God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 13: Wie is Waardig om die Boek te Open?

Die vyfde hoofstuk van Openbaring stem ooreen met die vyfde letter van die Hebreeuse alfabet – he, wat die asem van God is. Dit dien ook as die syfer vyf wat die getal vir genade of guns is. Soos ek in my boek The Biblical Meaning of Numbers from One to Forty, bl. 6 verduidelik:

‘He at the beginning of a Hebrew word means ‘the’ or ‘behold’. In the middle of a word it signifies inspiration or revelation. At the end of a word it signifies ‘what comes from’.

Vertaal uit Engels:

‘He aan die begin van ‘n Hebreeuse woord beteken ‘die’ of ‘kyk’. In die middel van ‘n woord dui dit op inspirasie of openbaring. Aan die einde van ‘n woord dui dit aan ‘wat moet gebeur’.

Die letter word uitgespreek deur uit te asem ‘expiration’ in Engels. God is die Een wat die asem van lewe in ons blaas – Hy asem uit sodat ons kan inasem. Sy ‘expiration’ gee ons ‘inspiration’ (inspirasie). Paulus skryf in 2 Timoteus 3:16:

16 All Scripture is inspired by God [theopneustos, ‘God-breathed’] and profitable for teaching, for reproof, for correction, for training in righteousness.

16 Die hele Skrif is deur God ingegee [theopneustos, ‘God-geasem’] en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.

Die Griekse woord vir die frase ‘deur God ingegee’ kom van ‘n saamgestelde woord wat bestaan uit theo of ‘God’ en pneustos, wat ‘asem’ of ‘wind’ beteken.

Daarom gee die vyfde hoofstuk van Openbaring ook dan aan ons die sleutelinspirasie van die hele Skrif – dít wat God in ons in uitgeasem (gedeponeer) het om ons mee te ‘inspireer’ (inspire). Om ons te vul met die denkewyse van Christus (mind of Christ) van die begin af – partykeer verloor teks die trefkrag sodra dit vertaal word. Hierdie hoofstuk openbaar die kern aard en omvang van goddelike genade, wat die hoogtepunt bereik met die restourasie van die hele skepping.


Die Hofsitting aangaande die Verseëlde Boek

Openbaring 5:1-3 begin met ‘n hemelse hofsitting om te bepaal of iemand waardig genoeg is om die verseëlde boek te open.

1 And I saw in the right hand of Him who sat on the throne a book written inside and on the back, sealed up with seven seals. 2 And I saw a strong angel proclaiming with a loud voice, ‘Who is worthy to open the book and to break its seals?’ . 3 And no one in heaven, or on earth, or under the earth, was able to open the book, or to look into it.

1 En ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit ‘n boek gesien, beskrywe van binne en van buite en met sewe seëls verseël. 2 En ek het ‘n sterk engel gesien wat met ‘n groot stem verkondig: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek? 3 En niemand in hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of daarin kyk nie.

Dit is duidelik dat hierdie boek die goddelike plan vir die hemel en die aarde bevat het en die pad waarlangs die skepping herstel moes word ‘sodat God alles in almal’ kan wees (1 Korintiërs 15:28). Tog was die boek verseël sodat niemand dit kon lees en die profetiese geheime daarin kon ontdek nie. Om hierdie boek te open was belangrik, want dit was die openbaring wat aan Johannes self gegee moes word. Dit is om hierdie rede dat die boek sewe seëls gehad het en waarom hierdie seëls oopgemaak word. Dit begin van Openbaring 6:1 af.

Die Raad van God het gesit om te bepaal wie bevoegd was om die seëls te breek en die goddelike plan te openbaar. Johannes was uitgenooi na hierdie raadsvergadering as aardse getuie van ‘n hemelse gebeurtenis.


Niemand Bevoeg nie

Ons kan verstaan waarom niemand ‘op aarde of onder die aarde’ bevoeg was om hierdie boek te open nie, want die mensdom was in geen toestand om insig in die denkwyse van Christus te hê nie en ook was geen mens bevoeg nie. Waarom was daar egter ook ‘niemand in die hemel’ bevoeg om die boek te open nie? Geen engel was bevoeg om die boek te open nie en die Een wat op die troon sit het geen poging aangewend om die boek se inhoud bekend te maak nie.

Eers was bevestig dat niemand bevoeg is om die boek te open nie. Om hierdie rede het Johannes onbeheersd gehuil toe hy die hemelse dilemma waarneem. Openbaring 5:4 sê:

4 And I began to weep greatly, because no one was found worthy to open the book, or to look into it.

4 En ek het baie geween, omdat daar niemand waardig gevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie.

Johannes was baie benoud. Waarom sou hierdie toneel ‘n tydperk bevat waarin niemand waardig bevind is om die boek te open nie? Was Jesus nie waardig sedert die begin van tyd nie? Tog was niemand in die hemel vir ‘n tyd lank waardig bevind nie. Ek glo die antwoord is in die feit dat Jesus aarde toe moes kom, op die kruis moes sterf, uit die dood opstaan en opvaar na die hemel voordat Hy wettiglik waardig verklaar kon word om die boek oop te maak. Hy was nog altyd waardig wat Sy regverdige karrakter betref, maar om die boek te mag open het iets meer van Hom geverg.

