God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 3: Filadelfia (1776 n.C. - 1914 n.C.)

Die oorspronklike stad Filadelfia was in 189 v.C. deur koning Eumenes II van Pergamos hernoem, as ‘n huldeblyk aan sy lojale broer. Philadelphos beteken letterlik ‘een wat sy broer liefhet’. Eumenes het regeer van 197 v.C. - 160 v.C. waarna sy broer Attalus II hom opgevolg, en van 159 v.C - 138 v.C. regeer het.

Na die dood van Eumenes het sy broerskind Attalus III die troon oorgeneem in 138 v.C - 133 v.C., maar hy het min belangstelling in koningskap gehad. Hy het verkies om medisyne, plantkunde en tuinbou te bestudeer. Met sy dood in 133 v.C. het hy geen erfgename gehad om die troon oor te neem nie. Hy het die stad aan Rome gewillig om ‘n burgeroorlog deur mededingende opvolgers te verhoed.

Filadelfia was een van ‘n dosyn stede wat byna heeltemal verwoes was in die geweldige aardbewing van 17 n.C. Die Romeinse keiser Tiberius het die stede vir ‘n tyd lank onthef van enige belastinglas en die dankbare burgers van Filadelfia het spesiale eerbewyse aan Tiberius betoon.

Miskien kan hierdie belastingverligting gesien word as ‘n subtiele teken van dinge vorentoe in die Amerikaanse Revolusie wat sonder verteenwoordiging as ‘n opstand teen belasting gewild gemaak is.


Die Amerikaanse Filadelfia

Amerika is ‘n politieke neweproduk van die Protestantse Revolusie. Johannes Kalvyn het ‘n eksperiment in die stad Geneva Switserland gedoen - hy het die grondslag van Christelike regering in praktyk gebring. Mense het daaruit die basiese beginsels geleer van hoe om ‘n Christelike Nasie te vestig. Dit bring ons by ‘n gebeurtenis in 1776 te Filadelfia in die Nuwe wêreld - die ondertekening van die ‘Declaration of Independence’ op 4 Julie 1776, wat die klimaks van die Protestantse denkwyse was in die tyd van die Sardis Kerk.

Verder was hierdie jaar belangrik, want dit was 2 520 jaar ná die begin van Israel se ballingskap en wegvoering deur die Assiriërs in 745 v.C. Soos ons aangedui het in hoofstuk 15 van Secrets of Time, was dit die tydstip toe die afstammelinge van die Huis van Israel, wat lank reeds van hul oorsprong uit Israel vergeet het, in ‘n nuwe nasie begin hervorm het onder die leuse e pluribus unum, ‘vanuit baie, een’.

Dit was beslis ‘n draaipunt in profetiese geskiedenis, hoewel die 40-Jubileum-wildernisreis van die kerk nog nie voltooi was nie. Tóg het die predikers van die tyd geglo dat dít die klipkoninkryk van Daniël 2:35 was wat verreis het. Hul optimisme en entoesiasme onder leiding van Timothy Dwight, die 8ste president van Yale Kollege vanaf 1795 - 1817, het hulle ‘n gevoel van bestemming en visie gegee - dat die Amerikaanse kerk die Koninkryk van God gevestig het. Hy het as president van Yale gedien toe Filadelfia nog die hoofstad was voor Washington D.C. in 1800 gebou is.

Soos geskiedenis egter nou wys was hierdie nuwe nasie, hoewel belangrik steeds onvolmaak. Hulle was onder beheer van vleeslike administrateurs wat nie die goddelike wette verstaan het wat nodig was om professië met betrekking tot die Koninkryk te vervul nie. Daar was nog ‘n Laodicea tydperk wat vir die kerk voorgelê het. Aangesien Laodicea die kerk gedurende die Babiloniese gevangenskap verteenwoordig, is die voorloper daarvan (Filadelfia) die kerk waarvan die ontoereikendheid aanleiding tot hierdie gevangenskap gegee het.


Drie Soorte Liefde

Daar is drie soorte liefde, waarvan twee in die Skrif onderskeidelik as phileo of ‘broederliefde’ en agapé of ‘goddelike liefde’ uitgedruk word. Die derde is eros wat bloot ‘fisiese aangetrokkenheid’ is, maar dit kom geensins in die Bybel voor nie. Phileo liefde is goed, maar beskryf ‘n liefde wat iemand anders net halfpad ontmoet.

Phileo gaan oor regverdigheid en geregtigheid, terwyl agapé vêrder as regverdigheid tot in onvoorwaardelike liefde strek. Wanneer ons hierdie terme op ons verhouding met God toepas, stem phileo ooreen met Pinkster, waarin ons gehoorsaamheid aan Sy wet en Sy lewenstandaard leer. Agapé daarteenoor omsluit die liefde van God en sodra ons hierdie tipe liefde openbaar, is ons in ooreenstemming met Hom.

Geestelike volwassenheid kan ook gemeet word aan ‘n mens se vermoë om lief te hê. Eros is die mees onvolwasse vorm van liefde en word uitgedruk as ‘n sterk wens wat deur ander bewaarheid moet word. Daarom is dit primêr selfsugtig, soos ‘n baba of kleuter. Phileo is ‘n 50/50 vennootskap, waar sibbe die beginsels van regverdigheid en geregtigheid in verhoudings leer. Agapé is volwasse liefde wat vrylik gee. Dit is liefde wat deur genade betoon word en is nodig om ‘n goeie ouer te wees. Sonder agapé kan ouers nooit hul kinders leer om die liefde van God te verstaan nie.

Philadelphos beteken ‘Stad van broederliefde’ of phileo liefde.


