Latest Posts
View the latest posts in an easy-to-read list format, with filtering options.

‘n Studie van Openbaring 2:18 tot die einde van Openbaring 5. Dit is die tweede boek in ‘n reeks van agt. Aanhalings uit NASB en 1933 AV tensy anders vermeld.
Category - Bible Commentaries
Toe die vraag: ‘Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek?’ in die goddelike raadsitting gevra word, was die antwoord: ‘kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is ...’. Die Leeu was waardig, maar die Lam het die boek geneem en dit oopgemaak. Dit kom voor om te stel dat die Leeu Jesus Christus self is, maar die Lam (arnion) is ‘n nuwe entiteit – die Hoof en die liggaam van Christus.
Die reaksie van die vier-en-twintig ouderlinge en die engele het as Amen gekom. Hulle was in ooreenstemming en dit was die tema van hulle lied. Die vier-en-twintig ouderlinge het gesing ‘U is waardig’ en die engele het ‘die Lam wat geslag is, is waardig’ gesing. Beide haal as bewys die feit aan dat Hy ‘geslag’ is want dit het Jesus kwalifiseer en tweedens het Sy liggaam kwalifiseer om die boek oop te maak en die goddelike plan van God se bedoeling vir die skepping te wete te kom.
Nadat die vier-en-twintig ouderlinge en die engele klaar hulle lied gesing het, het die hele skepping in jubelende sang uitgebreek, want die gebreekte seëls het openbaar dat die hele skepping baat sou vind by die dood van die Lam. Openbaring 5:13 sê:
13 And every created thing which is in heaven and on the earth and under the earth and on the sea, and all things in them, I heard saying, ‘To Him who sits on the throne, and to the Lamb, be blessing and honour and glory and dominion forever and ever’.
13 En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in ewigheid!
Hierdie toneel het Bybelleraars vir eeue laat wonder, want meeste kan eenvoudig nie die blote omvang daarvan begryp nie. Aangesien die idee van restourasie van alle dinge in die vyfde en sesde eeue verlore gegaan het, het die Kerk aangeneem dat slegs ‘n paar gered sou word en dat die res na ewige vlamme in die hel gestuur sou word.
Vers 13 weerspreek egter hierdie leerstelling, want dit wys dat ‘elke skepsel’ in die hemel, op die aarde, onder die aarde en in die see God loof en prys. Ons kan onder geen omstandighede of strek van verbeelding aanvoer dat enige van hierdie skepsels in die hel gemartel word, terwyl hulle God loof nie.
Die sang van die skepping is in Psalm 66:4 voorspel:
4 All the earth will worship Thee, and will sing praises to Thee; they will sing praises to Thy name. Selah .
4 Laat die hele aarde U aanbid en U psalmsing; laat dit u Naam psalmsing. Sela.
Was dit wensdenkery? Was dit ‘n hoop buite God se mag om te bereik? Sal Sy Nuwe Verbond belofte uitdraai om meer te wees as wat God kan vervul? Is die mens se wil dan sterker as die wil van God? Het God nie die mag en wysheid om ‘n plan te beraam wat Sy hartsbegeerte - om almal te red - vervul nie? Mag God dit verhoed!
The Expositor’s Bible, Vol. VI, bl. 854, verduidelik Openbaring 5:13 as volg:
‘What a sublime conception have we here before us! The whole universe, from its remotest star to the things around us and beneath our feet, is one – one in feeling, in emotion, in expression; one in heart and voice. Nothing is said of evil. Nor is it thought of. It is in the hands of God, who will work out His sovereign purposes in His own good time and way. We have only to listen to the universal harmony, and to see that it moves us to corresponding praise’ (v. 14).
‘The redeemed creation is once more singled out for special mention. At chap. iv. 8, 10, they began the song; now we return to them that they may close it. All creation, man included, cries, Amen. The glorified church has her heart too full to speak. She can only fall down and worship.’
Vertaal uit Engels:
‘Wat ‘n verhewe begrip het ons hier voor ons! Die ganse heelal, van die verste ster tot die dinge rondom ons en onder ons voete, is een – een in gevoel, in emosie, in uitdrukking; een in hart en stem. Daar is geen melding van boosheid nie. Ook word daar nie aan gedink nie. Dit is in die hande van God wat Sy soewereine doel sal uitwerk in Sy eie goeie tyd en manier. Ons hoef net na die universele harmonie te luister om te sien dat dit ons tot ooreenstemmende lof beweeg’ (v. 14).