Jesus Christus is uniek gekwalifiseer, omdat Hy as Seun van God die samesmelting van hemel en aarde verteenwoordig. Dít is wat uniek van Hom is en net ‘n Seun van God was gekwalifiseer om te weet (en aan ander bekend te maak) wat die volle goddelike plan was. Daarom lees ons in Openbaring 5:5,

5 and one of the elders said to me. ‘stop weeping; behold, the Lion that is from the tribe of Judah, the Root of David, has overcome so as to open the book and its seven seals.

5 Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die Wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek.

Hy het gekwalifiseer want Hy het ‘oorwin’. Wat het Hy oorwin? Wel, alles - die wêreld. Hy het die drang om Sy roeping as Leeu van die stam van Juda te vermy oorwin – dit was om te sterf. (Sy roeping as die gestorwe leeu word uitgebeeld in Genesis 49:9 en weer in Rigters 14:5-6 waar die dooie leeu die oplossing van Simson se raaisel is). Met ander woorde, Jesus was gehoorsaam tot die dood toe en het daardeur alles oorwin. Dit het Hom gekwalifiseer om uit die dood opgewek te word en op te vaar na die troon.

Hy is beide Leeu en Lam terselfdertyd. Hy is Leeu deurdat Hy alles oorwin het. Hy is ‘n Lam in Sy vredeliewende geaardheid waarmee Hy oor Sy geliefde skepping heers uit ‘n hart van liefde.


Die Lam

Nadat Johannes deur die woorde van die ouderling gerusgestel is het die Apostel van ‘n ‘Lam’ met ‘n eienaardige voorkoms kennis geneem, wat tussen die troon en die vier-en-twintig ouderlinge gestaan het. Ons lees in Openbaring 5:6,

6 And I saw between the throne (with the four living creatures) and the elders a Lamb [arnion] standing, as if slain, having seven horns and seven eyes, which are the seven Spirits of God, sent out into all the earth.

6 En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die middel van die ouderlinge staan daar ‘n Lam [arnion] asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat gestuur is oor die hele aarde.

Hierdie Lam was nie dood nie, maar staande ‘asof Hy geslag is’. Hoe staan iets of iemand ‘asof Hy geslag is’? Die idee is om die feit dat Christus uit die dood opgestaan het oor te dra – met al die sigbare tekens wat bewys dat Hy op ‘n stadium gedood is. Hierdie Lam het nie net twee horings gehad nie, maar sewe om die perfeksie van goddelike mag aan te dui, want ‘n horing is die simbool van mag en krag.

So ook het Hy sewe oë gehad wat ‘die sewe Geeste van God’ is. Die oë van God is die oë van alwetendheid – kennis van alles wat op aarde en in die hemel gebeur. Uit my eie ondervinding het ek geleer dat daar ‘n engel van God is met die naam ‘Die Oë van God’, wat alle sieners en wagters bemagtig deur aan hulle die nodige kennis en openbaring te verskaf wat nodig is om hul roepings te vervul.

Ons weet almal dat Jesus Christus die Lam van God is, want Johannes die Doper het hom duidelik as sulks identifiseer in Johannes 1:29 en weer in Johannes 1:36. Die boek Openbaring is nie net die ‘ontsluiering van Jesus Christus’ nie, dit openbaar ook die historiese stappe wat lei tot die manifestering van die seuns van God namate die Koninkryk op aarde groei. Dit kom ooreen met die ‘Onse Vader Gebed’ dat Sy wil sal geskied.

Dus kan die Lam soms gesien word as Christus Homself, maar ander kere as ‘n kollektiewe liggaam met Christus as die Hoof daarvan. Psalm 23 sê ‘Die Here is my herder’; Psalm 100:3 noem ons ‘... sy volk en die skape van Sy weide’ – Hy is nie net die groot Herder nie, maar ook die Lam. Op dieselfde manier is daar aardse herders wat ook lammers moet wees.

Die Nuwe Testament gebruik twee Griekse woorde wat albei as ‘Lam’ vertaal word. Die eerste is amnos wat as letterlike offerlam gebruik word en spreekwoordelik toepaslik is op die rol van Christus. Tweedens is daar arnion wat ‘lammetjie’ beteken en figuurlik toegepas word op God se volk.


Die
Amnos is Jesus

Kom ons kyk eers na die woord amnos. In Johannes 1:29 lees ons:

29 The next day he saw Jesus coming to him, and said, ‘Behold the Lamb [amnos] of God who takes away the sin of the world!’.