Filadelfia in Amerika

Die gemeente van Filadelfia (1776 - 1914) is duidelik in die groot Amerikaanse eksperiment. Die stigters het geglo in vryheid en wet. Die strewe was om anders as al die ander nasies, die kerk in ‘n phileo verhouding met hul burgers te bring. Vóór die Protestantse Reformasie het die wêreld maar weinig welwillende burgerlike- of godsdienstige heersers gesien. Die enigste voorbeeld wat hulle gehad het was van mense met selfsugtige belange wat nie die basiese beginsels van phileo geken het nie. Sulke leiers, biede burgerlik en godsdienstig, het slegs eros liefde geken - die begeerte dat hulle deur ander gedien word.

Die vestiging van Amerika in die stad Filadelfia was ‘n poging deur die mense om ‘n phileo-Christelike regering te stig. Dit was nie sleg nie, maar wel gebrekkig soos die daaropvolgende geskiedenis aandui. Ongeag die goeie kwaliteit van ons grondwet aan die begin en ongeag hoe regverdig ons wette was, is daar geen manier vir enige nasie om geregtigheid te handhaaf sonder godvresende administrateurs nie. Ons sien dit in die verhaal van Israel, die nasie met ‘n perfekte sisteem van wette oorgedra direk uit die mond van God - maar ‘n nasie wat agteruit gegaan het tot volslae afvalligheid as gevolg van goddelose leiers en ‘n immorele volk wat aangedring het op vryheid om te sondig.

Daar was baie in vroë Amerika met ‘n visie om die Koninkryk van God op aarde te bou. Maar hoe kan enige nasie sonder die manifestasie van die seuns van God (wat perfekte toepassers van die goddelike wet sou voortbring) enigiets anders doen as degenereer net soos die huis van Israel agteruit gegaan het in die Bybelse tyd?

Steeds was Amerika se stigting ‘n baie belangrike datum in die geskiedenis van die Koninkryk van God. Bloot omdat dit aan Christene ‘n nuwe visie gegee het vir die manifestasie van die Koninkryk van God op aarde soos dit reeds in die hemel is. Die grootste probleem was dat dit begin het in die dae van die kerk van Filadelfia, die sesde kerk-tydperk. Die 40-Jubileums van ‘Saul’ het nog nie sy volle gang geloop nie en om hierdie rede het die visie te vroeg gekom om fisies te realiseer.

Die Filadelfia gemeente is ook die Hiskia-kerk. Christus se boodskap aan hierdie gemeente put uit die lesse van koning Hiskia. Sy swak en sterk punte is duidelik sigbaar in die Nuwe Verbond kerk van Filadelfia. Indien die Filadelfia gemeente die Gees van sterkte of mag kon volg, sou hulle die probleme van hul tyd kon oorwin. Net die oorwinnaars sou egter in hierdie tydperk werklik die ‘sterkte’ hê om in ooreenstemming met God te kom. Soos ons binnekort sal sien is dit die rede waarom die Filadelfia kerk-tydperk in gevangenskap eindig, net soos die Ou Verbond Hiskia-kerk in ballingskap onder Babilon geëindig het.


Die Boodskap aan Filadelfia

In Openbaring 3:7 begin Christus se boodskap:

7 And to the angel of the church in Philadephia write: He who is holy, who is true, who has the key of David, who opens and no one will shut, and who shuts and no one opens, says this:.

7 En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfia: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie.

Hier stel Christus Homself voor as die een wat beide ‘heilig’ (hagios) en ‘waaragtig’ (alethinos) is. Om ‘heilig’ te wees beteken om vir God afgesonder te wees en dat jy die eerbied waardig is. Om ‘waaragtig’ te wees beteken dat iemand nie net die ooreenstemmende naam het nie, maar ook die ware aard daarvan openbaar. Dit is in elke opsig gelykstaande aan die insig in Sy Naam. Om waaragtig te wees kontrasteer met fiktief, vervals, veins, denkbeeldig en voorwendsel.

Christus stel die standaard van die maatstaf vir hierdie gemeente deur Homself as sulks voor te stel. Om ‘n oorwinnaar te wees beteken om die gees van godsdienstige veinsery en skeinheilige voorwendsel te oorkom en in volle instemming tot en harmonie met Christus se aard te kom.

Net soos die Sardis gemeente in 1517 ‘n keerpunt in kerkgeskiedenis aangedui het, so ook het die Filadelfia gemeente die standaard van God se verwagting verhoog. Filadelfia moes van geregtelike liefde (phileo) na volle goddelike liefde (agapé) oorgaan. Gelowiges moes leer om mekaar regverdig te behandel, terwyl hulle volwasse word in agapé liefde. Geskiedenis bewys ongelukkig dat die minderheid oorwinnaars geword het.


Die Magstryd

Openbaring 3:7 praat ook van ‘n nuwe deur wat vir die kerk oopgemaak sou word. Dit is soos die deur in die verhaal van Hiskia, wat sy rentmeester Sebna vervang het met Eljakim, wat hierdie posisie van outoriteit waardig was. Die verhaal word in Jesaja 22:15-25 vertel. Sebna word in vers 15 aan ons voorgestel as ‘daardie bestuurder ... wat oor die paleis is’.

In Jesaja 22:18 spreek die profeet hom aan as ‘skandvlek van die huis van [sy] heer’. Ons weet nie waarom Sebna ‘n skandvlek van Dawid se huis was nie, maar vroeër in 2 Konings 18:18 lees ons dat Sebna ‘n skrywer was en dat Eljakim oor die paleis was. Dit was beslis vóór Sebna se ondergang, omdat dit na aanleiding van Jesaja se verskriklike woorde onwaarskynlik is dat hy na die posisie van skrywer degradeer was. Hy was uitgegooi en verban (Jesaja 22:18) nadat hy in skande verval het.