‘Die verloste skepping word weereens vir spesiale vermelding uitgesonder. In hoofstuk 4:8-10 het hulle lied begin; nou keer ons na hulle terug sodat hulle dit kan afsluit. Die hele skepping, mens ingesluit, roep, Amen. Die verheerlikte kerk het haar hart te vol om te praat. Sy kan net neerval en aanbid.’
Die verheerlikte kerk is inderdaad vol lofprysing vir die goddelike plan wat daarin geslaag het om die doel van universele versoening te bereik. Die hedendaagse kerk kla en mor egter oor so ‘n idee. Ek het oor die jare waargeneem dat baie mense in die kerke ontstoke raak oor die idee dat Christus se dood aan die kruis effektief mag wees vir die hele skepping.
Ek onthou een leraar wat verontwaardig opgestaan en gesê het: ‘Een van die grootste vreugdes in die hemel sal wees om te sien hoe sondaars in die hel brand!’ Hy het beslis nie die boek wat Jesus in Openbaring 5:5 oopgemaak het, gelees nie en dit blyk ook nie of die liefde van God in hom gewoon het nie (1 Johannes 3:17).
Omdat ‘n reaksie van mens verwag word ten einde met God versoen te word, dink baie Christene God is nie daartoe in staat om hulle te laat reageer nie. Hulle het meer vertroue in die wil van die mens as in die wil van God. Hierdie sienswyse word grootliks gebaseer op hul aanname dat die einde van ‘n mens se lewe die sperdatum vir verlossing is voor die finale oordeel, waar elke knie sal buig en elke tong sal bely dat Hy die Here is (Fillipense 2:9-11).
Dít is die sleutel waarhede wat meeste Christene sedert die eerste paar eeue van die Christen-era nie verstaan nie. Matthew Henry se Commentry on the Holy Bible (bl. 463) lewer die volgende kommentaar oor Openbaring 5:13:
‘This glorious song, thus begun by the church, and carried on by the angels, is echoed by the whole creation; all the creatures adore that great Redeemer, who delivers the creature from that bondage under which it groans, through the corruption of man, and the just curse denounced by the great God upon the fall ...’
‘Happy those who shall adore and praise in heaven, and who shall eternally bless the Lamb, who delivered and consecrated them by His blood. How worthy art thou, O God, thou and thy Son, that all creatures should proclaim thy greatness, and adore thy majesty! Let every spirit abase and humble itself before thee, and pronounce an Amen of confession and acknowledgement of the holiness and sovereignty of thy being; of adherence to thy will and pleasure, of approval, praise, adoration, and admiration of Thy works; of the wisdom of thy dispensations, and of the relation every creature has to thy designs concerning Christ and his church.’
Vertaal uit Engels:
‘Hierdie glorieryke lied, so begin deur die kerk, en voortgedra deur die engele, word weergalm deur die hele skepping; al die skepsels aanbid die groot Verlosser, wat die skepsel verlos van die slawerny waaronder dit kreun as gevolg van korrupsie van die mens en die regverdige straf wat deur die groot God aangekondig is met die val ...’
‘Gelukkig is hulle wat in die hemel sal aanbid en prys, en wie die Lam wat hulle deur Sy bloed verlos en versoen het vir ewig sal seën. Hoe waardig is U, O God, u en u Seun, dat alle skepsels U grootheid sal verkondig en U majesteit sal aanbid! Laat elke gees homself verneder en voor U verootmoedig en ‘n Amen van belydenis en erkennig van die heiligheid en soewereiniteit van U wese uitspreek; van gehoorsaamheid aan u wil en welgevalle, van goedkeuring, lof, aanbidding en bewondering van u werke; van die wysheid van U bedelings en van die verbinding wat elke skepsel het met U planne aangaande Christus en Sy kerk.’
