Latest Posts
View the latest posts in an easy-to-read list format, with filtering options.

‘n Studie van Openbaring 2:18 tot die einde van Openbaring 5. Dit is die tweede boek in ‘n reeks van agt. Aanhalings uit NASB en 1933 AV tensy anders vermeld.
Category - Bible Commentaries
Openbaring 4:3 beskryf Hom:
3 And He who was sitting was like a jasper stone and a sardius in appearance; and there was a rainbow around the throne. Like an emerald in appearance.
3 En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was ‘n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos ‘n smarag.
Hoe kan dit wees dat Een wat in die hemel op ‘n troon sit ‘soos die steen jaspis’ lyk? Waarom word dié metafoor hier aangewend? Die term ‘jaspis’ beteken letterlik ‘gevlekte- of gespikkelde klip’. Jaspis is deurskynend en mees algemeen rooi as gevolg van ‘n yster inhoud. Yster het ‘n atoomgewig van 26 wat ook die getalwaarde van Yahweh is. Johannes sou geen kennis gehad het van atoomgewig nie, maar alle dinge is geskape deur die Woord en bevat daarom verborge openbaring.
Jaspis kan egter ook geel of groen wees en dit was al met smarag vergelyk, daarom kom dit voor om ook met die reënboog wat ‘gelyk het soos smarag’, verband te hou. Hierna is ‘n Groen jaspis geset in ‘n goue ring op die webwerf te sien - Walters Art Museum
https://en.wikipedia.org/wiki/Jasper
Jaspis was een van die twaalf stene in die hoërpriester se borsplaat (Eksodus 28:20). Dit was die derde steen in die vierde ry. Met ander woorde, dit was die laaste steen wat die twaalf seuns van Jakob verteenwoordig het, ‘volgens hulle geboortes’ (Eksodus 28:10). Benjamin was die twaalfde seun van Jakob.
Die Hebreeuse woord vir jaspis is yasfeh. Die Griekse vertaling (Septuagint) gebruik die Griekse term laspis, wat as die normale term vir groen jaspis gebruik was. Laspis was die kosbaarste vorm van Jaspis in antieke tyd.
Op een of ander manier identifiseer die Een wat op die troon sit Homself met (groen) jaspis en dus met Benjamin. Groen spreek van lewe en/of opstanding. Die verhaal van Benjamin se geboorte profeteer van die twee werke van Christus. Genesis 35:16-18 vertel die verhaal:
16 Then they journeyed from Bethel; and when there was still some distance to go to Ephrath, Rachel began to give birth and she suffered severe labour. 17 And it came about when she was in severe labour that the midwife said to her, ‘Do not fear, for now you have another son.’ . 18 And it came about as her soul was departing (for she died), that she named him Ben-oni; but his father called him Benjamin.
16 Daarna het hulle van Bet-el af weggetrek. En toe daar nog ‘n kort ent pad was om by Efrat te kom, moes Ragel baar; en sy het dit swaar gehad by die bevalling. 17 En terwyl sy dit swaar het by die bevalling sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie, want jy het ook dié keer ‘n seun. 18 En toe haar siel uitgaan – want sy het gesterwe – noem sy hom Ben-oni. Maar sy vader het hom Benjamin genoem.
Hierdie seun het twee name gehad – sy moeder het hom ‘seun van my smart’ of Ben-oni genoem. Christus het die eerste keer gekom as ‘’n man van smarte en bekend met krankheid’ (Jesaja 53:3). Sy vader het hom Benjamin genoem – ‘seun van my regterhand’. So sal Christus die tweede keer kom as Heer van die hemel, wat sit aan die regterhand van Sy hemelse Vader (Hebreërs 10:12).
Christus se posisie op die troon in die hemel word eers verduidelik as groen jaspis wat reflekteer as ‘n reënboog soos smarag en tweedens in die openbaring van Ben-oni/Benjamin. Saam met die jaspis stel dit voor dat die Een wat op die troon sit uit die dood opgewek is, nadat Hy ‘’n man van smarte’ geword het en dat Hy nou sit aan die regterhand van Sy Vader (‘Benjamin’).