Dit kom dus voor of Sebna op ‘n stadium die posisie van Eljakim werregtelik geëien het, moontlik deur Eljakim valslik van onbeskeidenheid aan te kla. Nadat die waarheid egter aan die lig gekom het is Sebna verban en Eljakim in sy vorige posisie herstel. Dit kom voor of Jesaja kennis van die probleem gedra het en Eljakim ondersteun het, want hy profeteer in Jesaja 22:20-21:

20 Then it will come about in that day, that I will summon My servant Eliakim the son of Hilkiah; 21 and I will clothe him with your [Shebna’s] tunic, and tie your sash securely about him. I will entrust him with your authority, and he will become a father to the inhabitants of Jerusalem and to the house of Juda.

20 En in dié dag sal ek my kneg Eljakim, die seun van Hilkia, roep; 21 en Ek sal hom jou rok [Sebna s’n] aantrek en hom gord met jou gordel, en jou mag sal Ek in sy hand lê, en hy sal vir die inwoners van Jerusalem en vir die huis van Juda ‘n vader wees.

Aangesien dit ‘n profesie oor ‘n toekomstige gebeurtenis was, weet ons dat Jesaja hierdie openbaring ontvang het terwyl Sebna nog bestuurder van die paleis was. Die profeet het dus die waarheid geweet nog voordat koning Hiskia dit ontdek het.


Die Deur en die Sleutel van Dawid

Jesaja het profeteer dat Hiskia die sleutel van Dawid van Sebna sou wegneem en aan Eljakim sou gee wat hierdie vertrouensposisie in die huis van Dawid waardig was. Jesaja 22:22 sê:

22 Then I will set the key of the house of David on his shoulder, When he opens, no one will shut; when he shuts, no one will open.

22 En Ek sal die sleutel van die huis van Dawid op sy skouer lê; en hy sal oopmaak, en niemand sal sluit nie; en hy sal sluit, en niemand sal oopmaak nie.

Dít is die vers waarna verwys word in Openbaring 3:8 deur Christus se boodskap aan die gemeente van Filadelfia wat sê:

8 I know your deeds. Behold I have put before you an open door which no one can shut, because you have little power [dunamis, ‘strength, power, ability], and have kept My word, and have not denied My name.

8 Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag [dunamis, sterkte, mag, vermoë] en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie.

Met ander woorde, Jesaja se profesie is nie alleen van toepassing in die Hiskia-situasie nie, maar ook op die Filadelfia kerk-tydperk. Hiskia se naam beteken ‘sterkte van Yahweh’. Sy naam is afgelei van die stamwoord chazak, ‘om te versterk, te seëvier of sterk te wees’. Christus sê van die Filadelfia kerk dat dit sterk is net soos die Hiskia-kerk sterk was - ‘jy het bietjie krag’, of ‘seëvier’.

Hiskia se sterkte was in die feit dat hy ‘n goddelike koning was want ‘hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here net soos sy vader Dawid gedoen het’ (2 Konings 18:3). 2 Konings 18:5-7 sê:

5 He trusted in the Lord, the God of Israel; so that after him there was none like him among all the kings of Juda, nor among those who were before him. 6 For he clung to the Lord; he did not depart from following Him, but he kept His commandments, which the Lord had commanded Moses. 7 And the Lord was with him; wherever he went he prospered.

5 Hy het op die Here, die God van Israel, vertrou, sodat onder al die konings van Juda ná hom en die wat voor hom gewees het, niemand soos hy was nie. 6 Ja, hy het die Here aangehang sonder om van Hom af te wyk en sy gebooie onderhou wat die Here Moses beveel het. 7 En die Here was met hom; waar hy ook heen uittrek, was hy voorspoedig ...

Met ander woorde: Hy was die beste koning van Juda sedert Dawid homself. Die Hiskia-kerk het dus ‘n tydperk van voorspoed beleef na aanleiding van sy goddelike krag. Soortgelyk het die Amerikaanse eksperiment van 1776 wat in Filadelfia begin het, ‘n tydperk van nasionale voorspoed en krag ervaar. Dit was openlik gestig as ‘n Christelike Republiek, soos die gevolglike uitsprake van die hooggeregshof beweer het en was gegrond in die wet van die natuur en die natuur se God, met ander woorde: die Skepper daarvan.

Dit was asof die wêreld deur hierdie nasie ‘n geopende deur ontvang het. Die onderdrukte burgers van Europa het met ontsag en vreugde na Amerika gekyk, terwyl die leiers van die ou Romeinse kerkorde bevrees was dat hul eie nasies sou opstaan en ‘n soortgelyke regering sou vereis. Daardie ou magte het spoedig die leisels van die nuwe Amerikaanse regering en die mag daarvan wederregtelik oorgeneem, sodat hulle die harte van die mense kon terug draai na afgodery en onsedelikheid.

Deur te weier om die wet volkome en onpartydig op alle mense toe te pas, was ‘n ernstige ondermyning van die wet van God. Slawerny was van die begin af ‘n verdelende kwessie - ook net omdat een van die twee afgevaardigdes van New Jersey versuim het om op te daag vir die deurslaggewende stem (of slawerny deel moes vorm van die grondwet of nie). Op daardie stadium moes beide afgevaardigdes van ‘n staat teenwoordig wees vir enige van hul stemme om te tel. Beide die New Jersey afgevaardigdes was teen slawerny gekant, maar omdat een nie teenwoordig was nie, was die ander een se stem ook verlore. So was die klousule wat slawerny verbied het dus verlore en soos die burgeroorlogsgeneraal John A. Logan later in sy boek The Great Controversy, p. 4 geskryf het:

‘Thus was lost the great opportunity of restricting Slavery to the existing Slave States, and of settling the question peaceably for all time’.

