God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 8: Die Vier-en-twintig Ouderlinge

Openbaring 4:4 sê:

4 And around the throne were twenty-four thrones; and upon the thrones I saw twenty-four elders sitting, clothed in white garments, and golden crowns on their heads.

4 En rondom die troon was daar vier-en-twintig trone, en op die trone het ek die vier-en-twintig ouderlinge sien sit, bekleed met wit klere; en hulle het op hulle hoofde goue krone gehad.

In hierdie toneel is daar 25 trone – een vir Jesus en een vir elk van die vier-en-twintig ouderlinge. In Daniël 7:9, waar die troon en die hemelse hof beskryf word, sê hy ‘ek het bly kyk totdat trone reggesit is en ‘n Oue van dae gaan sit het’. Daniël meld nie die hoeveelheid nie, maar maak dit duidelik dat meer as een troon reggesit is.

Die vervulling van Daniël se profesie is in Openbaring 20:11 te vinde waar ‘‘n groot wit troon’ beskryf word. Vroeër in Openbaring 20:4 lees ons: ‘... ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee’. Wie is hulle? Johannes sê hulle is dié wat in aanmerking kom vir die eerste opstanding op grond van hulle getuienis (m.a.w. die Amen mense, die oorwinnaars)

Daniël 7:21-22 sê van hulle:

21 I kept looking, and that horn was waging war with the saints and overpowering them 22 until the Ancient of Days came, and judgement was passed in favour of the saints of the Highest One, and the time arrived when the saints took possession of the Kingdom.

21 Ek het gesien dat hierdie horing oorlog maak met die heiliges en hulle oorwin, 22 totdat die Oue van dae kom en aan die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf is en die bepaalde tyd gekom het dat die heiliges die Koninkryk in besit geneem het.

Dus noem Daniël hulle ‘heiliges van die Allerhoogste’ (m.a.w. die Allerhoogste God of El Elyon), terwyl Johannes na hulle verwys as die ware dienaars van God, wat nie die merk van die dier ontvang het nie. Beide skrywers is dit eens dat hulle dié is aan wie outoriteit in die Koninkryk gegee sal word sodra die dier se heerskappy tot ‘n einde kom.

Dit kom voor of die 24 ouderlinge leiers tussen die oorwinnaar-heiliges is. Jesus het self in Matteus 19:28 van twaalf trone gepraat, een vir elk van Sy dissipels.

28 And Jesus said to them, ‘truly I say to you, that you who have followed Me, in the generation when the Son of Man will sit on His glorious throne, you shall also sit on twelve thrones, judging the twelve tribes of Israel.

28 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel.

Dit is ‘n duidelike verwysing na die Oue van dae (Christus) wat op die troon sit, omring deur ander trone wat die goddelike raad vorm. Jesus het egter nie die raad beperk tot twaalf trone nie – Hy het bloot gesê dat die twaalf Apostels deel van hierdie raad sou wees. Johannes sê dat daar in werklikheid ‘vier-en-twintig ouderlinge’ (Openbaring 4:4) is wat op trone sit. Dit impliseer dat daar twaalf additionele heiliges uit die Ou Testament-tydperk by die twaalf Apostels gevoeg sal word vir ‘n som van vier-en-twintig.


Die Sewentig

Om die groter geheel te sien moet ons hierdie getalle (12 Apostels en 24 ouderlinge) met die twaalf ‘hoofde’ van die stamme en die ‘sewentig’ ouderlinge wat Moses aangestel het om oor die volk regspraak uit te oefen, vergelyk. Elke stam het ‘n ‘hoof’ (‘prince’ NASB) gehad vir ‘n totaal van 72 – daar is na hulle verwys as die ‘sewentig’ (afgeronde getal), maar daar was 72 van hulle.

Hierdie regstelsel is voorgestel deur Jetro, wat die skoonvader van Moses was. Sy raad in Eksodus 18:19-22 lui as volg:

19 Now listen to me: I shall give you counsel, and God be with you. You be the people’s representative before God, and you bring the disputes to God, 20 then teach them the statutes and the laws, and make known to them the way in which they are to walk, and the work they are to do. 21 Furthermore, you shall select out of all the people able men who fear God, men of truth, those who hate dishonest gain; and you shall place these over them, as leaders of thousands, of hundreds, of fifties and of tens. 22 And let them judge the people at all times; and let it be that every major dispute they will bring to you, but every minor dispute they themselves will judge. So it will be easier for you, and they will bear the burden with you.

