag waarop die seuns van God ‘geopenbaar’ sal word. Oorwinnaars ontvang ewenwel ‘n voorsmaak van die Loofhuttefees gedurende Pasga en Pinkster.

In 2 Korintiërs 5:1-4 vergelyk Paulus hierdie openbaarwording met ‘n verandering van klere. Dit verbind die tema van ‘wit klere’ met die genesing van blindheid en die geestelike oogsalf wat die gemeente veronderstel was om te koop in Openbaring 3:18.


Goddelike Tugtiging

Onthou dat Openbaring 3:19 sê,

19 Those whom I love, I reprove and discipline; be zealous therefore, and repent.

19 Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.

Dissipline of tug is een ding waarvan die kerk as organisasie nie hou nie, tensy dit hulle is wat die dissiplinering of tugtiging toepas. Dissipline is nooit ‘n vrolike tyd nie, maar Hebreërs 12:11 sê:

11 All discipline for the moment seems not to be joyful, but sorrowful; yet to those who have been trained by it, afterwards it yields the peaceful fruit of righteousness.

11 Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.

Dit veronderstel dat sulke tugtiging nederig ontvang word, sodat ‘n mens se kleipot kan breek om die lig daarin te laat uitskyn. Die Woord waarsku egter dat party hardkoppig en opstandig bly en weier om deur sulke tugtiging (Deuteronomium 21:18) reggestel te word. Van dié sê Hebreërs 12:8 die volgende:

8 But if you are without discipline, of which all have become partakers, then you are illegitimate children and not sons.

8 Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.

Met ander woorde ons is almal deelgenote van goddelike tugtiging, maar party bly ‘sonder tugtiging’. Sulkes word bewys as ‘ongegte kinders en nie seuns nie’. ‘n Mens se reaksie op goddelike tugiging bewys uiteindelik jou status in die familie van God - erfgenaam of nie.


Christus Staan by die Deur

Openbaring 3:20 sê:

20 Behold, I stand at the door and knock; if anyone hears My voice and opens the door, I will come in to him, and will dine with him, and he with Me.

20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

Hierdie waarskuwing word spesifiek aan die Laodicia-kerk gegee, want dit is die laaste van die sewe gemeentes voor Sy wederkoms. Dit beroep ook persoonlik elke individu want ‘as iemand My stem hoor ...’. Aangsien blindheid en doofheid hand-aan-hand gaan, word ‘n mens se gehoor ook genees sodra blindheid genees word. Dit is die merk van ‘n oorwinnaar wat deur die Loofhuttefees aangeraak is.

Om saam met iemand te ‘eet’ volgens die Hebreeuse denkwyse, is dieselfde as gemeenskap of nagmaal. Westerse kultuur behou van die elemente van hierdie konsep, maar kom hoegenaamd nie naby die vlak van betekenis in die Skrif nie. Paulus sinspeel hierop in 1 Korintiërs 5:11, wanneer hy die gelowiges waarsku om nie saam met mense wat uit gewoonte sondig te ‘eet’ nie. Om nie te ‘eet’ nie is dieselfde as om ‘nie in hulle geselskap’ te verkeer nie.

Dit beteken nie dat gelowiges sulke mense moet vermy nie, maar eerder dat ons vlak van genootskap met hulle nie so noulettend sal wees dat dit nie ons Koninkrykleefstyl sal verander of beïnvloed nie. Vir elke individu moet hierdie veiligheidsmaatreël toegepas word volgens die krag en volwassenheid van die betrokke gelowige. Op dié manier kan gelowiges voortdurend van Christus getuig in ‘n wettelose wêreld.


Die Oorwinnaars se Beloning

Openbaring 3:21 sê:

21 He who overcomes, I will grant to him to sit down with Me on My throne, as I also overcame and sat down with My Father on His throne.

21 Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

Christus het homself reeds aan die gemeente van Laodicia voorgestel as ‘die Amen’ van God - die begin van die skepping. Dit spreek van die outoriteit van dubbelgetuienis: die eerste getuie vanuit die hemel en die tweede vanaf die aarde. Die eerste is afkomstig vanaf die Soewereine God, terwyl die tweede kom van Een met outoriteit - soewereiniteit is self afgelei, terwyl outoriteit deur ‘n hoër mag gemagtig word.

Aan die einde van die boodskap word die Laodicia gemeente uitgenooi om met Christus en Sy troon te identifiseer. Net die oorwinnaars kry dit egter reg, maar die uitnodiging is aan almal uitgestuur. Daar is ‘n voorgeskrewe pad wat voornemende oorwinnaars moet volg: Eers moet mens jouself met Christus in Sy dood identifiseer om sodoende in Sy opstanding vereenselwig te word (Romeine 6:5). Alleenlik dan kan mens kwalifiseer om in Sy hemelvaart na die troon geïdentifiseer te word, waar geestelike outoriteit toegestaan word.

Die gaping tussen opstanding, lewe en hemelvaart is gevul met goddelike tugtiging en voorbidding en word toenemend volgens die soewereine wil van God toegepas. (Sien my boek Principles of intercession, wat die vyf stappe na geestelike outoriteit aandui.) Jesus het hierdie pad gevolg en die patroon vir ons vasgestel, sodat ons in Sy voetspore kan volg.

Onegte kinders hoef nie op die uitnodiging te reageer nie.

Openbaring 3:22 sluit af,

22 He who has an ear, let him hear what the Spirit says to the churches.

22 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees vir die gemeentes sê.

Dit sluit die boodskappe aan die sewe gemeentes af.