Vertaal uit Engels:

‘So is die gulde geleentheid verbeur om slawerny te beperk tot die bestaande Slawerny-State, en om die vraag vir altyd vreedsaam op te los’.

Beide die slawerny-vraagstuk en verhoudings met inheemse Amerikaanse mense was die hoof swakhede van die Amerikaanse nasie en die Filadelfia-kerk. Op daardie stadium was Bybelwette al vir twee eeue intensief bestudeer, maar hul standpunt was hoofsaaklik gebaseer op die Ou Verbond. Sonder werklike insig van die Nuwe Verbond, kon hulle nie behoorlik onderskei tussen die krag van die fisiese swaard en die krag van die geestelike swaard nie.

Dus het hulle mense met fisiese geweld oorwin en dié wat hulle oorwin het aan slawerny onderwerp. As hulle die krag van die geestelike swaard besef het, sou hulle dit gebruik het om mense te bevry eerder as om hulle te verslaaf. Die beginsel van broederliefde was beperk tot wit mense en baie (veral dié in die regering en in die regstelsel) het nie-blankes nie as ‘mense’ geag in die wetlike sin nie.

Daarom het die regering geglo dat dit vry was om enige verdrag met Indiaanse stamme te oortree, want hulle was nie in die wetlike definisie van ‘mense’ ingesluit toe die verdrae geskryf is nie. Dus was slegs die oorwinnaars daartoe in staat om die standaard van heiligheid en waarheid te behaal, soos die Een wat die boodskap aan die gemeente van Filadelfia voorgehou het.

Die sleutel van Dawid is agapé liefde - Dawid se naam beteken ‘liefde’, daarom is sy sleutel die sleutel van liefde. Die liefde van God is onpartydig want Jakobus 2:8-9 sê:

8 If, however, you are fulfilling the royal law, according to the Scripture, ‘You shall love your neighbour as yourself,’ you are doing well. 9 But if you show partiality, you are committing sin and are convicted by the law as transgressors.

8 As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself - dan doen julle goed . 9 Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf.

Geskiedenis bewys dat die wet van liefde die sleutel van Dawid was wat vir die gemeente van Filadelfia aangebied was vanaf 1776 - 1914. Tog het die kerk van boederliefde gefaal om die basiese beginsel van phileo liefde te verstaan in hul studie van die goddelike wet. Omdat hulle as ‘n geheel nie die sleutel wat die deur heeltemal sou oopsluit begryp het nie, het die Filadelfia kerk-tydperk in ballingskap geëindig, net soos die Hiskia-kerk in ballingskap onder Babilon geëindig het.


Die Jode Wat Nie Jode Is Nie

Openbaring 3:9 sê:

9 Behold, I will cause those of the synagogue of Satan, who say that they are Jews, and are not, but lie - behold, I will make them to come and to bow down at your feet, and to know that I have loved you.

9 Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg - Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.

Hierdie is ‘n uitgebreide weergawe van Openbaring 2:9 wat ons in ons studie van die Smirna gemeente teëgekom het. Die Smirna gemeente was die Nuwe Verbond ekwivalent van die Korag gemeente. Korag het teen Moses en Aäron gerebelleer en geblyk om ‘n wederstrewige aanmatiger te wees. Hy was ambisieus en wou die hoërpriester wees al het God hom nie geroep om dit te wees nie. Dus was hy van die ‘sinagoge van die Satan’ (of teëstander) van sy dag - iemand wat homself die outoriteit van iemand anders se roeping wou aanmatig.

Dieselfde geestelike probleem het in Smirna opgeduik en ‘n soortgelyke probleem het in die kerk van Filadelfia verrys. Profeties gesproke verteenwoordig dit egter ‘n ander kerk-tydperk. In die Hiskia-kerk onder die Ou Verbond was Sebna hoof oor die koninklike huishouding - die aanmatiger. Hy het die posisie van Eljakim vir ‘n tyd lank wederregtelik geëien, maar Jesaja het geprofeteer dat die situasie reggestel sou word, omdat Eljakim werklik geroep was om daardie posisie van outoriteit te beklee.

Gedurende die Filadelfia kerk-tydperk (1776 - 1914) vind ons ‘n breër vervulling van hierdie Ou Testamentiese verhaal van Sebna en Eljakim. Die tema verskuif van Korag wat die priestersamp begeer het, na Sebna wat die sleutel van Dawid wou hê. Letterlik gesproke was dit die sleutel tot die koninklike tesourie, wat alles waarvoor die rentmeester verantwoordelik was befonds het.


Moderne Sebna in Profesie

Die Rothschild familie - Joodse bankiere - vervul die rol van ‘Sebna’ in die Filadelfia tydperk wat ‘voogde van die pouslike skat’ geword het. The Jewish Encyclopedia, Vol. X, onder die opskrif: ‘Rothschild’ vertel vir ons:

‘Meanwhile the Nationalist and Reactionary parties in France desired to counterbalance the ‘Semitic’ influence of the Rothschilds by establishing a banking concern which should be essentially Catholic. Accordingly in 1876 the Union Générale was founded with a capital of 4, 000, 000 francs, increased to 25, 000, 000 francs in 1878 under the direction of a certain Bontoux. After various vicissitudes, graphically described by Zola in his novel ‘L’Argent’, the Union failed, and brought many of the Catholic nobility of France to ruin, leaving the Rothschilds still more absolutely the undisputed leaders of French finance, but leaving also a legacy of hatred which had much influence on the growth of the anti-Semitic movement in France. Something analogus occured in England when the century-long competition of the Barings and the Rothschilds culminated in the failure of the former in 1893; but in this case the Rothschilds came to the rescue of their rivals and prevented a universal financial catastrophe. It is a somewhat curious sequel to the attempt to set up a Catholic competitor to the Rothschilds that at the present time the latter are the guardians of the papal treasure’.