29 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom to kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

Dit word in vers 36 herhaal waar Johannes die woord amnos gebruik om Jesus te beskryf. Die woord word weer gebruik in die verhaal van die Ethiopiese hofdienaar (eunug of ontmande manspersoon) in Handelinge 8:32.

32 Now the passage of Scripture which he was reading was this: ‘He was led as a sheep to slaughter; and as a lamb [Greek: amnos] before its shearer is silent, so He does not open His mouth.

32 En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít: Soos ‘n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos ‘n lam (Grieks: amnos] wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie.

Dit is ‘n aanhaling uit Jesaja 53:7. Dieselfde woord word weer gebruik in 1 Petrus 1:19,

19 but with precious blood, as of a lamb [amnos] unblemished and spotless, the blood of Christ.

19 maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n Lam [amnos] sonder gebrek en vlekkeloos,

Al hierdie voorbeelde is van toepassing op Jesus Christus self. Niemand anders het vir ons sondes gesterf nie en dus is niemand anders die Amnos van God nie. Slegs Jesus behou die reg op hierdie posisie en daarom is Hy die enigste Een deur wie verlossing kan plaasvind.


Die
Arnion

Die woord arnion word ook as ‘lam’ vertaal. Hierdie woord is die verkleiningsvorm van amnos. The Concordant Version vertaal dit as ‘lambkin’, ‘n verouderde Engelse woord wat ‘klein lammetjie’ beteken. Die enigste geleentheid waar hierdie term in die Nuwe Testament (buiten Openbaring) gebruik word is in Johannes 21:15,

15 So when they had finished breakfast, Jesus said to Simon Peter, ‘Simon, son of John, do you love Me more than these?’ He said to Him, ‘Yes, Lord; You know that I love You.’ He said to him, ‘Tend my lambs [arnion]’.

15 Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My liewer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei.

Toe Jesus vir Petrus gesê het ‘laat My lammers wei’ het hy beslis nie van Petrus verwag om Homself (Jesus) te versorg nie, maar eerder Sy liggaam (trop) - met ander woorde: die klein lammetjies. Hier word die woord aangewend om die liggaam van Christus aan te dui – beslis nie onafhanklik van Chirstus nie, maar saam met Hom soos die Hoof en die liggaam ‘n eenheid vorm. Dit is die Nuwe Skepsel Mens.

Die boek Openbaring gebruik slegs arnion, nooit amnos nie. Dit is die verhaal van die klein lammetjies wat Petrus moes ‘laat wei’. Die boek Openbaring onthul hoe die lammetjies geestelike volwassenheid bereik, nie net deur die geestelike ‘kos’ wat hulle ‘eet’ nie, maar ook deur leiding in verdrukking, terwyl hulle geloof en lydsaamheid beoefen. Dit is die profetiese verhaal van die oorwinnaar wat ‘n lam word soos die Lam voor hom.

Hierdie lammetjies is dié wat gewillig is om geoffer te word ter wille van die Evangelie, sodat ander deur die waarheid verlig kan word. Waarom? Want hulle het reeds ‘saam met Christus gesterf’ (Romeine 6:8) en is saam met Hom uit die dood opgewek. Die bloed wat Christus aan die kruis gestort het was hulle bloed ook. Die bloed van die Hoof is ook die bloed van die liggaam.


Die Seun en die Seuns van God

Johannes se gebruik van die woord arion toon dat die Lam wat waardig was om die seëls aan die boek te breek, die Nuwe Skepsel Mens is:- Jesus Christus as die Hoof met die oorwinnaars as Sy liggaam. Hierdie liggaam bestaan uit Amen-mense – dié wat met Hom saamstem en wat ten volle tot Hom versoen is. Hulle bied geen weerstand teen Hom of Sy plan nie. Dít is wat dit beteken om in Christus te ‘bly’ (Johannes 15:4).

Die doel van die geskiedenis was nog altyd om hierdie Nuwe Skepsel Mens voort te bring volgens die beeld van Christus. Met elke seël wat gebreek word beweeg die geskiedenis dus stadig maar seker nader aan hierdie hoogtepunt.

Daarom het Jesus gesê: ‘Ek het die wêreld oorwin’ (Johannes 16:33) en ons weet dat ons ook die wêreld oorwin deur geloof. Ons lees in 1 Johannes 5:4 uit The Emphatic Diaglot

4 Because all that has been begotten by God overcomes the world; and this is that victory which overcomes the world – our faith.

4 Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

Dié wat uit God gebore is, is seuns van God en dus deel van die saamgestelde Nuwe Skepsel Mens. Johannes het hierdie saamgestelde ‘Lam’ gesien en verstaan dat Hy waardig was om die boek te open. Ja, dit is wel Jesus self, maar nie sonder Sy Liggaam nie, want die Hoof is nie volledig sonder die liggaam nie. Dit is die rede waarom na die ‘Lam’ van Openbaring as Arnion eerder as Amnos verwys word.

Dít is jou gedeelte, lot of bestemming as die arnion van God.