19 Luister nou na my: ek sal jou raad gee, en God sal met jou wees. Wat jou betref, wees jy die verteenwoordiger van die volk by God en bring jý die sake voor God, 20 en verklaar vir hulle die insettinge en die wette, en maak hulle die weg bekend waarop hulle moet gaan, en die werk wat hulle moet doen. 21 Maar kies jy uit die volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel dié aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien; 22 en laat hulle vir die volk voortdurend regspreek: al die groot sake moet hulle na jou bring, maar in al die klein sake moet hulle self regspreek. Maak dit so ligter vir jou, en laat hulle saam met jou dra.

Dus was die getalle 12 en 72 belangrik in Israel se regstelsel. In die dae van Dawid is die getal 12 uitgebrei na 24 wat beteken dat die getal 72 na 144 uitgebrei is. In die boek Openbaring word hierdie getalle verder uitgebrei na 144 000 en na 288 000. Ons sal dit op ‘n later stadium verder verduidelik.


Die Twee Howe

Toe Israel gesondig het deur die goue kalf te aanbid, het dit duidelik geword dat die Israeliete ‘n tweede hof buite die kamp nodig gehad het, sodat dié wat ontheilig was kon gaan vir reiniging voordat hulle weer toegelaat kon word om die kamp van Israel binne te gaan. As gevolg van die goue kalf voorval sê Eksodus 33:7 die volgende:

7 Now Moses used to take the tent and pitch it outside the camp, a good distance from the camp, and he called it the tent of meeting. And it came about, that everyone who sought the Lord would go out to the tent of meeting which was outside the camp.

7 En Moses het elke keer ‘n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die Here wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was.

Later is hierdie patroon herhaal en daarop vergroot toe die tempel in Jerusalem gebou is. In Jesus se dae was hierdie hof buite die Oos-hek by Bethphage waar ‘n klein gemeenskap van priesters gewoon het. Hierdie priesters het na die as van die rooi vers en die reservoir van water omgesien, waar mense gesuiwer kon word wanneer hulle die stad binnegekom het. Dit is ook die plek waar Jesus gekruisig is, soos ek aandui in my boek Healing the breaches, boek nommer 8.

Net so was daar ook in Moses se dae twee howe. Een was die tabernakel self waar Moses die woord van God ontvang het. Die tweede een was buite die kamp waar die mense hul geskille opgelos het en gereinig was wanneer hulle om een of ander rede ontheilig was. Dit was ook die plek waar mense wat moontlik van melaats genees was, ondersoek was.

Die primêre hof was die tabernakel (later die tempel). Eksodus 33:8-11 beskryf wat normaalweg gebeur het wanneer Moses na die troon van God (die ark) in die tabernakel gegaan het. As Moses ‘in die tent ingaan, kom die wolkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moses’ (Eksodus 33:9). Was dit met ‘n hoorbare stem? Was dit hard genoeg vir almal om te hoor? Vers 11 sê die volgende:

11 Thus the Lord used to speak to Moses face to face, just as a man speaks to his friend. When Moses returned to the camp, his servant, Joshua, the son of Nun, a young man, would not depart from the tent.

11 Dan spreek die Here met Moses van aangesig tot aangesig soos ‘n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, ‘n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie.

Dus was Josua teenwoordig by die tent wanneer God met Moses gepraat het. Moses het in die tent ingegaan, terwyl Josua reeds daarin was. Later het Moses weer na die laer teruggekeer, maar Josua het daarin gebly. Josua 1:1 sê dat Josua Moses se ‘dienaar’ was (minister KJV; servant NASB). Wat het hy in die tent gedoen? Aangesien Josua ‘n sinnebeeld van Yeshua (Jesus) was, is dit moontlik dat die woord deur hom aan Moses en die mense gegee is. Hebreërs 1:1-2 sê:

1 God, after He spoke long ago to the fathers in the prophets in many portions and in many ways, 2 in these last days has spoken to us in His Son, whom He appointed heir of all things, through whom also He made the world.

1 Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun 2 wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.