http://www.jewishencyclopedia.com/articles/12909-rothschild

Vertaal uit Engels:

‘Intussen het die Nasionalistiese en Reaksionêre partye in Frankryk begeer om die Semitiese invloed van die Rothschilds teë te werk, deur ‘n bankonderneming te stig wat in wese Katoliek moes wees. Gevolglik is die ‘Union Générale’ in 1876 gestig met ‘n kapitaal van 4, 000, 000 frank, wat na 25, 000, 000 frank verhoog is in 1878, onder leiding van ‘n sekere Bontoux. Ná verskeie wisselvallighede, grafies beskryf deur Zola in sy roman ‘L’Argent’, het die Unie gefaal en baie van die Katolieke adel van Frankryk het tot niet gegaan. Dit het die Rothschilds nog meer absoluut die onbestwiste leiers van Franse finansiering gemaak. ‘n Nalatenskap van haat het ‘n groot invloed op die groei van die anti-Semitiese beweging in Frankryk gehad. Iets soortgelyk het in Engeland plaasgevind toe die eeu-lange kompetisie tussen Barings en die Rothschilds ‘n hoogtepunt bereik het met eersgenoemde se mislukking in 1893; maar in hierdie geval het die Rothschilds tot die redding van hul mededingers gekom en ‘n universele finansiële ramp voorkom. Dit is ‘n ietwat eienaardige vervolg op die poging om ‘n Katolieke mededinger vir die Rothschilds op te stel dat laasgenoemde tans die voogde van die pouslike skat is.’

Met ander woorde: die Rothschilds het finansiële rentmeesters van die Vatikaan se rykdom geword met die sleutel tot die tesourie van die Romeinse Kerk. Die Europese magte van 1815 wat die ‘Heilige Alliansie’ by die Kongres van Wene onderteken het, het die Rothschild bankiere as voogde oor alle pouslike besittings aangestel vir ‘n tydperk van 99 jaar.

Om te verstaan presies wat ‘n voog is, is deurslaggewend. Black’s Law Dictionary definieer wat ‘n voog is:

‘A guardian is a person lawfully invested with the power, and charged with the duty, of taking care of the person and managing the property and rights of another person who, for some peculiarity of status, or defect of age, understanding, or self-control, is considered incapable of administring his own affairs.’

Vertaal uit Engles:

‘’n Voog is ‘n persoon wettig met die krag belê, en belas met die plig van versorging van die persoon en bestuur van die besittings en regte van ‘n ander persoon wat vir een of ander eienaardigheid van status, of ouderdomsgebrek, begrip, of selfbeheersing, as onbekwaam beskou word om sy eie sake te administreer.’

As gevolg van korrupsie en die ondermynende manier waarop die Romeinse Kerk sy hulpbronne aangewend het, het Napoleon die pous in 1789 gevange geneem, die pousdom vir ‘n tyd lank afgeskaf en later weer opgerig. Na Napoleon se nederlaag het die ander hoofmagte van Europa (Rusland, Duitsland en Oostenryk) in Wene byeengekom om die kaart van Europa oor te teken en ook om oor die lot van die Romeinse Kerk te besluit. Soos The Jewish Encyclopedia vir ons vertel, het hulle die Vatikaan onder wettige voogdyskap van die Rothschild banke geplaas, sodat die kerk nie kon voortgaan om die monarge van Europa te ondermyn nie.

Wanneer hierdie instelling in aanvang geneem het word nie genoem nie, maar die artikel hierbo impliseer dat ‘n Katolieke bank - Union Générale - opgerig is in 1876 om met die Joodse Rothschild banke te kompeteer wat voor dít die pouslike skat wou beheer. Volgens die ‘Heilige Alliansie’ was die Rothschilds die logiese kandidaat as ‘bankier’ (Neall Ferguson, The House of Rothschild, Vol. II, p. 127) om as voog van die pouslike skat op te tree. Die probleem was natuurlik dat die Rothschilds hierdie mag gebruik het vir persoonlike gewin en om die stigting van ‘n vals ‘Israel’ in 1948 te bevorder.

Dus het die Rothschilds hul vertrouensposisie gebruik om Juda te vervang met dié wat voorgee om Jode te wees, maar dit nie is nie (Openbaring 3:9). Hierdie geval is in die profetiese voorbeeld gesien met die verhaal van Sebna in die dae van koning Hiskia. Die vervulling daarvan het in die gemeente van Filadelfia (die Hiskia kerk-tydperk) plaasgevind.

Soos ons later sal sien, voorsien hierdie situasie ons van ‘n opsomming met betrekking tot die profetiese geskiedenis van die tweede dier van Openbaring 13 wat nog openbaar moet word. Die dier wat ‘uit die aarde opkom’ is ‘n bank-dier wat ‘n alliansie vorm met die eerste (pouslike, godsdienstige) dier ‘wat uit die see opkom’ (Heilige see).

Dit punt is die volgende: die Rothschilds het die rol van Sebna vertolk in die Filadelfia- en Laodicea kerk-tydperk - en daarna. Hulle is dié wat sê dat hulle Jode is, ‘maar dit nie is nie’. Openbaring 3:9 bewys dat hulle omvergewerp en vervang word deur ‘n profetiese ‘Eljakim’ - dié wat werklik geroepe is as oorwinnaars om die sleutel van Dawid te ontvang. Hulle is dié wat die Koninkryk deur liefde bestuur eerder as deur persoonlike gierigheid of rassevooroordeel en partydigheid.


Die Uur van Beproewing

Openbaring 3:10 gaan voort:

10 Because you have kept the word of My perseverance, I also will keep you from the hour of testing, that hour that is about to come upon the whole world, to test those who dwell upon the earth.