Die tweede steen in Openbaring 4:3 is sardius. Sardius moet nie met sardoniks verwar word nie en staan vandag as ‘n robyn bekend.
Dit was die eerste steen op die hoërpriester se borsplaat in Eksodus 28:17. Die KJV beskryf dit as ‘sardius’, maar die NASB vertaal dit as ‘ruby’. Net soos jaspis die laaste steen in die borsplaat was - wat Benjamin (die laaste seun van Jakob) verteenwoordig het, was robyn die eerste steen wat Reuben (‘kyk die seun’) verteenwoordig het. Toe Jakob sy twaalf seuns geseën het, het hy by Reuben begin deur in Genesis 49:3 te sê:
3 Reuben, you are my firstborn; my might and the beginning of my strength ...
3 Reuben, jy is my eersgeborene, my krag en die eersteling van my sterkte ...
Saam gesien, word ons herhinder aan die beskrywing van Christus in Openbaring 1:8 as ‘die Alfa en die Oméga’. Hierdie beskrywing word aan die einde van die boek in Openbaring 21:6 herhaal en weer in Openbaring 22:13 waar ons lees,
13 I am the Alpha and the Omega, the first and the last, the beginning and the end.
13 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.
Met ander woorde: Hy is die eerste en die laaste edelsteen in die borsplaat van die hoërpriester. Toe Johannes die eerste keer getuig het van Jesus Christus, het hy in Johannes 1:29 gesê: ‘Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wereld wegneem’. Hierdie aankondiging word in die naam Ruben gesuggereer – ‘kyk die seun’. Ook in die idee dat Christus ‘die Eersgeborene van die hele skepping’ (Kolossense 1:15) en ‘die Eersgeborene uit die dode’ (Kolossense 1:15) is. Hierdie is die gedeelte wat spreek van die versoening van die hele skepping - Hy as Eersgeborene uit die dode gevolg deur die ganse skepping.
Die bloedrooi robyn is ‘n gepaste simbool vir die bloed van Christus wat gestort sou word met Sy eerste ‘werk’. In die groter prentjie verteenwoordig jaspis die tweede ‘werk’ van Christus. Wanneer die twee stene nouer beskou word in die eerste ‘werk’ van Christus verteenwoordig die robyn Sy dood en die jaspis (groen jaspis) Sy opstanding. Hoe ons ookal daarna kyk, die twee stene dui op die twee ‘werke’ van Christus en die tweevoudige proses van dood en lewe word betrek.
Sonder insig in die kleur en simboliek van hierdie stene sou dit moeilik wees om te sien hoe die Een wat op die hemelse troon sit soos blote stene lyk. Die metafoor is eienaardig tot ons die profetiese betekenis van elke steen en die plasing daarvan in die borsplaat verstaan.
Die smarag was die derde steen in die borsplaat van die hoërpriester en verteenwoordig Levi, die derde seun van Jakob (Genesis 29:34). Die naam Levi beteken ‘een wat verbind’ van die stamwoord lava wat ‘heg’ of ‘bind’ beteken. Volgens Gesenius se Hebrew Lexicon beteken Levi ‘kleef’, ‘krans’ of ‘kroon’.
Die smarag wat Levi uitbeeld word gesien as ‘n enkel-kleur reënboog oor die troon geposisioneer as ‘n kroon of ‘n krans. Dit dui ook op die eenheid van twee wat saamgvoeg word. Kolossense 1:17 sê ‘Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand’. Die reënboog verbind God dus met Sy skepping. Dit kan baie toepassings hê, maar oor die algemeen sien ons God en ‘alles’ (ta panta) versoen deur die bediening van Levi. Die bediening van ‘n ware Leviet is ‘n ‘bediening van die versoening’ (2 Korintiërs 5:18), wat eenheid tussen God en ‘alle dinge’ bewerk.
Dit word die beste uitgebeeld in Kolossense 1:15-20:
15 And He is the image of the invisible God, the firstborn of all creation [Reuben]. 16 For by Him all things [ta panta, ‘the all’] were created, both in the heavens and on earth, visible and invisible, whether thrones or dominions or rulers or authorities – all things have been created by Him and for Him. 17 And He is before all things, and in Him all things hold together [Levi]. 18 He is also the head of the body, the church; and He is the beginning [Reuben], the firstborn from the dead [ruby] so that He Himself might come to have first place in everything.
