God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 6: Ná Hierdie Dinge

Die vierdie hoofstuk van Openbaring stem ooreen met die vierdie letter van die Hebreeuse alfabet ‘dalet’ - ‘n oop deur. Dit begin met Openbaring 4:1:

1 After these things I looked up, and behold, a door standing open in heaven, and the first voice which I heard, like the sound of a trumpet speaking with me, said, ‘Come up here, and I will show you what must take place after these things.

1 Ná hierdie dinge het ek gesien - kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.

Dit sê: ‘Ná hierdie dinge’. Ná watter dinge? Dit verwys na ‘n tyd ná die sewe gemeentes. Soos ons egter reeds gesien het, is daar meer as een vlak van interpretasie met betrekking tot die sewe gemeentes. Die mees onmiddelike interpretasie is dat ‘ná hierdie dinge’ ‘n opvolging is van wat ‘na hierdie openbarings wat Johannes pas ontvang het’ kom. Christus het self met Johannes gepraat en hom uitgenooi om nog hoër in die geestesrealm in te beweeg, ten einde ‘n groter openbaring te ontvang van dinge wat nog moes gebeur.

Indien ons begryp dat die sewe gemeentes sewe eras in kerkgeskiedenis is, put dit nie die verbeelding te erg om te sê dat die geopende deur vir dié wat in die post-Laodicia-tydperk geleef het aangebied is nie. Daarom kan ons sê dat ‘ná hierdie dinge’ verwys na enige tyd ná 30 Mei 1993 - wat die einde van die 40 Jubileum-siklusse van die sewe profetiese gemeentes was.

Uit persoonlike ondervinding weet ek iets van hierdie geopende deur, want die woord van die Here het kort na die einde van die Pinkster-tydperk tot my gekom en my opdrag gegee om die Jubileum Gebedsveldtog in 1993 te lei - my eerste ‘oproep tot wapenrusting’.

My persoonlike lewe was ietwat van ‘n profetiese patroon onderworpe aan hierdie langtermyn siklusse. Jare tevore (gedurende die finale 12 jaar van die Loadicia-tydperk) is ek opgelei in die gebied van voorbidding en geestelike oorlogvoering. In daardie tyd het God my teruggehou, want my bediening het betrekking gehad op die volgende tydperk wat nie begin het voor die dood van ‘Saul’ in 1993 nie. Ek het baie foute gemaak gedurende daardie opleidingsjare - soos ons almal doen, maar veel meer geleer uit my foute as uit enige sukses wat ek moontlik gehad het.

Om die waarheid te sê, dit was nodig om daardie foute te maak, want meeste daarvan was foute wat die Pinkster-realm ook deur die jare gemaak het, dikwels sonder om te besef waarmee hulle besig was. Ek het met dieselfde blindheid wat Laodicia geteister het begin toe ek van een tydperk na die volgende beweeg het. My blindheid het begin genees namete die openbaring van God in my beweeg het en my oë geopen het om die ‘groter geheel’ van die goddelike plan te sien.

Een ding het duidelik te voorskyn gekom uit daardie opleidingstydperk: die foute was altyd gewortel in my onkunde of misinterpretasie van die wet. Ek het geleer dat die wet nie bloot morele grense was nie, maar ‘n algehele manier van lewe onderworpe aan die leiding van die Heilige Gees. Wat meer is: die wet profeteer, want dit openbaar die goddelike plan vir die aarde, Sy oordele en Sy belofte om die mensdom te red deur ingryping in die geskiedenis.

In dié geval kan ek Openbaring 4:1 verpersoonlik en dit op my eie bediening en roeping in die lewe toepas. ‘Ná hierdie dinge’ (1993) het ‘n deur in die hemel oopgegaan met ‘kom op hierheen’ as uitnodiging, sodat Hy my kon wys ‘wat ná hierdie dinge moet gebeur’. Die Jubileum Gebedsveldtog het inderdaad die sluise van openbaring met betrekking tot die omverwerping van Geheime Babilon en die Koninkryk van God geopen.


Die
Harpazo

Baie leraars identifiseer Openbaring 4:1 met die ‘wegraping van die heiliges’, hulle sien die uitnodiging ‘kom op hierheen’ as ‘n profesie van die wegraping aan die einde van die kerk-tydperk. Niemand van hierdie wegraping-leraars het egter werklik kennis van die Loofhuttefees gehad nie, daarom het hierdie leerstelling ontwikkel uit onkunde rondom die mees fundamentele profesie wat van die tweede koms van Christus spreek. Hul leerstelling het dus onvermydelik ontaard.

Dit is onmoontlik om duidelike insig in die profesie rakende die tweede koms van Christus en die ‘wegraping’ (Grieks: harpazo; Latyn: rapto) te verkry, sonder om die Loofhuttefees te verstaan.