10 Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar vir die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

Die ‘uur van beproewing’ het vanuit ‘n profetiese oogpunt in 1914 begin met die eerste Wêreld Oorlog en die aanvaarding van die Federale Reserwewet, wat die wêreld in slawerny van Geheime Babilon geplaas het. Die Federale Reserwebank word besit deur 12 bankier-families in alliansie met die Vatikaan. Dít was die kroon op die prestasie van die onheilige alliansie tussen die dier uit die see en die dier uit die aarde.

God het beloof dat die Filadelfia gemeente die uur van beproewing sou vryspring en dat die finale kerk-tydperk dit sou beleef. Laodicea is die gemeente in ballingskap. Ons sien dit met Hiskia - hy is van gevangenskap gespaar, hoewel die Assiriërs Jerusalem omsingel het en die meeste van die Judeërs uit die omliggende gemeenskappe gedeporteer het (2 Konings 18:13). Jerusalem is gespaar (2 Konings 19:15-16), omdat Hiskia hom tot God gewend het.

God het egter steeds Hiskia se ‘sterkte’ getoets toe die gesante van die koning van Babel na Jerusalem gekom het, nadat hulle van Hiskia se wonderbaarlike genesing te hore gekom het. Op die oomblik van sy genesing het God die son 10 grade op die sonwyser agteruit laat skuif as ‘n teken aan hom (2 Konings 20:11). Die Babelse sterrekundiges het ongetwyfeld hiervan kennis geneem en gesante gestuur om die gerugte te ondersoek (2 Konings 20:12).

In 2 Kronieke 32:31 lees ons dat God Hiskia getoets het deur hierdie besoek.

31 And even in the matter of the envoys of the rulers of Babilon, who sent to him to inquire of the wonder that had happened in the land, God left him alone only to test him, that He might know all that was in his heart .

31 So ook in die geval van die gesante van die vorste van Babel - wat na hom gestuur het om ondersoek te doen na die wonderteken wat in die land gebeur het - het God hom net verlaat om hom op die proef te stel, om te weet alles wat in sy hart was.

Hiskia het dwaas alles in sy skatkamers vir die Babelse gesante gewys. 2 Konings 20:13 sê ‘daar was niks in sy huis of in sy hele ryk wat Hiskia hulle nie laat sien het nie’. Gevolglik het Jesaja hom in 2 Konings 20:17 ingelig:

17 ‘Behold the days are coming when all that is in your house, and all that your fathers have laid up in store to this day shall be carried to Babylon; nothing shall be left,’ says the Lord.

17 Kyk daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders tot vandag toe opgehoop het, na Babel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie, sê die Here.

Dit is wat die Gees van Sterkte aan Hiskia gesê het - Hiskia beteken ‘sterkte van Yahweh’. Die Gees van Sterkte het Hiskia getoets en hoewel hy ‘n goddelike koning was, het hy nie hierdie toets geslaag nie - moontlik as gevolg van sy trots of afhanklikheid van sy rykdom. Tog het Hiskia hom aan die woord van God onderwerp en hy was verlig dat God besluit het om die oordeel uit te stel tot na sy dood (2 Konings 20:19).

19 Then Hezekiah said to Isaiah, ‘The word of the Lord which you have spoken is good.’ For he thought, ‘Is it not so, if there shall be peace and truth in my days?’.

19 Toe sê Hiskia vir Jesaja: Die woord van die Here wat u gespreek het, is goed. Ook sê hy: Waarom dan nie, as daar maar vrede en bestendigheid in my dae sal wees!

So is Hiskia dan die oordeel oor Juda en Jerusalem waar Babilon hulle gevange sou neem gespaar. Al hierdie dinge was ‘n profetiese patroon vir ‘n tyd in die toekoms van die gemeentes van Filadelfia en Laodicea. Filadelfia is gespaar, maar het dwaas die fondasie gelê vir die gevangenskap van die Laodicia-kerk wat in 1914 begin het.

Die les word in Openbaring 3:11 deurgegee:

11 I am coming quickly; hold fast what you have, in order that no one take your crown.

11 Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.

Die Babiloniërs kon nie Hiskia se kroon neem nie, maar het wel kort daarna die kroon van Juda afgeneem. Op dieselfde manier is ‘n waarskuwing gegee aan die Filadelfia-kerk. Die implikasie is dat die Laodicia-kerk onttroon en gevange geneem sou word, as gevolg van die wortel van geestelike hoogmoed wat tydens die Filadelfia-tydperk ontstaan het. Hulle was trots op hul rykdom en welvaart opgehoop deur ‘n onheilige alliansie met die Rothschild banke.


Die Pilare van die Tempel

Openbaring 3:12-13 lewer die slotboodskap aan die Filadelfia kerk:

12 He who overcomes, I will make him a pillar in the temple of my God, and he will not go out from it anymore; and I will write upon him the name of My God, and the name of the city of My God, the new Jerusalem, which comes down out of heaven from My God, and My new name. 13 He who has an ear, let him hear what the Spirit says to the churches.

12 Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Nuwe naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam. 13 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

Die oorwinaars sal pilare in die tempel van God word. Wat beteken dit?

Daar was twee pilare in die tempel van Salomo - Jagin en Boas. 1 Konings 7:21 sê:

21 Thus set up the pillars at the porch of the nave; and he set up the right pillar and named it Jachin, and he set up the left pillar and named it Boaz.

21 En hy het die pilare opgerig by die voorportaal van die hoofsaal. Toe hy die regterpilaar opgerig het, noem hy dit Jagin; en toe hy die linkerpilaar opgerig het, noem hy dit Boas.