15 Hy is die beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping [Ruben]. 16 want in Hom is alle dinge [ta panta ‘alles’] geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte – alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape . 17 En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand [Levi]. 18 En Hy is die Hoof van die liggaam, die gemeente; Hy wat die begin [Reuben] is, die Eersgeborene uit die dode [robyn], sodat Hy in alles eerste kan wees.
Die goddelike doel is dus om alle dinge (ta panta), wat dieselfde ‘alles’ (ta panta) is wat aan die begin geskape was, te versoen. 1 Kolossense 1:19-20 sluit af met:
19 For it was the Father’s good pleasure for all the fullness to dwell in Him, 20 and through Him to reconcile all things [ta panta] to Himself, having made peace through the blood of His cross; through Him, I say, whether things on earth or things in heaven.
19 Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon 20 en dat Hy deur Hom alles [ta panta] met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis, deur Hom alles met Homself sou versoen, die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.
Die algehele doel van God word dus uitgebeeld deur die stene van die borsplaat. Christus is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Hy is die eerste en laaste steen in die borsplaat, saamgevoeg deur Levi met behulp van die (smarag) bediening van versoening. Soos die jaspis (groen jaspis), is die smarag groen wat dui op lewe wat kom deur die Nuwe Verbond. Die Ou Verbond is die ‘bediening van die dood’ (2 Korintiërs 3:7), maar die Nuwe Verbond is die ‘bediening van die Gees’ (2 Korintiërs 3:8) en ‘maak lewend’ (2 Korintiërs 3:6).
Die eerste reënboog het God se belofte aan die hele aarde verteenwoordig (Genesis 9:13). In Genesis 9:9 word die woord ‘verbond’ vir die eerste keer in die Skrif gebruik. In die vorige vers wat die hele gedeelte inlei, word Noag se Naam vir die twee-en-dertigste keer in Genesis genoem. Twee-en-dertig is die Bybelse getal wat ‘verbond’ beteken. Sien my boek, The Biblical Meaning of Numbers from One to Forty.
Deurdat dit ‘n onvoorwaardelike verbond of eed was wat God met Homself gesluit het, was dit die duidelikste Nuwe Verbond eed wat God tot op daardie stadium in die Skrif laat aanteken het. Daarom verteenwoordig die reënboog opsigself die Nuwe Verbond, dus is dit nie verbasend om dit oor die troon van God in Openbaring 4:3 te sien nie.
Johannes het die troon van God gesien terwyl hy in die gees was. Elke detail was ‘n hemelse of geestelike beginsel wat veronderstel was om in die fisiese op aarde te dupliseer, veral in die Tabernakel van Moses en die tempel van Salomo – maar ook in ons eie lewens waar ons aanpas by die beeld van Christus. So ook moet ons bedienings, roepings en boodskappe als wat in die hemel uitgebeeld word, reflekteer.
‘... omdat hy die bed van sy vader ontheilig het ...’ (1 Kronieke 5:1), het Reuben misluk om die voorbeeld van ‘n seun akkuraat te verteenwoordig en is deur Juda en Josef vervang. Net so het Levi jare later misluk en is deur Melgisedek vervang. Israel oor die algemeen het misluk as fisiese volk en word vervang deur ‘n volk ‘wat die vrugte daarvan sal dra’ (Matteus 21:43), met ander woorde dié wat ‘die vrug van die Gees’ voortbring (Galasiërs 5:22-23).
Die onderneming van God is om die ganse skepping te versoen, maar niemand kom in die Koninkryk as hulle nie by die deur (Christus, die Paaslam) in kom nie. Daarna moet hulle volwassenheid bereik deur Pinkster en sodoende die vrug van die Gees teen Loofhutte voortbring. Dan eers is die reis voltooi.
Dié wat nie in hierdie lewe geestelike volwassenheid bereik nie sal dit in die tyd wat kom regkry, want dit is die enigste manier hoe God Sy Nuwe Verbond eed, om ‘jou vandag vir Hom as volk te bevestig en vir jou ‘n God te wees’ (Deuteronomium 29:12-13) kan vervul.