Hierdie kommentators kan nie anders as om die plein waarheid van die Skrif – wat ons vertel dat die hele skepping Jesus Chrisuts eendag sal loof op die manier wat Johannes gesien het – te erken nie. Matthew Henry vertel ons dat dit die vervulling is van Romeine 8:19-21:
19 For the anxious longing of the creation waits eagerly for the revealing of the sons of God. 20 For the creation was subjected to futility, not of its own will, but because of Him who subjected it, in hope 21 that the creation itself also will be set free from its slavery to corruption into the freedom of the glory of the children of God.
19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. 20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe - nie gewillig nie, maar ter wille van Hom wat dit onderwerp het - 21 in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.
Sulke hoop is alleen moontlik indien God voorneem om die hele skepping met Homself te versoen. Dit is NIE moontlik as God van voorneme is om die grootste deel van die mensdom in ‘n ewige marteling van hel te laat beland of dit selfs sou toelaat sonder hoop op verlossing nie.
Miskien is die woord ‘ewig’ die grootste hindernis vir insig in die bevryding van die skepping. Hierdie woord kom van die Hebreeuse woord olam en die Griekse woord aionian. As hierdie woorde niks anders as ‘n ‘oneindige tydperk’ kan beteken nie, moet ons ‘aionian oordeel’ sien as oneindig.
‘n Studie van Bybeltaal toon egter dat dit NIE die waarheid is nie. Die woord aionian kom van die woord aion wat ‘eon’ of ‘tydperk’ beteken. Om hierdie rede vertaal Dr. Robert Young se Literal Translation of the Holy Bible, die woord as ‘tydsduur’ wat uiters letterlik is. Rotherham se The Emphasized Bible vertaal dit as ‘tydsgebonde’. Dus is die komende oordeel nie vir ewig nie, maar verbonde aan die duur van ‘n bepaalde tydperk.
Net so is die aionian lewe wat gelowiges hoop om te bekom nie onsterflikheid self nie, maar lewe in ‘n spesifieke tydperk wat nie vir die meeste ander beskikbaar is nie. Dit is lewe in die Loofhutte tydperk. Hul belofte is die eerste opstanding eerder as om te wag tot die Groot Wit Troon geleentheid om hul onsterflikheid te ontvang. Dié paar wat lewe ontvang met die eerste opstanding sal ‘lewe’ hê gedurende die groot Sabbat Millennium. Dit is die spesiale beloning wat aan die oorwinnaars gegee wal word. Paulus verwys hierna in 1 Timoteus 4:10:
10 For it is for this we labour and strive, because we have fixed our hope on the living God, who is the Saviour of all men, especially of believers.
10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n Behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges.
Met ander woorde, Hy sal alle mense red, maar daar is ‘n spesiale verlossing en beloning vir gelowiges wat ongelowiges nie sal ontvang nie. Daardie beloning is om onsterflikheid te ontvang lank voor die res van die skepping. Vir ‘n meer volledige studie van hierdie woord en wat Bybel kommentators daaroor te sê het, lees hoofstuk vyf en ses van my boek, The Judgements of the Divine Law.
God se oordele word baseer op Sy wet - wat Sy karakter uitbeeld. In die wet is daar beperkings wat die hoeveelheid straf vir ‘n oortreding afmeet. Die wet bepaal ‘n Jubeljaar vir misdadigers (Levitikus 25:10) en niks meer as veertig slae vir misdrywe nie (Deuteronomium 25:1-3). Paulus se leerstelling in Romeine 8 waar hy voorsien dat die hele skepping verlos sal word, is gebaseer op die wet van Jubeleum. Levitikus 25:10 sê:
10 You shall thus consecrate the fiftieth year and proclaim a release through the land to all its inhabitants. It shall be a jubilee for you, and each of you shall return to his own property, and each of you shall return to his family.
10 En julle moet die vyftigste jaar heilig en ‘n vrylating in die land uitroep aan al sy bewoners. Dit moet vir julle ‘n jubeljaar wees; dan moet julle elkeen na sy besitting en elkeen na sy geslag teruggaan.
Die hele aarde is in slawerny verkoop as gevolg van Adam se sonde. Maar die dag sal aanbreek – die groot dag van die Skeppingsjubeleum – wanneer elke mens van slawerny vrygemaak sal word en sal terugkeer na ‘sy besitting’ en ‘geslag’ (familie). Oordeel sal sy gang gaan en elke skepsel beskryf deur Johannes in Openbaring 5:13-14 sal Jesus Christus loof en erken dat Sy plan uiters goed was.