Hierdie twee pilare het by die ingang van die tempel gestaan, sodat die priesters tussen hulle moes deurgaan om die Heiligdom te betree. Die belofte aan die oorwinnaars is dat hulle die Heiligdom sal betree en hulle sal ‘daar nooit weer uitgaan nie’. Dit beteken dat hulle hul eindbestemming sal bereik in die teenwoordigheid van God vir eens en vir altyd en hulle sal nooit weer Sy teenwoordigheid verloor nie.

Teenstanders het deur die eeue heen gekom en gegaan. Dit kom voor of die Heilige Gees menigmaal gedurende verskeie tye en op vele plekke uitgestort was, maar elke keer eindig die seisoen en dan gaan dinge terug na ‘normaal’. Die persepsie van baie gelowiges is vandag nog dat hulle kerk toe moet gaan om in die teenwoordigheid van God te kan wees. Die kerk word voorgestel as God se tuiste en daarom ook as ‘heilige grond’. Daar sing, loof en aanbid hulle God vir ‘n kort rukkie een- of twee keer ‘n week om in ‘Sy teenwoordigheid’ te wees. Dan verlaat hulle daardie plek en keer terug na ‘normaal’, net om weer ‘n week later na ‘Sy teenwoordigheid’ terug te keer.

Ek het nog altyd gewonder waarom hulle dit nodig vind om na ‘n kerk te gaan om in die teenwoordigheid van God te wees. Behoort ons nie God se teenwoordigheid aanhoudend te ervaar sonder onderbreking nie? Is ons nie die tempel van God nie? Ons behoort nooit God se teenwoordigheid te verlaat nie, ongeag waar ons ons bevind of waarmee ons besig is nie. Om die waarheid te sê moet ons die teenwoordigheid van God saam met ons kerk toe te neem, sodat dié wat dit net tydelik een- of twee keer per week ervaar, voordeel kan trek.

Oorwinnaars gaan die tempel van God binne en kom nooit weer uit nie. Hulle is konstant bewus van Sy teenwoordigheid, selfs wanneer hul fokus op ander dinge is. Jesus vorm die konteks van hul lewens. Al hulle aktiwiteite word binne die raamwerk van God se wil, hul roeping en die uiteindelike vestiging van die Koninkryk gedoen.

Oorwinnaars as pilare van die tempel dui die plek aan waar ander mag inkom. Hulle word voorgehou as die maatstaf - getuies van Christus, wat ander deur hul voorbeeld wys hoe om in die plek te gaan waar hulle ook die voortdurende teenwoordigheid van God kan ervaar. As sodanig wys hulle die weg na die tempel aan. Die twee pilare van Salomo se tempel was dubbel getuienis van die teenwoordigheid van Jesus Christus.


Boas, die Pilaar van Christus se eerste koms

Hierdie twee pilare profeteer van Christus se eerste- en tweede koms. Die eerste pilaar wat ons bespreek was Boas genoem. Dit is vernoem na die voorvader van Dawid wie se verhaal in die boek Rut vertel word. Boas was die primêre voorbeeld van ‘n bloedverwant-verlosser wat geroep is om ‘n erfgenaam van die verlore eiendom in Betlehem voort te bring. Dit was die uitbeelding van die wet van seunskap in lewende lywe (Deuteronomium 25:5-10).

Hierdie wet profeteer van Nuwe Verbond feite. Jesus het aarde toe gekom as bloedverwant-verlosser, maar het kinderloos gesterwe. Volgens wet moet ons wat Sy ‘broers’ is (Hebreërs 2:11) dan namens ons ouer ‘Broer’ kinders verwek. Ons word geroep om ‘n ‘naam in stand te hou’ vir ons Broer (Deuteronomium 25:7) en om die ‘huis van [Jesus] te bou’ (Deuteronomium 25:9).

Nuwe Testament geskrifte dui daarop dat ons verwek is deur die saad van die woord (evangelie) sodat ons ‘Christus in ons’ in volle termyn geboorte kan manifesteer. Dit is hoe ons hierdie wet vandag vervul en dié wat dit doen is soos Boas, wat op sy beurt ‘n pilaar in die tempel van My God is.

Jagin, die Pilaar van Christus se tweede koms

Die ander pilaar was Jagin genoem - ‘Hy sal bekragtig’. Alles is van krag op die verklaring van twee of drie getuies (Deuteronomium 19:15; 2 Korintiërs 13:1). Dit verg twee pilare om die teenwoordigheid van Christus op aarde te ‘bekragtig’. Dus het Christus die eerste keer gekom as Boas - bloedverwant-verlosser. Die tweede koms ‘bekragtig’ Sy teenwoordigheid in die wettige sin. Dit beteken egter nie dat Hy afwesig is in die volle sin van die woord nie, Hy was nog altyd teenwoordig op aarde vanuit ‘n geestelike standpunt - tog het Hy na die hemel opgevaar om ‘na ‘n ver land te reis ... en dan terug te kom’ (Lukas 19:12).

Sy tweede koms ‘bekragtig’ dus Sy teenwoordigheid op ‘n meer tasbare manier en Sy twee komste word profeteer deur die wet van dubbelgetuienis. Hy het inderdaad drie maal gekom as ons Sy verskeining by die Berg Sinaï inreken waar Hy ‘gekom [het] van heilige tienduisende af’ (Deuteronomium 33:2). Dit word bevestig in Judas 1:14. Dus is die wet vervul deur twee of drie getuies.

Die pilare van die tempel getuig van Christus se komste. Die oorwinnaars getuig deur hul manier van lewe dat hulle tempels van God is en van die teenwoordigheid van God in hulle. Op hierdie vlak vorm die liggaam van oorwinnaars die dubbelgetuienis van Christus se teenwoordigheid. Hulle is nie deeltydse gelowiges soos baie Christene is nie. Hulle gaan nie ‘kerk’ toe om in God se teenwoordigheid te kan wees nie - hulle ís die ‘kerk’. Hulle het gemeenskap met ander en bring God se teenwoordigheid na dié wat dit kortkom.