Indien Jesus ‘in hierdie laaste dae’ tot ons gespreek het ... suggereer dit dat Josua ‘n vroeë sinnebeeld van Christus was en dat hy dieselfde rol in sy tyd vervul het. Dit kom dus voor of die Vader met Josua gespreek het en dat Josua (die ‘Amen’) dit woord vir woord herhaal het, sodat dit vir Moses hoorbaar kon wees.

Hoewel die fundamentele beginsels onveranderd gebly het, het hierdie hofstelsel baie verder ontwikkel sedert die dae van Moses. Josua-Jesus spreek steeds tot ons in hierdie laaste dae – Hy herhaal wat Hy Sy Vader hoor sê het (Johannes 14:10). Dié wat Sy stem hoor profeteer moontlik, soos Moses ‘n profeet was (Deuteronomium 18:18), soos ‘n woordvoerder wat geroep is om die getuienis van Jesus getrou te herhaal.

Die primêre hof van die tabernakel was vir ‘al die groot sake’ (Eksodus 18:22). In wese het dit ‘n hooggeregshof gevorm. Die sekondere hof, wat Moses buite die laer opgeslaan het, was vir ‘al die klein sake’.

Hierdie twee howe word weerspieël in latere profesieë aangaande die Groot Wit Troon en ander trone. Op dieselfde manier as wat Jetro in Eksodus 18:20 vir Moses aangeraai het om bekwame manne te ‘onderrig in die insettinge en die wette’, sodat hulle gedurig oor die volk regspraak kon uitoefen, het Christus Apostels en ouderlinge aangestel om die wette van God te leer en die mense regverdig te oordeel.


Wit Klere en Goue Krone

In Openbaring 4:4 sien Johannes 24 ouderlinge wat wit klere dra met goue krone op hulle hoofde. Die wit klere dui op ‘regverdige dade van die heiliges’ (Openbaring 19:8). Wit klere (fyn linne) was ook die uitrusting van priesters. Dus word hierdie 24 ouderlinge geroep om ‘priesters van God en van Christus’ te wees (Openbaring 20:6). In Moses se dae was slegs priesters toegelaat om binne in die tabernakel te gaan. Die 24 ouderlinge wat die troon omring was as priesters geroep. Aangesien die 12 Apostels die helfte van hierdie regters vorm, kan ons aflei dat die Apostels (ongeag van hul stamverwantskappe) priesters van die orde van Melgisedek was.

Hulle het ook ‘krone’ gedra. Die Griekse woord is stephanos wat ‘krans’ beteken en ‘wreath’ of ‘garland’ in Engels - dit is dieselfde as wat die oorwinaar van ‘n openbare spele ontvang. Dit is egter nie dieselfde as die kroon wat in Openbaring 19:12 uitgebeeld word nie. Hier lees ons van Christus: ‘op Sy hoof was baie krone’, of ‘diadem’ in NASB.

Wetend dat hy binnekort in Rome tereggestel sou word, het die Apostel Paulus in 2 Timoteus 4:7-8 gesê:

7 I have fought the good fight, I have finished the course, I have kept the faith;. 8 in the future there is laid up for me the crown [stephanos] of righteousness, which the Lord, the righteous judge, will award to me on that day; and not only to me, but also to all who have loved His appearing.

7 Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou . 8 Verder is vir my weggelê die kroon [stephnos] van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.

Verder beklemtoon Paulus in 2 Timoteus 2:5 die belangrikheid daarvan om die reëls te gehoorsaam:

5 And also if anyone competes as an athlete, he does not win the prize unless he competes according to the rules [nomimos, ‘lawfully’].

5 En verder, as iemand aan ‘n wedstyd deelneem, word hy nie bekroon as hy nie volgens die reëls [nomimos ‘wettig’] gewedywer het nie.

Daar is baie wat aan die wedloop deelneem en probeer om die prys op ‘n onwettige manier te wen, maar die stephanos word nie gegee aan bedrieglike wedlopers nie. Sulke mense hou nie van die reëls nie en dink dat dit té beperkend is. Hulle begeer ‘vryheid in Christus’ sonder om te besef dat hul wetteloosheid hulle vir die prys diskwalifiseer. Aan die einde sal Jesus vir hulle sê: ‘Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!’ (Matteus 7:23).