In die verbond wat God in Genesis 9 met Noag en ‘alle vlees’ gesluit het, het Hy beloof om nooit weer die aarde deur ‘n watervloed te verwoes nie. Hy sal eerder ‘n ander vorm van vloed stuur – ‘n vloed van die Heilige Gees, sodat Sy heerlikheid die hele aarde sal bedek soos die waters die see bedek. God het in Sy eie hof ‘n eed afgelê. Numerie 14:21 sê:
21 But indeed, as I live [God’s oath], all the earth will be filled with the glory of the Lord.
21 Maar so waar as Ek leef [God se eed] en die hele aarde van die Here se heerlikheid vol sal word,
Hierdie eed verbind God om dit te vervul. Indien Hy nie daartoe in staat sou wees nie (gemeet aan ‘n mens se wil), moes Hy nooit ‘n eed afgelê het wat Hy nie kon eer nie. Maar God het Homself verbind om die mag van sonde te oorwin en die hele aarde met Sy heerlikheid te vul.
In sy laaste woorde van die laaste Psalm van die Eksodus Boek van Psalms, het Dawid hierdie eed van God onthou en dit herhaal as ‘n gebed. Psalm 72:19-20 sê:
19 And blessed be His glorious name forever; and may the whole earth be filled with His glory. Amen, and amen. 20 The prayers of David the son of Jesse are ended.
19 En geloof sy vir ewig sy heerlike Naam! En laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word! Amen, ja Amen. 20 Hier eindig die gebede van Dawid, die seun van Isai [ook Jesse genoem].
Die profeet Jesaja het ook hierdie openbaring van die troonkamer gehad. Jesaja 6:3 sê:
3 And one called out to another and said, ‘Holy,Holy, Holy, is the Lord of Hosts; the whole earth is full of His glory.’
3 En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!.
Ons lees ook in Jesaja 11:9 dat selfs die diere op een of ander manier versoen sal wees:
9 They will not hurt or destroy in all My holy mountain [i.e. Kingdom], for earth will be full of the knowledge of the Lord as the waters cover the sea.
9 Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg [Koninkryk] nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die Here soos die waters die seebodem bedek.
Die waters bedek die seebodem omtrent 100%. Dus sal die heerlikheid van God die hele aarde ook so bedek en geen deel in duisternis of sonder kennis laat nie. Wanneer die ‘aarde vol is van die kennis van die Here’ sal God se Nuwe Verbond vervul wees soos Hebreërs 8:11 sê: ‘... almal sal My ken, klein en groot onder hulle’.
Habakuk 2:14 stem saam deur te sê:
14 For the earth will be filled with the knowledge of the glory of the Lord, as the waters cover the sea.
14 Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.
Openbaring 5:14 vertel ons dat vier lewende wesens, wat die hele skepping verteenwoordig, nie net as ‘n reaksie ‘Amen’ sê nie maar, in ooreenkoms met die goddelike plan wat in die Boek geskryf staan. The Commentary on the Whole Bible, op bladsy 567 sê:
‘As in ch. 4.11, the four and twenty elders asserted God’s worthiness to receive the glory, as having created all things, so here the four living creatures ratify by their ‘Amen’ the whole creation’s ascription of the glory to Him’.
Vertaal uit Engels:
‘Soos in hoofstuk 4.11 bevestig die vier-en-twintig ouderlinge God se waardigheid om die glorie te ontvang omdat Hy alles geskape het; hier bekragtig die vier lewende wesens die hele skepping se toeskrywing van glorie aan Hom deur hul ‘Amen’’.
Die belangrikheid van hierdie bekragtiging deur die vier lewende wesens is belangrik, want daarsonder kon die hele fondasie van die restourasie van alle dinge in twyfel getrek word. Hierdie dubbelgetuienis vestig egter die finale doel van God vir die aarde volgens wet – dat alle lewende wesens met hul skepper versoen sal word. Alles sal Sy Naam prys en verheerlik wanneer hulle uiteindelik kennis bekom van die groot werk wat Hy in die geskiedenis van Sy skepping gedoen het.
Dit is die Lied van die Skepping wat in vierstemmige harmonie sing.