Geen ernstige studie van die Loofhuttefees in konteks van die Nuwe Testament was gemaak tot ongeveer 1950 nie. Voor die publikasie van George Warnock se boek, The Feast of Tabernacles, in 1952 was die meeste studies deur Jode en die lens van die Ou Verbond gedoen. Min het verstaan dat die twee feeste (April-Mei en September-Oktober) van die twee komste van Christus geprofeteer het.

Leraars weet natuurlik lank reeds dat Christus gesterf het om die eerste fees genaamd Pasga te vervul. Hy is opgewek uit die dood en voor die Vader gestel ten tye van die wuifgerf-offer en die Pinksterfees is vervul in Handelinge 2 met die uitstorting van die Heilige Gees. In elke geval het die dag van die fees die tydsberekening van die vervulling daarvan vasgestel.

Om die een of ander rede het hulle dit nie verder gevat met die tweede stel feesdae nie. Die fees van Trompette (Rosh Hoshana) profeteer van die opstanding van die heiliges. Die dag van Versoening profeteer van die kerk se berou vir sy gebrek aan geloof.

Die eerste dag van die Loofhuttefees profeteer van ‘n transformasie (1 Korintiërs 15:51) van die oorwinnaars wat in daardie tyd leef. Die middel van die Loofhuttefees profeteer van die koms van Christus om die kop met die liggaam van die nuwe skepsel te verenig. Die agtste dag van die Loofhuttefees is die werklike harpazo, die ‘wegraping van die heiliges’. Hulle word dan aan die Vader voorgestel as die ‘seuns van God’.

Hierdie voorstelling is die amptelike geleentheid waar die heiliges aanvaar word deur die howe van die hemel en bemagtig word met volle outoriteit – dít wat hul wettige posisie sal verg om hul werk op aarde te doen. Dan sal hierdie seuns van God terugkeer om in die wêreld ‘openbaar’ te word.

Elke stap word uitgelê in die tweede stel feesdae. Dié wat die wegrapingsleerstelling ontwikkel het sonder om hierdie feesdae te verstaan, het geneig om al hierdie gebeure saam te voeg en die sewe-jaar verdrukkingstydperk tussen die harpazo en die wederkoms van Christus te plaas. Die doel van die wederkoms is vir Christus om oor die aarde te kom heers. Hulle het nie verstaan dat die verdrukking van Israel ‘sewevoudig’ of 7 x 360 jaar sou duur soos in Daniël 7 en Openbaring 13 verduidelik word nie. (sien Daniel, Prophet of the Ages, Book 2)

Dit is kritiek om die feeste van God te verstaan ten einde Openbaring te verstaan, want vir die laaste 150 jaar is hierdie boek in die konteks van die wegrapingsteorie en ‘n futuristiese interpretasie verstaan. Voor die middel-1800’s was die boek oorwegend volgens ‘n historitiese siening (wat my eie benadering ook is) interpreteer.


Die Troon

Openbaring 4:2 sê:

2 Immediately I was in the spirit; and behold, a throne was standing in heaven, and One sitting on the throne.

2 En dadelik was ek in die gees, en kyk, daar staan ‘n troon in die hemel en Een sit op die troon.

Toe Johannes uitgenooi is - ‘kom op hierheen’ - was hy ‘in die gees’ opgeneem. Met ander woorde: sy gees is vervoer na die hemel en die troon van God. Ons het almal meer as een bewussyn. Gewoonlik ervaar ons dinge deur die bewussyn van die siel (opsetlike bewustheid). Ons gees het ook ‘n bewustheid van sy eie wat apart is van dié van ons siel.

Johannes het ‘n buite-liggaamlike ervaring beleef. Daar is geen rede om aan te neem dat sy liggaam na die hemel vervoer is nie. Sy siel het ook in sy liggaam agtergebly. Sy besoek aan die hemel het net sy gees betrek, met ander woorde: sy geestelike staat van bewustheid.

Nietemin, soos baie deur ondervinding geleer het is daar ‘n ‘venster’ wat die siel met die gees verbind en die siel toelaat om te sien (na die beste van sy vermoë) wat die gees aan die siel kommunikeer. Die siel se bewuste herinnering laat dan ‘n mens se aardse vermoëns toe om te onthou en deur die gebruik van liggaamlike ‘gereedskap’ aantekeninge te maak, byvoorbeeld ‘n mens se hand om mee te skryf. Dus is mens se gees, siel en liggaam ontwerp om saam te werk en sodoende die hemel aarde toe te bring.

So was Johannes dan na die troonkamer geneem. Die Een wat op die troon sit word nie dadelik identifiseer nie, maar die woorde van die 24 oudstes in Openbaring 4:11 en veral Openbaring 5:9 dui daarop dat dit Jesus Christus is.