Die Nuwe Name

Op die oorwinnaars sal ‘die naam van my God ... en die naam van die stad van my God’ geskryf word. Volgens Hebreeuse denkwyse word mens se natuur deur ‘n naam openbaar. In die dae van Salomo was die name van die pilare Boas en Jagin. Onder die Nuwe Verbond openbaar die oorwinnaars die natuur van Yeshua (‘verlosser’) en die Nuwe Jerusalem.

In Galasiërs 4:22-31 verduidelik Paulus die verskil tussen Ou- en Nuwe Jerusalem. Die aardse Jerusalem - die fisiese stad is nie die erfgenaam van die Koninkryk nie, want dit is ‘Hagar’ die slavin ‘en is met haar kinders saam in slawerny’ (Galasiërs 4:25). Slawe is nie erfgename nie, al is hulle gelowiges. Van die Nuwe Jerusalem of profetiese ‘Sarah’ word gesê dat sy ‘ons moeder’ is (Galasiërs 4:26). Jode wat in Judaïsme bly en Christelike Sioniste, is dié wat die ou Jerusalem eis as hul moeder en die hoofstad van die Koninkryk. Hulle eer hul moeder en bid dat sy die moeder van die uitverkorenes sal wees. Hierdie gebed sal egter nie beantwoord word nie, want Paulus skryf in Galasiërs 4:30:

30 But what does the Scripture say? ‘Cast out the bondwoman and her son, for the son of the bondwoman shall not be an heir with the son of the free woman.

30 Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie.

Dié wat op die vlees staatmaak met die aardse Jerusalem as hul moeder is geestelike Ismaeliete, maar hulle word geleentheid gegee om ‘n ander moeder te eis en ‘n ander identiteit te bekom in die opnames van die goddelike hof. Mense wat dit doen mag ‘n nuwe naam kry, dié van die nuwe Jerusalem wat (soos ons in Openbaring 3:12 sien) een van die kentekens van die oorwinnaars is.

Gedurende die Filadelfia kerk-tydperk (1776 - 1914), terwyl die Rothschild bankstelsel die ‘voogde van die pouslike skat’ geword het, was een van die hoof Rothschild-doele om ‘n Joodse staat in Palestina te vestig. Dit was om presies hierdie rede dat die brief bekend as ‘The Balfour Declaration’ in 1917 deur die Britse minister van buitelandse sake - Lord Arthur Balfour - aan Lionel Rothschild gestuur is. Hulle het namens hul geestelike moeder opgetree - in Ou Jerusalem se belang.

Ten einde hierdie doel te bereik het hulle dit nodig geag om binne die Christengemeenskap te werk te gaan om sodoende die Christendenkwyse te verander. Hulle het die kerk oorreed om te dink dat die Ou Jerusalem die hoofstad van die Koninkryk gaan wees en so ondersteuning vir ‘n Joodse staat, met ‘n aardse tempel waarvandaan Christus oor die aarde sal heers, onder Christene verwerf. Om Christene met hierdie nuwe siening te indoktrineer, het hulle C.I. Scofield befonds om ‘n Studiebybel te skryf wat notas ter ondersteuning van ‘n Joodse staat ingesluit het. Hierdie taktiek het baie goed gewerk en vandag glo ‘n menigte Christene verkeerdelik dat die Joodste staat genaamd ‘Israel’ in werklikheid die vervulling van Bybelprofesie met betrekking tot Israel is.

Min Christene is deesdae bewus daarvan dat Israel en Juda twee nasies met twee verskillende profesieë en lotgevalle is. Vir die meeste van hulle is die terme Jood en Israel sinoniem en die Nuwe Jerusalem is bloot ‘n gerestoureerde aardse Jerusalem.

Uit hierdie situasie het ‘n nuwe beweging ontwikkel bekend as Christen Sionisme - ontwerp om Christene terug te bring na Judaïsme. Dus het die eerste-eeu probleem waarmee die Apostel Paulus te kampe gehad het weer in die twintigste eeu opgeduik, wat sy briewe aan die Galasiërs en Hebreërs weereens noodsaaklik gemaak het.

Dit is dus geen toeval dat Christus se boodskap aan die gemeente van Filadelfia spreek van mense ‘uit die sinagoge van die Satan ... wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg’ (Openbaring 3:9). Jesus het spreekwoordelik Sy vinger op een van die belangrikste probleme wat in die Filadelfia tydperk sou ontstaan geplaas. Die probleem het begin met die onheilige alliansie tussen die Romeinse Kerk en die Rothschild banke. Daarna het dit in die Evangeliese- en Pinksterbewegings opgeduik en floreer gedurende die Laodicia kerk-tydperk.

Dié wat vandag glo dat enigiemand Abraham se saad kan word deur geloof in Christus, volgens Paulus se leerstelling (Galasiëers 3:9, 29) word met afgryse aangekyk, asof die vloek van God op hulle is (Genesis 12:3). Jesus self was ook nie beïndruk deur die geslagsregister van mense nie, want Hy sê in Matteus 12:48-50:

48 ... ‘Who is my mother and who are my brothers?’ 49 And stretching out His hand toward His disciples, He said, ‘Behold, My mother and My brothers!’ . 50 For whoever does the will of My Father who is in heaven, he is My brother and sister and mother.

48 ... Wie is my moeder? En wie is my broers? 49 En Hy steek sy hand oor sy disiepels uit en sê: Dáár is my moeder en my broers. 50 Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.

Oorwinnaars word dan geken aan die ‘naam’ of aard van die Nuwe Jerusalem in direkte teenstelling met die aardse stad. Jode en Christen Sioniste het ‘n ander naam op hulle geskryf - miskien is hulle pilare in ‘n ander tempel.